Datief

Die datief is die naamval wat die indirekte voorwerp van 'n werkwoord in 'n sin merk.

naamval
nominatief vokatief
genitief ablatief
datief instrumentaal
akkusatief lokatief

Dit kom van die Latyn "Cāsus datīvus". Dit word ondermeer in Duits, Yslands, Russies en Latyn gebruik. Dit word nie in Afrikaans gebruik nie.

Gebruike

Duits

In Duits merk die datief die indirekte voorwerp. Dit word ook ná die voorsetsels mit, nach, nebst, samt, seit, von, dank, zu, entsprechend, zufolge, bei, entgegen, außer, aus, gemäß, gegenüber. vereis. Die datief word deur die volgende lidwoorde gemerk:

  • Dem-manlik en onsydig definitief
  • Der-vroulik definitief
  • Den-meervoud definitief
  • Einem-manlik en onsydig ondefinitief
  • Einer-vroulik ondefinitief

Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde gemerk:

  • mir-my
  • dir-jou
  • ihm-hom
  • ihr-haar
  • ihm-dit
  • uns-ons
  • euch-julle
  • ihnen-hulle
  • Ihnen-u

Yslands

In Yslands word selfstandige naamwoorde wat in die datief is deur die volgende agtervoegsels aangedui:

  • -i-manlik enkelvoud
  • -um-manlik meervoud

Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • mér-my
  • þér-jou
  • okkur-ons
  • ykkur-julle
  • þeim-hulle

Russies

In Russies word die datief gebruik om die indirekte voorwerp van 'n aksie te wys. Wanneer die voorwerp mosie wys word die datief inplaas van die akkusatief gebruik. Die datief word deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • мне-my
  • тебе-jou
  • ему-hom
  • ему-dit
  • ей-haar
  • нам-ons
  • вам-u/julle
  • им-hulle

Pools

Pools gebruik die datief in min of meer dieselfde manier as Russies,byvoorbeeld:

  • na werkwoorde
  • wanneer iets weggevat word of wanneer iets met iemand gebeur

Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • mi/mnie-my
  • nam-ons
  • ci/tobie-jou
  • wam-julle
  • mu/jemu/niemu-hom
  • jej/niej-haar
  • mu/jemu/niemu-dit
  • im/nim-hulle

Hongaars

Die datief word in Hongaars gebruik om die indirekte voorwerp van die werkwoord te wys. Die het twee agtervoegsels wat die datief aandui: -nak en -nek. Die datief word ook partykeer vir "vir" gebruik, byvoorbeeld: "Adom neki(ek gee dit vir hom). Dit word ook deur die volgende voornaamwoorde aangedui:

  • nekem-my
  • neked-jou
  • neki-haar/hom
  • nekünk-ons
  • nektek-julle
  • nekik-hulle

Fins

Fins het nie 'n afsonderlike datief nie, maar die allatief vervul dieselfde rol as die datief.

Armeens

In Oos-Armeens word die datief geskep deur 'n lidwoord by die genitief te voeg.

Verwysings

Eksterne skakels


Naamvalle
Basies Absolutief · Akkusatief · Direk · Ergatief · Intransitief · Nominatief · Obliek
Adpositioneel Ablatief | Antessief | Datief | Distributief (–temporaal) | Essief (–formeel · –modaal) · Genitief · Instruktief · Instrumentalis (–komitatief) · Ornatief · Besitte · Possessief · Postpositionaal · Prepositionaal| Prolatief · Prosekutief · Proximatief · Sosiatief · Temporaal · Vialis
Lokatief Ablatief · Adessief · Allatief · Apudessief · Assosiatief · Komitatief · Delatief · Elatief · Exessief · Illatief · Inelatief · Inessief · Intratief · Latief · Lokatief · Perlatief · Subessief · Sublatief · Superessief · Superlatief · Terminatief · Translatief
Comparatief Comparatief · Equatief
Evaluatief Aversief · Benefaktief · Evitatief
Ander Abessief · Addirektief · Adelatief · Adverbiaal · Caritief · Kousaal (–finaal) · Finaal · Modaal · Multiplikatief · Partitief · Pegatief · Privatief · Postelatief · Postdirektief · Postessief · Separatief · Subdirektief · Suppressief · Vokatief

Tags:

Datief GebruikeDatief VerwysingsDatief Eksterne skakelsDatiefAfrikaansDuitsLatynNaamvalRussiesYslands

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MangelontstekingDonkieKhoikhoiJacques LootsPlae van EgipteBestaansboerderyNepotismeRoosLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameLugbesoedelingGewone seekatKomplementêre kleureNederlandPenisUitstelJodiumAardverwarmingTransatlantiese slawehandelSpider-ManGawes van die Heilige GeesMenseregtedagOntkiemingVerkoueVakwerkboogbrugLiewe HeksieXenofobieWes-KaapTradisionele Afrika-godsdiensUniegebouTelefoonSeksuele oriëntasieVakbondMikroörganismeSlotmasjienHaasGeelsugFebruarieEkotoerismeVerlede tydTrappe van vergelykingMuilErica BoyerAntoniemMosambiekKonflik (proses)EgipteNetbalProvinsies van Suid-AfrikaJoodse kalenderSkoenlapperLys van politieke partye in Suid-AfrikaNasionale lied van Suid-AfrikaKnieSwamSoogdierSuurstofDikdermBloedsomloopstelselPneumatikaReptielBoontjieKommaBysteekNelspruitViëtnamoorlogRothschild-bankfamilieVoëlIngenieursweseOsoonlaag7de LaanOmgewingsbeheerRegering van Suid-AfrikaByUilBeginondernemingDuitslandAfrikaners🡆 More