Cyrano De Bergerac: Franse skrywer

Cyrano de Bergerac (6 Maart 1619 – 28 Julie 1655) was ’n Franse dramaturg en soldaat met 'n groot neus wat in meer as 1000 tweegevegte betrokke was.

Sy naam is ook die titel van ’n beroemde toneelstuk oor sy lewe (geskryf deur Edmond Rostand), en etlike flieks is op dié verhaal gegrond.

Cyrano de Bergerac
Cyrano De Bergerac: Lewe, Werke oor hom, Verwysings
Volle naam Hercule-Savinien Cyrano de Bergerac
Gebore 6 Maart 1619
Parys, Frankryk
Oorlede 28 Julie 1655 (op 36)
Sannois, Frankryk
Beroep Dramaturg, soldaat

Lewe

Hercule-Savinien Cyrano de Bergerac was die seun van ’n Franse edelman, hoewel minstens een skrywer, Ishbel Addyman, beweer hy was nie ’n aristokraat nie, maar die seun van ’n vishandelaar. Volgens haar het hy sifilis gehad en was hy moontlik homoseksueel. Hy was van 1640 tot omstreeks 1653 in ’n verhouding met die skrywer en musikant Charles Coypeau d'Assoucy. Daarna het hulle in ’n bitter stryd betrokke geraak en dit het tot ’n reeks satiriese werke deur albei mans oor die ander een gelei.

In fiktiewe werke oor sy lewe word hy met enorme groot neus uitgebeeld. Volgens portrette het hy wel ’n groot neus gehad, maar nie naastenby so groot soos wat in werke oor hom beskryf word nie.

Cyrano de Bergerac se werke Les États et Empires de la Lune (Die State en Ryke van die Maan) (in 1657 ná sy dood gepubliseer) en Les États et Empires du Soleil (Die State en Ryke van die Son) (1662) is klassieke voorbeelde van vroegmoderne wetenskapsfiksie. Sy mengsel van wetenskap en romanse in sy werke het as model vir latere skrywers gedien, onder andere Jonathan Swift, Edgar Allan Poe en moontlik Voltaire.

Werke oor hom

In 1897 het die Franse digter Edmond Rostand ’n toneelstuk, Cyrano de Bergerac, oor Cyrano se lewe geskryf. Dit vertel van sy liefde vir die pragtige Roxane, wat hy verplig is om die hof te maak namens ’n meer konvensioneel aantreklike, maar minder woordvaardige vriend, Christian de Neuvillette.

Die stuk is verskeie kere vir die silwerdoek aangepas; van die bekendste rolprente is die 1990-weergawe met Gérard Depardieu in die titelrol, die 1950-film met José Ferrer, waarvoor hy ’n Oscar gewen het, en die 1988-aanpassing Roxanne van Steve Martin.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Cyrano De Bergerac LeweCyrano De Bergerac Werke oor homCyrano De Bergerac VerwysingsCyrano De Bergerac Eksterne skakelsCyrano De Bergerac1619165528 Julie6 MaartDramaturgFrankryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KhoikhoiRugbyAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeAlice MunroWetenskaplike klassifikasieMiltSharpeville-slagtingHulpwerkwoord7de LaanVergelykings (taalkunde)Rugby, WarwickshirePlaasjapieDawidGeslagsgelykheidMangelontstekingMielieGeweldOseaanbesoedelingJoseph LynchHenry MurrayRenaissanceDonderstormOopbroninhoudHemelvaartHamburgerOnderwys in Suid-AfrikaMosesOorlogGroot vyfSaldanhaKinderregteErfenisdag (Suid-Afrika)UniegebouKultuurJohannesburgPlae van EgipteGeskiedenis van AfrikaansEkonomiese sektorHibernasiePubiese hareTatoeëermerkRuan PienaarPersoonlikheidShakaNiemetaalWater (molekuul)Lika BerningDramaPad na jou hartBlourokkeKolonialismeGreen PornoGautengEkonomieNederduitsch Hervormde KerkAllan BoesakGriekse mitologieMiddelmisbruikDeelstate van die Verenigde State van AmerikaJames AlexanderAarde se atmosfeerAmandelHerfsOlifantRutenium(III)chloriedDoelwitSwart nasionalismeRooms-Katolieke KerkKoppeltekenBruin menseBlaaskankerKarooPornografiese akteurMaatskappySlawernyLuislangeWielewaalKoorsWoordsoort🡆 More