Corrie De Klerk

Corrie de Klerk (gebore Hendrina Cornelia Coetzer, Reddersburg, Oranje-Vrystaat, 3 Junie 1904 – Pretoria, 18 Augustus 2001) was die eggenote van minister Jan de Klerk en die moeder van die Gereformeerde predikant, professor en koerantredakteur dr.

Willem de Klerk en die laaste staatspresident van die ou Suid-Afrika, FW de Klerk.

Corrie De Klerk
Eggenotes van dr. H.F. Verwoerd se kabinet nadat veranderinge in Oktober 1958 aangebring is. Mev. Mabel Jansen, as die eggenote van die goewerneur-generaal, sit voor in die middel. Links van haar is mev. Betsie Verwoerd. Staande is van links die eggenotes van ministers Albert Hertzog, W.A. Maree, Jan de Klerk (Corrie), P.K. le Roux en M.D.C. De Wet Nel.
Corrie De Klerk
Corrie de Klerk.
Corrie De Klerk
Kabinetsvroue van Suid-Afrika, 1967. Corrie de Klerk sit derde van links.
Corrie De Klerk
Corrie de Klerk se grafsteen in die Sterkfontein-begraafplaas, Krugersdorp.

Corrie Coetzer is op Reddersburg gebore as een van vyf kinders uit Frederik Willem Coetzer (Bloemfontein, 21 September 1860 – Reddersburg, 11 Augustus 1938), provinsiale raadslid vir Edenburg, se tweede huwelik, met Anna Cecilia Fouché (omstreeks 1883 – 11 Januarie 1931). F.W. Coetzer het altesaam vyf kinders uit sy drie huwelike gehad. Die latere staatspresident is na hom genoem, terwyl Corrie se ander seun Willem Johannes genoem is na haar skoonvader, ds. W.J. de Klerk, wat nes sy F.W. Coetzer, Jan, Willem (Wimpie) en FW de Klerk in die politiek belanggestel het. Haar skoonsuster Susan Strijdom was met Suid-Afrika se vyfde premier, adv. Hans Strijdom, getroud en dit was hy wat Corrie se man in 1958 as senator en later as minister in sy kabinet aangestel het.

Corrie het haar opleiding in huishoudkunde, kuns, huis- en tuinversiering op Reddersburg en Bethlehem ontvang. Voor haar huwelik het sy die Unie deurreis. Op 11 April 1927 is sy met Jan de Klerk getroud waarna die opvoeding van haar twee seuns en die aktiewe medewerking met haar eggenoot in die uitvoering van sy pligte haar lewe gevul het. Gedurende hulle verblyf in Johannesburg, Germiston en Krugersdorp het sy 'n lewende belangstelling in die sustersaksie van haar kerk openbaar en was jare lank komiteelid in die gemeente van Germiston. Sy het 'n wye belangstelling gehad en was veral 'n kenner van tuinuitleg en modeontwerp waarin sy wyd belese was. Hulle tuiste was 'n sierlike plaas in die omgewing van Krugersdorp waar sy haar belangstelling in tuinversiering kon toepas, maar ook by die ministerswoning in Pretoria (Bryntirion 19) en by soveel van hul vriende moontlik.

Haar eie sibbes was: Jacob Erasmus; Emily Hobhouse Hoppe; Paul Fouché en Vivia Perpetua. Haar halfbroers en –susters was: Susanna Maria Margaretha; Jacob Erasmus; Arnoldus Jacobus; Frederik Willem en Elizabeth Catharina Jacoba Johanna van der Linde.

Bronne

  • (af) Die Gereformeerde Vroueblad. 1959. Gedenkboek: Die Gereformeerde vrou 1859-1959. Potchefstroom: Potchefstroom Herald.
  • (en) Genealogiese besonderhede op geni.com. URL besoek op 25 Augustus 2016.
  • (af) (en) Kruger, dr. D.F. 1963. Wie is wie in Suid-Afrika. Johannesburg: Vitae Uitgewers.

Tags:

18 Augustus190420013 JunieFW de KlerkGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaJan de KlerkOranje-VrystaatPretoriaReddersburgWillem de Klerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

RynhesseHerfsDiarreeKonjunktivitisApostoliese GeloofsbelydenisNardusLys van kinderspeletjiesKlimaatSonsverduisteringToorbergRina HugoSemenOntlastingSelfstandige naamwoordNierVerkleinwoordBreingewasAngina pectorisVerenigde State van AmerikaHoofpynKasteel die Goeie HoopSwitserlandDissipel vir wie Jesus baie lief wasInternetBorsteTierboskatWhitey BassonAtriale fibrillasieHeilige SaterdagLongontstekingMusiekAfkortingOrtopedieAkuutDemensieMoslemGoogleBiljoenDiplopodaLys van bekende Suid-AfrikanersSowjetunieKunsmatige intelligensieAnette EngelbrechtBelgiese gewesteKwaZulu-NatalSlukdermSeksuele stimulasieInfeksieLikkewaanWaarheid-en-versoeningskommissieEkonomieTurkyeGeorgiese nasionale rugbyspanKlitorisMarga van RooyBTWOosters-Ortodokse KerkKoedoePesachOnderhandelinge om apartheid te beëindigDuitse maselsMolotofbomPornografiese subgenresBreinvliesontstekingTuisbladLugbesoedelingZuid-Afrikaansche RepubliekEekhoringPornografiese akteur🡆 More