De Long-Eilande

Die De Long-eilande (Russies: Острова Де-Лонга; Jakoeties: Де Лоҥ арыылара) is ’n onbewoonde subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië).

Hulle lê noordoos van Nowaja Sibir en word dikwels nie beskou as deel van die Nieu-Siberiese Eilande nie. Die totale oppervlakte van die De Long-eilande is sowat 228 km².

De Long-eilande
Inheemse naam: Острова Де-Лонга; Де Лоҥ арыылара
Die Nieu-Siberiese Eilande.
Die Nieu-Siberiese Eilande.
Geografie

Ligging Rusland, Arktiese Oseaan
Koördinate 76°39′N 153°39′O / 76.650°N 153.650°O / 76.650; 153.650 153°39′O / 76.650°N 153.650°O / 76.650; 153.650
Argipel Nieu-Siberiese Eilande
Totale eilande 5
Hoofeilande Jeannette-eiland, Henriëtta-eiland, Bennett-eiland, Wilkitskowo-eiland, Zjachowa-eiland
Oppervlakte 228 vk km

Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Republiek De Long-Eilande Jakoetië

Demografie
Bevolking 0

Die subgroep bestaan uit:

  • Jeannette-eiland (о. Жанне́тты)
  • Henriëtta-eiland (о. Генрие́тты)
  • Bennett-eiland (о. Бе́ннетта)
  • Wilkitskowo-eiland (о. Вильки́цкого)
  • Zjachowa-eiland (о. Жо́хова)

Bennett-eiland is die grootste. ’n Groot deel van die eilande is met gletsers bedek. Hulle behoort administratief aan Sacha (Jakoetië), ’n republiek van die Russiese Federasie.

Geskiedenis

Jeannette-, Henriëtta- en Bennett-eiland is in 1881 ontdek deur die Jeannette-ekspedisie onder George W. DeLong van die VSA-vloot. DeLong het die eilande vir die VSA opgeëis, maar Amerika het nooit op hulle aanspraak gemaak nie.

Wilkitski- en Zjachowa-eiland is onderskeidelik in 1913 en 1914 deur Boris Wilkitski ontdek tydens ’n hidrografiese ekspedisie. Hulle lê verder suid, is laag geleë en is nie met gletsers bedek nie.

Henriëtta was het van 1937 tot 1963 ’n navorsingstasie gehuisves.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:De Long Islands
Die Nieu-Siberiese Eilande
Anzjoe-eilande  Kotelni-eilandFaddejefski-eilandBoengeland • Nanosni-eiland • Nowaja Sibir • Belkofski-eiland
  Ljachofski-eilande  Groot-Ljachofski-eiland • Klein-Ljachofski-eiland • Stolbowoi-eiland • Semjonofski-eiland
De Long-eilande  Jeannette-eiland • Henriëtta-eiland • Bennett-eiland • Wilkitskowo-eiland • Zjachowa-eiland

Tags:

JakoetiesJakoetiëLaptef-seeNieu-Siberiese EilandeOos-Siberiese SeeRussiesSiberië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LettergreepSpringbokkeToekoms van die AardeSwart nasionalismeGroot TrekInfeksieEk is 'n Afrikaan (toespraak)Noord-Sotho (taal)HoofletterSoogdierMonopolieVerkleinwoordVeerMonopolyGalblaasKunsmatige algemene intelligensieNoordwesDeelwoordHolocaustAardeEnsiklopedieAfrikaanse woordelys en spelreëlsLewerNavorsingSeksualiteitLoodPersErfenishulpbronJaarVoorvoegsel7de LaanSimboolElektrodeGeweldMagnetismeAlkoholismeSelfstandige naamwoordMiddeloorontstekingSias ReineckeLys van Kaapstad se voorstedeTopsy SmithEienaamLys van Afrikaanse televisiereekseJaco JacobsJodeOseaanSikloonMaatskaplike verantwoordelikheidRob HersovSwedeRookgewoonteAfrikaanse TaalmonumentGeletterdheidLys van chemiese elemente volgens atoomgetalGeldMigrasie van voëlsGevolge van aardverwarming op oseaneVulkaanGlasErektiele disfunksieOlimpiese SomerspeleChristiaan Frederik BeyersDuitse maselsVennootskapCovid-19-pandemieSteve BikoImpakte van toerismeTransatlantiese slawehandelLeonardo da VinciStadTamboraVryheidsdagWolkSeksMadison IvyC. Louis LeipoldtSiekte🡆 More