Boom Rooi-Els

Die rooi-els (Cunonia capensis), (Engels: Butterspoon tree, Butterknife tree, of Red alder) is 'n kleinerige boom wat in die bergwoude en langs riviere en strome van Suider-Afrika groei.

Rooi-els
Boom Rooi-Els
Die groot steunblare wat die groeipunt toevou, is lepelagtig saamgepers, wat die boom sy naam "Butterspoon Tree" in Engels gee.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. capensis
Binomiale naam
Cunonia capensis
L., (1759)

Dit word ook as ornamentele boom vir tuinversiering gekweek weens sy aantreklike, blink blare en trosse klein, geurige, wit blomme. Die boom se FSA-nommer is 140.

Voorkoms

Boom Rooi-Els 
Roomkleurige stande blomme

Cunonia capensis vorm 'n pragtige, lae boom wat veral mooi vertoon in Suider-Afrikaanse tuine. Dit beskik oor blink, rooi-getinte blare, en produseer sproeie digte, geurige, wit tot roomkleur blomme van Februarie tot Mei. Die blomme is dubbelslagtig en skoenlappers en heuningbye besoek dit gereeld. Die fyn saadjies verskyn in klein twee-horing kapsules en word versprei deur voëls en die wind.

Die groot steunblare wat die groeipunt toevou, is saamgepers om 'n lepelagtige vorm aan te neem, wat aan die boom sy naam Butterspoon tree in Engels gee.

Boom Rooi-Els 
Nabyskoot van blink, rooi-getinte blare

Hierdie immergroen tuinboom groei nie goed in droë toestande nie, maar verkies 'n vogtige, gematigde klimaat en benodig heelwat water gedurende sy eerste jare van groei. Dit weerstaan matige ryp en groei baie vinnig - mits dit voldoende water kry. In die oop son bereik die boom gewoonlik 'n hoogte van vyf meter, terwyl dit in bedekte woude tot 10 meter hoog kan word.

Verspreiding

Boom Rooi-Els 
'n Reuse eksemplaar langs 'n voetpaadjie op Tafelberg.

Die rooi-els groei natuurlik vanaf Kaapstad en die Wes-Kaap in Suid-Afrika, ooswaarts tot in Eswatini en die suide van Mosambiek. Dit kom tipies algemeen voor in die inheemse Afrika-bergwoude van Suider-Afrika, veral langs riviere. Plekke met hoë reënval of volgehoue vogtigheid word grootliks verkies.

Verbouing

Boom Rooi-Els 
Aangeplante jong Cunonia capensis bome groei welig in 'n botaniese tuin

Cunonia capensis word in 'n groeiende mate dwarsoor Suider-Afrika verbou as 'n ornamentele of versieringsboom in die tuin.

Dit aard goed in volson en skaduwee-areas en kan langs geboue geplant word a.g.v. sy ligte, nie-oordadige wortelstelsel. Die plant raak sedert onlangs baie gewild in beboude gebiede.

Dit benodig 'n vogtige omgewing, bome wat in droë landskap geplant word, moet gereeld natgelei word. Dit maak die boom ook ideaal vir moeras-agtige, waterdeurdrenkte tuine, of langs riviere en waterstrome. Die boom word gewoonlik uit sy klein saadjies gekweek. Jong plante benodig heelwat water en 'n mate van beskutting teen direkte sonlig.

Dit is een van die vinniggroeiendste bome in Suider-Afrika.

Boom Rooi-Els 
Cunonia austrocaledonica

Verdere leesstof

  • Kubizki, Klaus ed. (2004). Flowering Plants, Dicotyledons: Celastrales, Oxalidales, Rosales, Cornales, Ericales (The Families and Genera of Vascular Plants, Volume VI). Springer, Berlyn.
  • Missouri Botaniese Tuin se TROPICOS Nomenklatuur-databasis.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Boom Rooi-Els VoorkomsBoom Rooi-Els VerspreidingBoom Rooi-Els VerbouingBoom Rooi-Els Verdere leesstofBoom Rooi-Els Sien ookBoom Rooi-Els VerwysingsBoom Rooi-Els

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Green PornoGoudHeelgetalMenseregteFosforDonderstormTweede WêreldoorlogLys van slangeSkildklierVlagterminologieMis (weerkunde)PomeloPsigopatieKaapstadse waterkrisis 2015-2018OseaanbesoedelingVloeistofLuiperdHarry KerrMiddelmisbruikVoorvoegselMynbouGianna MichaelsGrondbesoedelingWaterbesparing in Suid-AfrikaRoossenekalBurgerregteStaalProsaWerkwoordAfkortingRooikatMondBloedvergiftigingHorlosieHoofkarakterBonné de BodSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieBreingewasKuberkrakerVerfHeks van HexrivierVergelykings (taalkunde)MaagsweerWinnie Madikizela-MandelaHulpwerkwoordCounter-Strike (videospeletjie)VoedingLys van Afrikaanse skrywersKorrupsieOnderwysCheslin KolbeMuishondErdwurmVaginale kankerRookgewoonteHennie MaasISO 3166-2KwaggaMuskietGeestesgesondheidTobie CronjéSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureJesus van NasaretHamilton WesselsOmgewingskwessies in Suider-AfrikaBevolkingStres in hoërskoolAndré JacobsHoofstadVulkanismeVoëlSamestellingLys van musiekinstrumente7de LaanMierGroepsgebiedewetTwaalf Stamme van Israel🡆 More