Daily Maverick

Daily Maverick is 'n Engelstalige Suid-Afrikaanse aanlyn-dagkoerant wat in 2009 gestig is.

Die redakteur is Branko Brkic en die uitgewer Styli Charalambous. Dit word deur 'n onafhanklike privaatmaatskappy bestuur. 

Luidens die Daily Maverick webwerf is die publikasie "'n unieke samestelling van nuus, inligting, analise en opinie, gelewer vanuit ons redaksiekantoor in Johannesburg, Suid-Afrika.
Charalambous beweer dat die webwerf ook 'n platform vir fotojoernalisme beskikbaar stel, om lesers visuele insig te gee in wat aan die gebeur is in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld.

Bydraers sluit vryemark rubriekskrywer Ivo Vegter, konstitusionele regskenner Pierre de Vos, stigtende sekretaris-generaal van COSATU Jay Naidoo, aktivis Sisonke Msimang, en fotojoernalis Greg Marinovich in.

Daily Maverick is deel van die The Guardian se Afrika-netwerk.

Geskiedenis

Die Daily Maverick webwerf is teen laat Oktober 2009 openbaar gemaak. Die naam en waardes word afgelei van dié van Maverick (Engels vir alleenloper of dissident), 'n eertydse besigheidstydskrif wat deur Brkic vanaf 2005 tot 2008 gepubliseer is. Dit is beïnvloed deur die Amerikaanse nuus-webwerwe The Daily Beast en The Huffington Post. Brkic is in Joego-Slawië gebore en het in 1991 na Suid-Afrika verhuis.

Die tegnologie-entrepreneur Alan Knott-Craig jr. was Daily Maverick se eerste belegger. Hy het ook Brkic aan Charalambous voorgestel. In sy boek Mobinomics, skryf hy:

Charalambous, 'n geoktrooieerde rekenmeester het 'n maand voor die webwerf van stapel gestuur is by die span aangesluit. Hy is gebore en het skoolgegaan in Port Elizabeth.

'n Vorige adjunkredakteur, Phillip de Wet, wat sedert sy ontstaan by die Daily Maverick betrokke was, en ook adjunkredakteur van die Maverick tydskrif van 2005 tot 2008 was, het die span teen laat 2011 verlaat. Mederedaktrise Ranjeni Munusamy het in 2012 vir die publikasie begin skryf.

Besigheidsmodel

Sedert die stigting in 2009 het die publikasie daarop gefokus om oorspronklike inhoud van hoë kwaliteit beskikbaar te stel. Inhoud is gratis beskikbaar vir internetgebruikers, sonder enige betaalsperrings (Engels: paywall) en word deur advertensies befonds. Sy aanlynbemarkingsmodel berus op netjiese en nie-steurende advertensies in die vorm van 'n enkele groot vaandeladvertensie per blad, wat onafhanklik van redaksionele inhoud verskyn.

Teen September 2012 het die Daily Maverick-span 20 voltydse joernaliste en redaksiepersoneel ingesluit, sowel as 'n uitgebreide netwerk van opinieskrywers.

Verwysings

Eksterne skakels

Verdere leesstof

Tags:

Daily Maverick GeskiedenisDaily Maverick BesigheidsmodelDaily Maverick VerwysingsDaily Maverick Eksterne skakelsDaily Maverick Verdere leesstofDaily Maverick2009InternetSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nederduitse Gereformeerde KerkLys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierOlimpiese Somerspele 2024VoortrekkermonumentViëtnamPerdebyeJodeVaalrivierVloeistofGoogleKonjunktivitisDesmond TutuNatuurbewaringKoolstofdioksiedEl (lengtemaat)OrthopteraSwartbewussynsbewegingWikipediaWes-KaapSeksuele opwekkingSkaapHemelvaartKlein vyf diereWilna SnymanMenslike skeletSkildklierBalletSkaakSkisofrenieRutenium(III)chloriedIdioomAssonansieSelfoonWater (molekuul)KrimpvarkieKolorektale kankerLiewe HeksieProstaatkankerLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameHokkieSelfmoordEekhoringAnale kankerSlawernyFopnuusLys van Suid-Afrikaanse musikanteAustraliëCutt GlasElandréLabia (geslagsdele)BloedingRina HugoOlifantHoenderBiodiversiteitDonderstormDirekte en Indirekte redeMierBlaarHartLieweheersbesieBloedvergiftigingSonnestelselKlereGianna MichaelsSkilpadHibernasieBrongitisMonopolieJannie du ToitKommunikasieSebraGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaSophie SchollStres in hoërskool🡆 More