Del.icio.us

del.icio.us was 'n sosiale boekmerkwebwerf : 'n webwerf geskep vir die stoor, deel en ontdekking van web-boekmerke.

Delicious
Del.icio.us
Taal(e) verskeie
Registrasie Opsioneel
Outeur Joshua Schachter, stigter van GeoURL, en medestigter van Memepool
Opgerig September 2003
Huidige status Onaktief

Die webwerf kom aan die einde 2003 aanlyn en word destyds as 'n Web 2.0-toepassing deur sommige waarnemers beskryf wat sou dien as 'n voorbeeld van die rigting waarin die internet sou ontwikkel. Dié webwerf was ontwikkel deur Joshua Schachter.

Op 9 Desember 2005 word die webwerf aangeskaf deur Yahoo!. Die koopprys was nie bekend gemaak nie, maar was tussen $15-30 miljoen VSA dollars geskat. del.icio.us se span was veronderstel om nou saam te werk met dié van Flickr, 'n webwerf wat voorheen deur Yahoo! bekom is. Dit was egter onsuksesvol, waarna Yahoo del.icio.us in 2011 weer aan YouTube-stigters Chad Hurley en Steve Chen verkoop het. Die maatskappy is daarna deur Science Inc. in 2014 gekoop. In 2016 is dit aan Delicious Media verkoop en uiteindelik in Januarie 2017 deur Pinboard, 'n Amerikaanse sosiale boekmerkwebwerf, oorgeneem. Maciej Cegłowski, skepper van Pinboard, het gesê dat hy del.icio.us gekoop het "sodat dit nie van die internet verdwyn nie". Op Junie 2015 het die webwerf 'leesalleen' geword en was dit nie meer moontlik om boekmerke by te voeg of daarvoor te stem nie. In 2020 kan die webwerf nie meer besoek word nie.

Agtergrond en algemene inligting

'n Nie-hiërargiese soekwoordkategoriseringstelsel was gebruik op del.icio.us waar gebruikers toegelaat was om etikette (Engels: tags) by hul boekmerke te voeg, deur gebruik te maak van sleutelwoorde van hul keuse. Die metode was as 'n volksonomie (Engels: folksonomy) beskryf. Die kollektiewe aard het dit dus moontlik gemaak om boekmerke wat deur eenders denkende gebruikers geskep is, te sien. del.icio.us het 'n treffersparade (Engels: hotlist) op sy tuisblad en "populêre" en "onlangse" blaaie gehad wat gehelp het om interessante inhoud toeganklik te maak. Dié webwerf was 'n effektiewe oordraer van populêre internetmeme en tendense.

Die webwerf se eenvoudige HTML koppelvlak met menslik leesbare URL'e (uniforme hulpbronadresse), unieke domeinnaam, sowel as REST-programmeerkoppelvlak (API) en RSS-toepassings vir websindikasie, het bygedra om dit een van die mees populêre dienste van dié soort te maak in 2004.

Die webwerf kon gratis gebruik word en inligting kon via die webwerf afgelaai word. Die bronkode was egter nie beskikbaar nie.

Alles wat op del.icio.us geplaas was, was sigbaar vir ander gebruikers, alhoewel 'n gebruiker spesifieke boekmerke as privaat kon merk terwyl ingetrekte boekmerke se standaardwaarde privaat was. Die publieke aard van die webwerf was benadruk en dit was nie gefokus op die stoor van private ("nie gedeelde") boekmerk versamelings nie. Verskeie mense het ook del.icio.us se "linkrolls" en netwerkkentekens gebruik om hul skakels en inligting op hul webjoernale te vertoon.

Daar was 'n paar oopbronklone van del.icio.us, soos de.lirio.us en sa.bros.us, as ook baie kompeterende sosiale boekmerkdienste soos Simpy, BlinkList of Furl.

Verwysings

Tags:

2003InternetWebwerf

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MeervoudKoggelmanderHartversakingBlaaskankerOogproblemePêrelHartaanvalMenstruasieElizabeth II van die Verenigde KoninkrykMuskietAlice MunroSpinnekopKoolstofVlekvrye staalGroepsdrukJames AlexanderWet op Bantoe-onderwysSowjetunieEreksieBernice WestNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNoordwesPuberteitKlein-KarooRooilipslangKaliumRamsar-vleilande in Suid-AfrikaDawidNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyNamakwalandPlastiekMeningsverskil oor aardverwarmingKompasPomeloFrankrykPikkewynCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKakiebosVerkoueGordelroosTekstielSteve HofmeyrJo BlackKrokodilFiksieLys van slangeLika BerningAkroniemNiemetaalHipoteseNeerslagBosvarkSportMetafoorHemelvaartsdagAalwynJohannesburgRob HersovLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierKongo-krisisVarkLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsKunsmatige algemene intelligensieSuid-Afrikaanse WeermagDie GelofteSirkelSebraKunsmisVlinderDemi Lee MooreOrthoptera🡆 More