Cornal Hendricks

Cornal Hendricks (gebore in die Paarl, Suid-Afrika op 18 April 1988) is ’n rugbyspeler wat vir die Vrystaat Cheetahs op vleuel in die Curriebeker en die Cheetahs in Superrugby speel.

Cornal Hendricks Rugbyportaal
Volle naam Cornal Hendricks
Geboortedatum 18 April 1988 (1988-04-18) (36 jaar oud)
Geboorteplek Paarl, Suid-Afrika
Lengte 189 cm
Massa 90 kg
Skool Hoërskool Bergrivier
Beroep Professionele rugbyspeler
Rugbyloopbaan
Huidige status
Posisie Vleuel
Huidige span Cheetahs
Loopbaan as speler
Posisie(s) Vleuel/Senter
Springbokno. 855
Amateurspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2006 Fidentia Roses
Provinsiale- / Staatspanne
Jare Klub / span Weds (pte)
2008–2012
2014–
Boland
VS Cheetahs
68
0
(135)
(0)
korrek soos op 25 September 2014.
Superrugby/Verenigde Rugbykampioenskap
Jare Klub / span Weds (pte)
2014– Cheetahs 27 (55)
korrek soos op 17 Junie 2015.
Nasionale span(ne)
Jare Land Weds (pte)
2014– Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 12 (25)
korrek soos op 25 Julie 2015.
Nasionale Sewesspan
Jare Land Toernooie
2011– Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika

Hendricks het die Boland in alle ouderdomsgroepe tot op senior vlak verteenwoordig. In 2011 word hy gekies om vir die Suid-Afrikaanse nasionale Sewesrugbyspan te speel waar hy tot 2013 sy land in 17 toernooie en ’n wêreldbeker verteenwoordig. Hy het in 2011 en 2012 aan die Suid-Afrikaanse toernooi deelgeneem, in 2012 en 2013 het hy aan die toernooie in Nieu-Seeland (Auckland), die VSA (Las Vegas), Hongkong, Japan (Tokio), Skotland (Glasgow), Engeland (Londen), Australië (Goudkus) en die VAE (Dubai) deelgeneem. Hy is ook in 2012 gekies vir die Suid-Afrikaanse Suidelike Barbarians wat teen Engeland gespeel het. In 2013 was Hendricks deel van die Sewespan wat ’n goue medalje by die Wêreldspele in Cali, Colombia gewen het en is hy ingesluit in die span wat in 2013 aan die Seweswêreldbeker deelgeneem het.

Hendricks is in 2014 beloon met ’n plek in die vergrote Springbokgroep vir ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n Wêreld XV en drie toetse teen Wallis en Skotland. Op 14 Junie 2014 het Hendricks sy Springbokdebuut teen Wallis gemaak en ’n drie gedruk in sy eerste toets. Hy was ook deel van die Sewespan wat in 2014 ’n goue medalje by die Statebondspele in Skotland gewen het en beoog om aan die Sewestoernooi by die Olimpiese Spele in 2016 deel te neem.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

18 April1988Cheetahs (Superrugbyspan)CurriebekerPaarlRugbySuid-AfrikaSuperrugbyVrystaat Cheetahs

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

GemeenskapsorganisasieRobbeneilandFanie ViljoenZoeloesAustraliëMaagsweerTussenwerpselKunsKrokodilReg tot ‘n gesonde omgewingVoortrekkersMangelontstekingDataverwerkingHomofoonEkotoerismeIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieSeksueel oordraagbare infeksieBraaiCalviniaNasionalismeMaagKookpuntOseaanPapierVleilandMondAntoniemHelpmekaar-kollegeHoenderClanwilliam-sandvisLys van landeHipoteseSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureViëtnamDroogteWikiGesonde dieetSeptimius AwardsWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AsemhalingKatoenPoësieJudaïsmeStilleweOogproblemeGreen PornoKweekhuisgasGrondbesoedelingFranse RewolusieVigsInentingEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaRacheltjie de BeerBokmakierieKlein vyf diereLys van Suid-Afrikaanse musikanteLiesbreukKondensasieGeslagNag van die lang messeWaterpokkiesVerkragtingDuitsKanadaDiarreeVliegtuigWaarheid-en-versoeningskommissieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalThabo MbekiSosiale mediaHoofkarakterPretoriaHaasStam (taalkunde)Digvorm🡆 More