Debrecen (Roemeens: Debreţin, Duits: Debrezin) is 'n stad in oostelike Hongarye, ongeveer 220 km oos van Boedapest geleë.
Volgens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 211 320 gehad, waarvan 99,7% Hongaars praat.
Debrecen | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 47°42′0″N 21°38′0″O / 47.70000°N 21.63333°O 21°38′0″O / 47.70000°N 21.63333°O | |
Land | Hongarye |
Regering | |
• Burgemeester | Lajos Kósa |
Oppervlak | |
• Totaal | 461,25 km2 (178,09 vk. myl) |
Hoogte | 121 m (397 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 203 059 |
Tydsone | UTC+3 |
Debrecen, die tweede grootste stad in Hongarye na Boedapest, was tradisioneel 'n belangrike sentrum van beesteelt en ambagte. In die 16de eeu was dit regstreeks tussen die invloedsfere van die Huis Habsburg, Siebenbürgen en die Osmaanse Ryk geleë. Gedurende die Reformasie het Debrecen die sentrum van Calvinistiese Protestantisme in Hongarye geword, en die liberale klimaat het die stigting van 'n universiteit bevorder waar tans sowat 25 000 studente ingeskryf is. Die Groot Gereformeerde Kerk van 1819 is steeds die belangrikste besienswaardigheid. In 2016 het die Gemeenskap van Evangeliese Kerke in Europa aan Debrecen die eretitel "Reformasiestad van Europa" verleen. Die stad is een van 'n dertigtal Europese nedersettings wat dié titel mag dra.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Debrecen, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.