Cynodontia, of die sinodonte (met hondetande), is terapsides wat in die Laat Perm-periode sowat 260 miljoen jaar gelede die eerste keer hul verskyning gemaak het.
Die vroeë sinodonte het baie van die moderne soogdiere se eienskappe gehad, soos verskillende soorte tande vir byt, skeur en kou, en die breinholte het agtertoe gebult. Die meeste sinodonte het waarskynlik eiers gelê. Die openinge by die slape was baie groter as by hul voorsate en die vorming van ’n meer soogdieragtige skedel sou sterker kaakspiere moontlik gemaak het. Hulle was moontlik warmbloedig.
Filogenie
Hier onder is ’n kladogram van Ruta, Botha-Brink, Mitchell en Benton (2013), wat een teorie wys van die verwantskappe tussen sinodonte:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Cynodontia, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses. ®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.