Dannhauser: Dorp in KwaZulu-Natal

Dannhauser is 'n voormalige steenkoolmyndorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.

Bees- en skaapboerdery vind ook in die distrik plaas.

Dannhauser
Dannhauser is in KwaZulu-Natal
Dannhauser
Dannhauser
Dannhauser: Dorp in KwaZulu-Natal Dannhauser se ligging in KwaZulu-Natal
Koördinate: 28°0′S 30°3′O / 28.000°S 30.050°O / -28.000; 30.050 30°3′O / 28.000°S 30.050°O / -28.000; 30.050
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieKwaZulu-Natal
DistrikAmajuba
MunisipaliteitDannhauser
Oppervlak
 • Totaal8,9 km2 (3,4 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal5 389
 • Digtheid606/km2 (1 570/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense1.8%
 • Indiërs/Asiërs22.0%
 • Bruin mense1.8%
 • Swart mense73.7%
 • Ander0.6%
Taal (2011)
 • Zoeloe 70.4%
 • Engels 23.7%
 • Afrikaans 1.8%
 • Ander 4.1%
Poskode (strate)
3080
Skakelkode034

Die dorp is vernoem na Renier Dannhauser, 'n Duitse setlaar, wat die plaas Palmietfontein in 1872 van die Natalse regering gekoop het. Die hedendaagse Dannhauser beslaan vyf plase naamlik Tweediedale, Palmietfontein, Rocky Spruit, Cornwall en Klipkuil. Dit is in 1937 tot dorp verklaar. Durnacol behuising is relatief goedkoop noudat die steenkoolmyne gesluit is. Die R621-streekdroete gaan deur die dorp.

Geskiedenis

In 1860 het ene Bhowani op die skip Truro uit Indië in Natal aangekom en hom in Dannhauser langs die Kliprivier gevestig. Ander Indiërs wat hulle vroeg in die gebied gevestig het, is Sheik Abdool en Cassim Vawda wat in 1893 op die plaas Palmietfontein kom woon het. Daar het hulle besighede begin wat tot vandag toe nog bestaan. Sheik Abdool was ook verantwoordelik vir die skenking van gratis watertoevoer aan die nedersetting; die gebaar word gedenk deur 'n monument op die hedendaagse Madressa-gronde in Campweg.

In 1902 is 'n maatskappy genaamd die Durban Navigation Collieries gestig wat met mynbouaktiwiteite op Spiesplaas begin het. Mynbou het vir 'n eeu voortgeduur totdat die laaste skag in 2001 gesluit is. Die Durban Navigation Collieries, wat later deur Yskor oorgeneem is, het by tye werk verskaf aan soveel as 6 000 mense. Baie families wat steeds in Dannhauser woon is afstammelinge van die steenkoolmyners van die vorige eeu.

Sien ook

Verwysings

Tags:

BeesBoerderyKwaZulu-NatalSkaapSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

LeierTranspirasieReënValentynsdagDeon MeyerMiddelmisbruikRuslandKomplementêre kleureSikloonSosiale mediaGeweldLys van konings van IsraelRepubliek van Zoid AfrikaOnderwysJan van TonderJan de WetDieregeluideElizabeth II van die Verenigde KoninkrykSeksuele opwekkingFranklin D. RooseveltDirekte en Indirekte redeMisdaadromanJan CombrinkGeskiedenis van die BoererepubliekeTrevor NoahRob HersovJodeGevolge van aardverwarming op oseaneGautengMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaRutenium(III)chloriedElzette MaarschalkMaagdelikheidAfrikanersOligopolieBlourokkePornografieAkwariumKindersiektesGeslagMusiekSoogdierEekhoringCleopatra VIIHibernasieSirkusKoringCarike KeuzenkampPikkewynAustraliëStikstofLieweheersbesieRolprentLys van politieke partye in Suid-AfrikaSebraMoedersdagKunstenaarWeer (meteorologie)Bipolêre gemoedsteuringJaco JacobsKoue OorlogPretoriaSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureJana CilliersMauritiusTobie CronjéSeksueel oordraagbare infeksieBaarmoederKondensasieRekenaarHamburgerDigvorm🡆 More