Deborah Hyde

Deborah Hyde (gebore 1965) is 'n Britse skeptikus, deskundige in volksoorleweringe, kulturele antropoloog, genoot van die Committee for Skeptical Enquiry en hoofredakteur van The Skeptic-tydskrif.

Sy skryf en hou lesings oor bygeloof, kriptodierkunde, godsdiens en geloof in die paranormale, met besondere aandag aan die volksoorleweringe, sielkunde en sosiologie agter hierdie verskynsels, maar is ook bekendgestel as 'n "vampierkenner". Hyde het ook in die rolprentbedryf gewerk.

Deborah Hyde
Deborah Hyde in 2018
Deborah Hyde in 2018
Gebore 1965 (58–59 jaar oud)
Geboorteplek Londen
Burgerskap Vlag van Verenigde Koninkryk VK
Beroep Koördineerder vir grimeringseffekte in die filmbedryf
Besturende redakteur van The Skeptic-tydskrif
Bekend as Die vampierdeskundige
Webwerf deborahhyde.com
Stem

Vroeë lewe

Hyde se belangstelling in die bonatuurlike spruit uit haar kinderjare en sy skryf dit toe aan die feit dat sy "te veel tyd saam met gekke tannies spandeer het". Terwyl ander meisies gewoonlik in feetjies en engele belangstel, was sy nog altyd gefassineer deur "donker dinge". Sy het eers daarin geglo, maar na die ontdekking van The Black Arts deur die okkulte skrywer Richard Cavendish, het sy 'n meer analitiese benadering tot hierdie verskynsels toegepas.

Loopbaan buite skeptisisme

Hyde was jare lank besig om versamelstukke te versprei, waartydens sy 'n paar jaar in New York gebly het. Die periode is gevolg in die negentigerjare deur haar aktiwiteite as koördineerder en produksiebestuurder in verskillende afdelings, insluitend wesens- en grimering-effekte, sowel as konstruksie van filmstelle.

Bydraes tot die filmbedryf

Hyde het bygedra tot verskeie rolprente as personeellid en koördineerder in die grimering-afdeling, en was verantwoordelik vir prostetika en wesenseffekte, onder meer vir die gruwelfilms Doghouse en 1408. Sy was koördineerder vir wesenseffekte vir die drama On a Clear Day. Hyde het ook verskeie rolle op die skerm vertoon; sy het as kroegmeisie in Doghouse verskyn en as die Corpse Queen in The Brothers Grimm. Sy het ook 'n bydrae gelewer tot Harry Potter and the Philosopher's Stone as 'n deel van die magiese verwurgende Devil's Snare-plant.

In 2013 was Hyde die vervaardiger van die kortfilm Wisdom, waarin sy die stem van een van die karakters gespeel het, en in 2018 was sy die mede-uitvoerende vervaardiger van die kortfilm September Man.

Loopbaan as skeptikus

Hyde doseer oor "The Restless Ghost of Wrocław" op die Europese skeptici-kongres, 2017

Hyde het in die negentigerjare begin navorsing doen oor die geloof in die bonatuurlike, en sy het aanvanklik onder die naam 'Margery Jourdemayne' 'n webjoernaal geskryf. Hierdie pennaam is geleen van 'n vrou uit die 15de eeu, ook bekend as die "Heks van die oog" wat uiteindelik in die jaar 144 in Smithfield, Londen, vir heksery verbrand is. Die persoon is deur Hyde gekies omdat sy "deur baie uitgesoek is vanwee haar kennis van duistere aangeleenthede."

Die huidige webwerf van Hyde, deborahhyde.com, bevat blogposte en video's waarin sy ondersoek instel na die onderling verbondenheid van volksoorleweringe, geloofstelsels en die vrees vir onbekende natuurverskynsels. Haar vorige webwerf, jourdemayne.com, is in 2018 hiermee vervang. In haar openbare verskynings en geskrifte is die volgende bonatuurlike verskynsels breedvoerig behandel:

  • Weerwolwe
  • Vampiere
  • Hekse
  • Duiwels
  • Spoke
  • Feetjies
  • Krampus, 'n "halwe bok, halwe duiwel" wat gedurende die Kersseisoen kinders straf wat stout was.

Publieke optredes in die Verenigde Koninkryk

Deborah Hyde 
Hyde oorhandig die Ockham Editor's Choice-toekenning aan Crispian Jago in 2016

Hyde is uitgenooi om tydens verskillende geleenthede te praat, waaronder Skeptici in die kroeg-byeenkomste regoor die Verenigde Koninkryk asook die internasionale skeptici-konvensie QED - Question, Explore, Discover in Manchester, waar sy 'n gereelde spreker is.

Hyde het aan die Skeptics on the Fringe in Edinburg met twee van haar lesings, Interview With a Vampire Expert en The Natural History of the European Werewolf op twee geleenthede gepraat, en albei is goed ontvang deur die skeptiese gehoor.

Internasionale optredes

Hyde se lesings by konferensies buite die Verenigde Koninkryk is meestal in die VSA aangebied, waaronder 'n openbare lesing na Halloween getiteld The Natural History of the European Werewolf vir die New York City Skeptics, en 'n verskyning met dieselfde toespraak op Skepticon-5 in Springfield, Missouri. Sy is ook in 2013 uitgenooi na die "Ratio Forum for Popular Science" in Sofia, Bulgarye, waar sy 'n praatjie oor vampiere aangebied het en 'n paneelbespreking saam met Susan Blackmore bygewoon het.

In 2017 het Hyde 'n lesing getiteld The Restless Ghost of Wrocław op die 17de Europese Skeptici-kongres aan die Universiteit van Wrocław, Wrocław, Pole aangebied en in 2018 het sy 'n lesing oor die historiese oorsprong van vampier-legendes in Oos-Europa aan CSICon in Las Vegas, Nevada aangebied.

Betrokkenheid by die "Enfield Poltergeist"-saak van 1977

In 2011 is Hyde gevra om as kundige aan 'n bespreking op die tv-program The Morning op ITV1 in Engeland deel te neem. Sy sou die skeptiese siening oor die "Enfield Poltergeist"-saak van 1977 verteenwoordig. Janet Hodgson, wat ten tyde van die saak 'n kind was en ook betrokke by die voorval was, het 'n seldsame verskyning op die tv-program gemaak. Saam met haar was die Britse skrywer Guy Lyon Playfair, wat geglo het dat die spook eg was. Hulle was albei diep beledig is deur die rasionalistiese opmerkings wat Hyde tydens die bespreking gemaak het en Lyon Playfair het op sy webjoernaal hieroor geskryf. Hierdie situasie het uiteindelik daartoe gelei dat Hyde oor die saak en die agtergrond daarvan geskryf het, met 'n algemene uiteensetting en verskeie voorbeelde oor waarom mense kwaadwillige figure vervaardig.

Besturende redakteur van The Skeptic

In 2011 is Hyde aangestel as besturende redakteur van The Skeptic, 'n Britse tydskrif wat wetenskap en kritiese denke bevorder. As hoofredakteur werk Hyde saam met 'n internasionale adviesraad van kundiges uit verskillende velde, waarvan sommige wêreldwyd erkende wetenskaplikes, wetenskapopvoeders en wetenskapliefhebbers is, waaronder Susan Blackmore, Stephen Fry, Derren Brown, Brian Cox, Richard Dawkins, Edzard Ernst, Robin Ince, PZ Myers, Phil Plait, Massimo Polidoro, Simon Singh, James Randi en Richard Wiseman.

Die Ockham en Rusty Razor-toekennings

Deborah Hyde 
Deborah Hyde bied aan James O'Malley en Liz Lutgendorff van The Pod Delusion die "Redaksie se keuse"-toekenning tydens die 2013 "Ockam Awards"-seremonie in Manchester

In 2012 het Hyde die idee voorgestel van 'n prys wat toegeken kan word aan diegene met ernstige prestasies binne verskillende velde van skeptiese aktivisme, ten einde erkenning te gee aan mense wat groot hoeveelhede werk belê in die bevordering van wetenskap en skeptisisme. Vanaf daardie jaar was die Ockham-toekenningseremonie 'n jaarlikse geleentheid by "QED - Question, Explore, Discover". Die prys word amptelik toegeken in die tydskrif The Skeptic in verskillende kategorieë, waaroor 'n komitee met skeptici insluitend Chris French, Richard Wiseman, Wendy Grossman, Jon Ronson en Simon Singh ooreengekom het. In 2017 is die "Rusty Razor"-toekenning, 'n ondeunde erkenning vir "slegte denke", by die verrigtinge gevoeg.

Ander aktiwiteite as 'n skeptikus

Hyde was mede-organiseerder van Westminster Skeptics, en tree op as spreker-skakel van die Soho Skeptics, 'n onafhanklike denktenk waarby verskillende organisasies, skrywers, filmmakers en podsenders betrokke is om gesprekke, paneelbesprekings en ander gebeure in die Londen-gebied te bevorder.

Komende boek

In 'n 2018-onderhoud met Susan Gerbic, het Hyde onthul dat sy 'n boek skryf getiteld Unnatural Predators, wat algemene temas in menslike volksoorleweringe deur die geskiedenis ondersoek deur 'n kombinasie van historiese, sielkundige en antropologiese perspektiewe te gebruik.

Toekennings en eerbewyse

In 2017 is Hyde verkies as 'n medewerker van die Committee for Skeptical Inquiry (CSI), 'n program van die Center for Inquiry ter erkenning van haar werk in skeptiese media en gebeure.

Persoonlike lewe

Deborah Hyde woon in die Verenigde Koninkryk, in Wes-Londen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Deborah Hyde Vroeë leweDeborah Hyde Loopbaan buite skeptisismeDeborah Hyde Loopbaan as skeptikusDeborah Hyde Toekennings en eerbewyseDeborah Hyde Persoonlike leweDeborah Hyde VerwysingsDeborah Hyde Eksterne skakelsDeborah HydeAntropologieKriptodierkundeParanormaalReligieSosiologieVampier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Stam (taalkunde)KunsWortelWoestynVennootskapArmoedeLetterlike en figuurlike taalgebruikFiela se kind (rolprent)HoenderVoëlSteenkool in Suid-AfrikaGewone tarentaalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVigsAfro-AmerikanersLeenwoordSneeuTrekarbeidProteaBynierMIVGeskiedenis van Suid-AfrikaGevolge van aardverwarming op oseaneBreinvliesontstekingLika BerningBesoedelingKankerDroomKlimaatsverandering in AfrikaNatuurbewaringSamestellingWerkloosheidKolorektale kankerMangelontstekingGroot TrekHeupJode in Suid-AfrikaAppelMaselsSimfonie-orkesXenofobieSout (chemiese stof)LettergreepAngssteuringBritse en Amerikaanse maateenhedeWhatsAppTienerAngolese BurgeroorlogErns GrundlingCorioliskragVerenigde State van AmerikaBergFascismeHoofpynGemeenskapSuikersiekteDonderstormFiksieAngolaBTWRefentse MorakeGroot vyfGeldParysKoue OorlogSelfmoordMona LisaPolisieBruin menseMisdaadDeelwoordMaatskappyMenseregte🡆 More