Daan Fouché

Dr.

Daniël Rudolph (Daan) Fouché (distrik Brits, Transvaal, 16 Augustus 1940 – waarskynlik Bela-Bela, Vrystaat, 21 Februarie 2010) was tussen 1972 en sy emeritaat weens swak gesondheid in 1996 predikant in vyf gemeentes of kombinasies van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA). Ná sy emeritaat het hy Vaalwater, Stoffberg en Pietersburg-Suid elkeen twee jaar lank deeltyds en vanaf 2008 tot ’n paar maande voor sy dood Theunissen as voltydse emeritus-predikant bedien.

Daan Fouché
 Daan Fouché
Daan Fouché

Naam Daniël Rudolph Fouché
Geboorte 16 Augustus 1940
Distrik Brits, Transvaal
Sterfte 21 Februarie 2010 (op 69)
Kerkverband Gereformeerd
Gemeente(s) Groblersdal 1972–1975
Witrivier 1975–1980
Pietersburg-Noord/Dendron 1980–1983
Pietersburg-Noord 1980–1985
Potgietersrus-Wes 1985–1996
Jare aktief 1972–1996
Kweekskool Teologiese Skool Potchefstroom

Herkoms en opleiding

Daan Fouché is op 'n tabakplaas in die distrik Brits gebore as die vyfde van ses kinders. Sy skoolopleiding het hy aan die driemanskooltjie Klipkop-Oos begin. Hy matrikuleer in 1958 aan die Hoërskool Brits.

ln 1959 begin hy sy studie aan die PU vir CHO. Ds. Ronald Bain skryf in dr. Fouché se lewensberig in die Almanak vir jaar 2011: "Oom Daan was 'n briljante student, waarvan sy sewe universiteitsgrade en 'n T.H.O.D.-Onderwysdiploma getuig." Hy het twee doktorsgrade verwerf, onderskeidelik in Latyn en teologie. Hy was 'n kenner van die klassieke tale, en Latyn was vir hom soos sy moedertaal. Grieks was ook nooit vir hom Grieks nie, skryf ds. Bain, want "die kleinste Griek kan dit dan vlot praat!" Hy het twee jaar lank aan Unisa Latyn doseer en nauurs 'n T.H.O.D. aan die Pretoriase Onderwyskollege verwerf.

Hy is getroud met Ina, dogter van 'n Venter-pa en 'n Van der Walt-ma, gebore in Potchefstroom. Hy sou eindelik vyf dogters hê. In 1967 is hy met vrou en kinders sak en pak terug Potchefstroom toe om sy teologiese studie te voltooi. Vier jaar lank het hy soggens klas gedraf, smiddae proefleeswerk gedoen by die Herald-drukkery, en twee keer per week saans Latyn aan die PUK doseer.

Gemeentebediening

Op 23 Januarie 1972 is sy groot lewensideaal verwesenlik toe hy in Groblersdal bevestig is as predikant. Bykans vier jaar later, in 1975, aanvaar hy die beroep na die kombinasie Witrivier/Graskop/Sabie, wat ook Pelgrimsrus, Blyderivierspoort en Skukuza ingesluit het. ln Augustus 1980 pak die Fouchés hul tasse na die kombinasie Gereformeerde kerk Pietersburg-Noord/Dendron. ln 1983 word Dendron 'n selfstandige gemeente en in Augustus 1985 aanvaar dr. Fouché 'n beroep na Potgietersrus-Wes. Hier is hy genoodsaak om in 1996 op 55-jarige ouderdom weens siekte te emeriteer.

Ds. Bain skryf: "Oom Daan (is) swaar beproef deur depressie. Dit het vir hom gevoel asof sy bedieningstyd kortgeknip is. Asof dit wat nog sin gegee het aan sy bestaan, ook van hom weggevat word. Maar die Here was innig en intensief met hom besig gewees. Deur hierdie smeltkroes het die Here hom net al hoe meer geheilig vir sy werk. Daarvan het sy latere preke, artikels en dagstukkieboeke deeglik getuig. Stadig maar seker gee die Here weer herstel sodat hy die kerke van Vaalwater, Stoffberg en Pietersburg-Suid elk twee jaar lank deeltyds kon bedien.

Ná sy aftrede

"Die hoogtepunt en afsluiting van sy bediening gebeur (toe) hy Theunissen as emeritus voltyds vanaf 2008 bedien. Dit was genesingl Vir hom en Ina en vir die gemeente. Die Here gee nie sy kinders oor nie, ook nie sy kerk nie. Oom Daan beleef 'n geseënde en vrugvolle bedieningstyd in Theunissen. Dis ook daar dat hy die nuus kry dat hy terminaal siek is aan kanker. Hy bly egter die Woord bedien, en die band tussen hom en die gemeente word net al hoe meer innig. Dis ook in hierdie tyd dat sy diepsinnige geloof en hegte band met God al hoe duideliker word. Dié wat hom kom troos het, is altyd getroos daar weg. Uiteindelik kon hy nie meer voortgaan met sy bedieningswerk op Theunissen nie; daarom is hy en Ina na die kinders toe op Warmbad."

Fouché het die laaste maande van sy lewe ontsaglike pyn verduur. Hy was in en uit die hospitaal, maar volgens ds. Bain het hy onwrikbaar en rustig bly glo. "Geen opstand, geen verwyte, net die verlange en verwagting dat Christus hom moet kom haal. So het hy tot aan die einde van sy lewe bedienaar van die Woord gebly. Sy siekbed en sy sterfbed was 'n kansel van waar af die evangelie helder geklink het."

Bronne

  • (af) Bain, ds. Ronald in Vogel, ds. W. et al. 2010. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2011. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Tags:

Daan Fouché Herkoms en opleidingDaan Fouché GemeentebedieningDaan Fouché Ná sy aftredeDaan Fouché BronneDaan Fouché16 Augustus1940201021 FebruarieBela-BelaBritsEmeritaatGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGereformeerde kerk Pietersburg-SuidGereformeerde kerk StoffbergGereformeerde kerk TheunissenGereformeerde kerk VaalwaterTransvaalVrystaat

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Demi Lee MooreTropiese sikloonEmosieDistrik SesZack du PlessisWaatlemoenFrankrykSwart nasionalismeAlliterasieKartografieDesimale breukeNeurenberg-verhoreMarie AntoinetteAnneli van RooyenTrekarbeidNatuurVerkleurmannetjieProstaatkankerFisiese oefeningFinansiële staatResensieLiefdeFiksieLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaSwartApartheidGordelroosSteenkool in Suid-AfrikaAfkortingProteïenAkroniemSatellietfotoGevolge van aardverwarming op oseaneVoortrekkermonumentRonelda KamferGeskiedenis van AfrikaansMaatskappyFilosofieHulpwerkwoordNedersettingDrie-eenheidLys van Griekse mitologiese figureJeugdagRasionale getalRuslandAfrikaBeeldspraakWynand du ToitKitaarOnderhandelinge om apartheid te beëindigHondBlourokkeGemeenskapSpringbokApokriewe boekeEk is 'n Afrikaan (toespraak)Jeanette FerreiraChemiese verbindingVoornaamwoordVaginaJak de PriesterSlag van BloedrivierHernubare energieReënspinnekopKindersiektesNederlandInsekKlereMieliestronkMateriaalVryheidsdagJavaScriptVersoeningsdagArmoedeverligting🡆 More