Cornelius Krieghoff

Cornelius David Krieghoff (19 Junie 1815 – 5 Maart 1872) is een van die gewildste 19de eeuse Nederlandse-Kanadese skilders.

Hy is mees bekend vir sy skilderye van Kanadese landskappe en buitelewe, veral sy wintertonele in die provinsie Quebec, en het sy gunstelingmotiewe in verskillende variante uitgebeeld.

Cornelius Krieghoff
Cornelius Krieghoff
Geboortenaam Cornelius David Krieghoff
Gebore (1815-06-19)19 Junie 1815
Amsterdam, Nederland
Sterf 5 Maart 1872 (op 56)
Chicago, Illinois
Nasionaliteit Vlag van Nederland Nederland Vlag van Kanada Kanada
Veld Skildery
Opleiding Michel Martin Drolling
Werke The Toll Gate, 1859
Cornelius Krieghoff
'The Blacksmith's Shop' („Die smitswinkel“), olie op doek, 22 x 36 duim, geskilder in 1871, Art Gallery of Ontario
Cornelius Krieghoff
'The Toll Gate' („Die tolhek“), olie op doek, 17 x 24 duim, geskilder in 1859

Krieghoff is in die Nederlandse hoofstad Amsterdam gebore, maar het in 1836 na New York Stad verhuis en in die volgende jaar by die Amerikaanse leër aangesluit. In 1840 het hy saam met sy vrou Émilie Gauthier na Montréal verhuis.

In 1844 het hy saam met sy vrou 'n reis na die Franse hoofstad Parys onderneem waar hy onder die leiding van Michel Martin Drolling (1789-1851) meesterwerke van die Louvre-museum gekopieer het. In 1846 het die Krieghoffs na Montréal teruggekeer, en in 1853 het Krieghoff saam met sy gesin na Québecstad verhuis.

In die tydperk tussen 1863 en 1870 het Krieghoff in Europa gebly. In 1871 het hy hom in Chicago gevestig waar hy een jaar later in die ouderdom van 56 jaar oorlede is. Hy lê begrawe in Chicago se Graceland-begraafplaas.

Bronne en verdere leesstof

  • Barbeau, Charles Marius: Cornelius Krieghoff. Toronto: Ryerson Press 1948
  • Barbeau, Charles Marius: Cornelius Krieghoff, Pioneer Painter of North America. Toronto: The Macmillian Company of Canada, Ltd. 1934
  • Harper, J. Russell: Cornelius Krieghoff, The Habitant Farm. Ottawa: National Gallery of Canada 1977
  • Harper, J. Russell: Krieghoff. Toronto: University of Toronto Press 1979
  • Jouvancourt, Hugues de: Cornelius Krieghoff. Toronto: Musson Book Co., 1973
  • Krieghoff, Cornelius: Cornélius Krieghoff, 1815-1872: Québec: Ministère des affaires culturelles 1971
  • Krieghoff, Cornelius en Marius Barbeau: Cornelius Krieghoff. Toronto Society for Art Publications 1962
  • Krieghoff, Cornelius en Monsieur Winkworth: Exposition d'estampes en l'honneur de C. Krieghoff, 1815-1872. Montréal: McCord Museum 1972
  • Reid, Dennis R., Ramsay Cook en François-Marc Gagnon: Krieghoff, Iimages of Canada. Vancouver: Douglas & McIntyre, 1999
  • Vézina, Raymond: Cornelius Krieghoff, peintre de mœurs, 1815-1872. Québec: Éditions du Pélican 1972

Eksterne skakels

Tags:

1815187219 Junie19de eeu5 MaartKanadaNederland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WaterbesoedelingGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondGriepOorkruipersEugenetikaLien se lankstaanskoeneVierkantswortelKweekhuisgasBoomKewerHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKoos du PlessisVlinderAfkappingstekenMetaalNierversakingDuitslandBek-en-klouseerVingerseksThabo MbekiRymAalwynMaatskappyDieremishandelingEkonomieWhatsAppSkoenlapperStadDundermGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaEienaamAngina pectorisIngrid JonkerLys van Afrikaanse televisiereekseProstaatklierTelevisieStellenboschOseaanSkaapTafelbergIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieLys van Suid-Afrikaanse digtersAspoestertjieBewaringstatusAppel (sanger)SpringbokkeMaanHolocaustAlkoholismeRenaissanceRassisme in AfrikaSpinnekopPapegaaieNoord-KaapSarel Jacob PretoriusHartversakingSeksuele opwekkingMieliestronkWebwerfSirkelGroot Muur van ChinaN.P. van Wyk LouwWaterkringloopBloeddrukAkademiaGeslagOrale seksItaliëSamestellende afleidingVerlede tydSaartjie BaartmanPoesPornografieTelefoonFrankryk🡆 More