Danny Titus: Suid-Afrikaanse regsgeleerde, taalstryder, historikus

Danfred James Titus, (19 Mei 1957 – 18 September 2020) was 'n Suid-Afrikaanse Menseregtekommissaris en uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV.

Hy was gereken as ‘n kampvegter om Afrikaans toeganklik en inklusief te maak.

Danny Titus
Gebore
Danfred James Titus

19 Mei 1957
Sterf18 September 2020
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepRegsgeleerde, taalstryder, historikus
EggenootLynda
KindersDaléne en Neriska

Lewensloop

Hy het in 1982 'n LLB-graad aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal het en die jaar daarna as 'n advokaat tot die Hooggeregshof van Suid-Afrika toegelaat. Hy werk hierna as staatsaanklaer in die departement van justisie in Boksburg.

Hy vertrek in 1987 na Nederland om verder te studeer aan die Universiteit van Leiden waar hy in 1991 sy Doctorandus Juris (LLM) verwerf. Die titel van sy doktorale verhandeling is: “The applicability of the international norms of human rights to the South African legal system – with specific reference to the South African Judiciary.” In 1993 verwerf hy ook ’n sertifikaat in internasionale verhoudinge en diplomatieke praktyk aan die Clingendael International Relations Institute in Den Haag. Dit was ter voorbereiding van ’n moontlike loopbaan in Suid-Afrika se ná-apartheid diplomatieke diens, 'n geleentheid wat hom egter altyd sou ontwyk.

Die laaste dekade van sy lewe het hy gewy aan die bevordering van menseregte, die DAK-netwerk en veral sy rol as leidende figuur in die ATKV. Hy was die uitvoerende hoof van korporatiewe aangeleenthede by die ATKV tot met sy aftrede in Mei 2020.

Dr. Titus het op 28 Julie 2020 in ’n koma verval nadat komplikasies ingetree het tydens 'n operasie om 'n katarak te verwyder. Hy sterf op 18 September 2020. Hy word oorleef deur sy twee dogters Daléne en Neriska.

Nalatenskap

In Februarie 2020 word die Vryheid van die dorp Worcester, sy tuisdorp, aan hom toegeken as deel van die dorp se 200ste verjaarsdagviering.

Die ATKV het hulde gebring aan Titus vir sy bydrae tot Afrikaans en die Afrikaanse kultuur. Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, sê dat sy afsterwe ’n groot leemte laat en dat dit ’n baie hartseer dag is. Volgens Brits: “Die afgelope 12 jaar het hy hom beywer vir taal en kultuur. Saam met die ATKV het hy Afrikaans toegankliker en inklusiewer gemaak en hiervoor sal hy onthou word.”

Verwysings

Tags:

18 September19 Mei19572020ATKVAfrikaans

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GoogleViëtnamoorlogDonkieDieremishandelingVliegtuigKwaZulu-NatalShakaStedelike hitte-eilandBeroerteKoorsYsterWinterNatuurwetenskapEienaamChristiaan BarnardSirkelAfkappingstekenNieuwoudtvilleKweekhuiseffekGroot TrekHemelBesemDundermAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeNasiebouVarkgriepDiarreeVolstruisPersentasieAfrikaanse WikipediaMosesOlimpiese SpeleTylaBewussynDataverwerkingSpreeuAboriginesWaarheid-en-versoeningskommissieDemografie van Suid-AfrikaIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieRobert SobukweSeksposisieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)HaelAspoestertjieProstaatklierBosluisbytkoorsBybelNag van die lang messeKoos du PlessisGalileo GalileiBreinkaartGenitale vratNiemetaalDuitslandKolonisasieHerfsThys die BosveldklongVerantwoordelikheidOnderhoudHandbalMateriaalSpelerposisies in rugbyLenteReënNierversakingLyfstraf in skoleYstertydperkAppelKarooJohannes HahnJakkalsVoëlLeonardo da VinciLieweheersbesieEeuFamilie (verwantskap)Netbal🡆 More