Crassulaceae

Crassulaceae, die vetkruidfamilie, of die plakkieplantfamilie.

is ’n familie tweesaadlobbige plante met vetplantblare. Hulle is gewoonlik kruidagtig, maar daar is ’n paar substruike en sommige is selfs waterplante en boomagtig. Hulle word wêreldwyd aangetref, maar veral in die Noordelike Halfrond en Suider-Afrika. Die familie sluit sowat 1 200-1 500 spesies en 36 genera in.

Crassulaceae
Crassulaceae
Die Rosularia-blom.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Orde:
Saxifragales
Familie:
Crassulaceae

J.St.-Hil.
Genera
Sien teks
Crassulaceae
Graptopetalum paraguayense.

Geen lede van die familie is belangrike landbougewasse nie, maar baie is gewilde tuinbouplante; hulle het dikwels ’n vreemde, bekoorlike voorkoms en is taamlik gehard. Bekende spesies sluit in die kerkeibos (Crassula ovata) en Kalanchoe blossfeldiana.

Klassifikasie

Crassulaceae is ’n monofiletiese groep binne die eudikotiele as lid van die orde Saxifragales. Sommige ouer klassifikasiestelsels plaas Crassulaceae in Rosales. Klassifikasie binne die familie is moeilik omdat baie van die spesies maklik verbaster – in die natuur en in tuinbou.

Genera

Daar is 36 genera wat tot die familie hoort:

  • Adromischus Lem.
  • Aeonium Webb & Berthel.
  • Afrovivella A.Berger
  • Aichryson Webb & Berthel.
  • Chaloupkaea Niederle
  • Chiastophyllum (Ledeb.) A.Berger
  • Cotyledon L.
  • Crassula L.
  • Cremnophila Rose
  • Dudleya Britton & Rose
  • Echeveria DC.
  • Graptopetalum Rose
  • Hylotelephium H.Ohba
  • Hypagophytum A.Berger
  • Kalanchoe Adans.
  • Kungia K.T.Fu
  • Lenophyllum Rose
  • Meterostachys Nakai
  • Monanthes Haw.
  • Orostachys Fisch.
  • Pachyphytum Link, Klotzsch & Otto
  • Perrierosedum (A.Berger) H.Ohba
  • Petrosedum Grulich
  • Phedimus Raf.
  • Pistorinia DC.
  • Prometheum (A.Berger) H.Ohba
  • Pseudosedum (Boiss.) A.Berger
  • Rhodiola L.
  • Rosularia (DC.) Stapf
  • Sedum L.
  • Sempervivum L.
  • Sinocrassula A.Berger
  • Thompsonella Britton & Rose
  • Tylecodon Toelken
  • Umbilicus DC.
  • Villadia Rose

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Crassulaceae KlassifikasieCrassulaceae GeneraCrassulaceae VerwysingsCrassulaceae Eksterne skakelsCrassulaceae

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KhoikhoiBynierWerwelkolomTromMenstruasieAlgemene bestuur as sakefunksie in ondernemingsKommunikasieGemeenskapStres in hoërskoolKoningsproteaWiskundige terminologieSuikerbekkiesSpysverteringstelselLovedale, Oos-KaapOorstromingSeksuele identiteitSeksposisieSeksAkteurRooibosHipertensiePaasfeesWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaHartversakingSprokieVerkragtingVormEnsiklopedieEkosisteemekologieAmfibieëProvinsies van Suid-AfrikaNamibiese dollarKrokodilGeskiedenis van Suid-AfrikaNoot vir NootSonneblomAfrika-dromMelktertHulpwerkwoordJakkalsBelastingGeelhoutVurkhyserGrondsoorteMotiveringAnrich HerbstGlobaliseringOnderwerp (taalkunde)AkkedisReddingskakeWhatsAppPlae van EgipteLuiperdRussiese inval in Oekraïne sedert 2022BoomVerassingDemokrasieDermpoliepGeskiedenis van AfrikaansDuitse maselsDuitslandSlangSpesieGeskiedenis van die BoererepubliekeNic de JagerJan BloukaasPablo PicassoGeografiese inligtingstelselHomoniemKwitansieBuikpotigesLiefdeAmor VittoneMiddeloorontstekingWellington, Wes-Kaap🡆 More