Databasis

'n Databasis is 'n versameling inligting met 'n vasgestelde struktuur wat data genoem word.

Alhoewel enige versameling inligting 'n databasis genoem kan word, is die term ontwikkel om spesifiek na 'n gerekenariseerde struktuur te verwys.

Beskrywing

Die sagteware wat gebruik word om 'n databasis in stand te hou, word gewoonlik 'n databasisbestuurstelsel (DBBS) genoem. 'n Databasisstelsel kan op verskillende wyses saamgestel word. Programme wat klein databasisse vir 'n enkele gebruiker op 'n persoonlike rekenaar kan huisves, is volop. In groter databasisse, en waar daar meer gebruikers betrokke is, word daar gewoonlik van 'n aantal programme gebruik gemaak, wat gewoonlik 'n kliëntbedienermodel volg.

Die kliëntgedeelte word gebruik vir die invordering van data, om navrae (queries) oor die inligting in die databasis uit te voer, en verslaggewing. Die bediener is die stel programme wat beheer uitoefen oor hoe die data gestoor word en reageer ook op versoeke van die kliënte.

Agtergrond

Charles Bachman was 'n baanbreker op die veld van moderne databasisse. Hy was nou betrokke by die opkoms van die netwerkmodel (ontwikkel deur CODASYL) en die hiërargiese model gedurende die 1960's. Hierdie databasismodelle het lank gewildheid geniet voordat hulle die knie moes buig voor die relasionele model wat in 1970 deur E.F. Codd voorgestel is. Die relasionele model maak dit moontlik om 'n databasis apart te implementeer en bestuur van die interaktiewe programme waarmee gebruikers inligting in die databasis onttrek, byvoeg of wysig. 'n Ander databasismodel wat baie aandag geniet is die objekgeoriënteerde model.

Diensgeoriënteerde integrasie

Met die ontwikkeling van diensgeoriënteerde argitektuur word data soms deur middel van XML-dokumente vervoer tussen verskillende toepassings. Die onderliggende struktuur van 'n relasionele databasis verskil noemenswaardig van 'n XML-gebaseerde struktuur. Verskeie metodes word gebruik om die twee strukture te versoen in 'n diensgeoriënteerde argitektuur.

Sien ook

Tags:

Databasis BeskrywingDatabasis AgtergrondDatabasis Diensgeoriënteerde integrasieDatabasis Sien ookDatabasisDataInligting

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Cristiano RonaldoSonBestaansboerderyReg tot ‘n gesonde omgewingNaaldekokerPlantWikiSendelingposisieChristendomOlifantNamakwalandLabia (geslagsdele)ErdwurmModeontwerpSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieLys van oseane, seë en mereSelfmoordKrugerwildtuinAdolessensieWaterbesoedelingProsaTafelbergMiddeloorontstekingPolisieReddingskakeBokmakieriePinksterAardverwarmingKoorsNiersteenWet op NaturellengrondLys van konsentrasiekampe in Nazi-DuitslandEskomLys van Afrikaanse rolprenteGroot DepressieLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesCounter-Strike (videospeletjie)7de LaanBuffelViëtnamoorlogBeeldspraakInfeksieIngrid JonkerAarde se atmosfeerWaterpokkiesNamibiëValentynsdagGoudFranse RewolusieIndiese OseaanXenofobieKernkragInligtingstegnologieSteve HofmeyrTennisLys van Suid-Afrikaanse skrywersRookgewoontePeriodieke tabelRutenium(III)chloriedTuisbladLys van nedersettings in Suid-AfrikaRugbyTydBrongitisOranjerivierAlliterasieBeurtkragJaco JacobsKaapstadRobert SobukweBreinvliesontstekingArmoedeverligtingKasteel die Goeie HoopHeidelberg, GautengMier🡆 More