Damavand (Persies: دماوند, , luister (hulp·inligting)) is 'n rustende, maar potensieel aktiewe vulkaan in die Elboers-bergreeks van Iran.
Die piek, wat in die noordelike provinsie Māzandarān geleë is, is op 'n hoogte van 5 610 m die hoogste in Iran en die hele Nabye Ooste. Dit is een van die Vulkaniese Sewe Kruine.
Damavand | |
---|---|
Damavand in die somer | |
Ligging | Provinsie Māzandarān, Iran |
Hoogte | 5 610 meter bo seevlak |
Reeks | Elboers-reeks |
Koördinate | 35°57′20″N 52°6′36″O / 35.95556°N 52.11000°O 52°6′36″O / 35.95556°N 52.11000°O |
Bergtipe | Stratovulkaan |
Eerste bestyging | 905 |
Eerste bestyger(s) | Abu Dolaf Kazraji |
Maklikste roete | Suidroete |
Vertaling van naam | Ysige berg (Persies) |
Die Damavand verrys as 'n slapende vulkaankeël, wat tans slegs klein hoeveelhede rook uit sy krater blaas, sowat 70 km oos-noordoos van Teheran en suid van die Kaspiese See en toring bo die Elboers-reeks uit. Dit is naas Kilimandjaro in Kenia een van die hoogste vrystaande bergpieke ter wêreld. Die hoogteverskil tussen sy voet en sy spits beloop 4 700 m en dus aansienlik meer as dié van Berg Everest in die Himalajaberge.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Damavand, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.