Convair B-36 Peacemaker: Amerikaanse bomwerper

Die Convair B-36 Peacemaker was 'n strategiese bomwerper wat deur Convair vervaardig en tussen 1949 en 1959 uitsluitlik deur die Amerikaanse Lugmag (United States Air Force, USAF) gebruik is.

Convair B-36 Peacemaker
Convair B-36 Peacemaker: Amerikaanse bomwerper
Tipe Strategiese bomwerper
Bemanning 13 of 15
Vervaardiger Consolidated Vultee
Eerste vlug 8 Augustus 1946
Vervaardig 1946–1954
Aantal gebou 384
Uit diens gestel 12 Februarie 1959
Afmetings
Lengte 49,42 m
Vlerkspan 70,12 m
Hoogte 14,25 m
Vlerkoppervlak 443,5 m²
Massa en kapasiteit
Leë massa 75 530 kg
Maksimum opstygmassa 186 000 kg
Bomvrag 32 700 kg
Vegmassa 119 318 kg
Kragbron
Enjins 6 Pratt & Whitney R-4360-Wasp Major-radiaal-enjins
B-36D en latere ontwerpe: 2 of 4 bykomende General Electric J47-19 stralerenjins
Werkverrigting 6 x 2 835 kW
Snelheid
Kruissnelheid 370 km/h
Maksimumsnelheid 700 km/h
Reikafstand 6 415 km
Diensplafon 13 300 m
Klimvermoë 10,1 m/s

Die B-36 was die grootste massavervaardigde suierenjinvliegtuig en het met 70,1 meter die breedste vlerkspan van enige vegvliegtuig gehad wat ooit gebou is, alhoewel enkele groter militêre vragvliegtuie vervaardig is. Die B-36 was die eerste bomwerper wat in staat was om enige kernwapen uit die Amerikaanse arsenaal regstreeks vanuit sy vier bomruimtes af te werp sonder dat wysigings aan die vliegtuig aangebring moes word. Met 'n maksimum reikafstand van 9 700 kilometer en 'n maksimumbomvrag van 33 000 kilogram was die B-36 die eerste bemande interkontinentale bomwerper ter wêreld.

Die ontwikkeling van die B-36 het in die vroeë 1940's begin nadat die militêre gebeure in Europa vrese oor 'n Duitse inval in die Verenigde Koninkryk laat ontstaan het. Ná 'n moontlike Duitse besetting van die VSA se belangrikste bondgenoot sou hierdie bomwerpers in staat wees om teikens in Europa vanuit die Amerikaanse vasteland te bereik, met tussenlandings in die Amerikaans-besette Ysland.

Vanaf Februarie 1956 is B-36-bomwerpers geleidelik deur B-52s vervang. Die laaste vliegtuig is in Februarie 1959 uit bedryf gestel.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

19491959Amerikaanse LugmagBomwerper

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Carike KeuzenkampDirekte en Indirekte redeGoudUKhahlamba-DrakensbergparkKunsMalariaHector PietersonHokkieKasterolieGipsStadHeupvervangingRefentse MorakeVervoerKoolstofdioksiedVerenigde State van AmerikaSpringbokkeAluminiumGewone breukeMisdaadWetenskapGeldWesterse filosofieInternasionale Historiese Genootskap RobbeneilandAdolf HitlerMorfologie (taalkunde)MangelontstekingRonelda KamferLys van Afrikaanse televisiereekseLys van politieke partye in Suid-AfrikaMandalaRumatiekProvinsies van Suid-AfrikaKoorsblaarGesonde dieetMielieTropiese sikloonSeisoenFotosinteseLongontstekingAngolese BurgeroorlogTandbederfGrondMiljardWaarheid-en-versoeningskommissiePussy RiotSuikersiekteKaaps-Hollandse stylDemografie van Suid-AfrikaWetenskaplike klassifikasiePerdebyeVoedingKaapstadBTWErosietipesRookgewoontePizzaDigvormVakbondRasionale getalWoordeboekThe CranberriesSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024TatoeëermerkInentingSkisofrenieVrouDie Laaste Avondmaal (Leonardo)LandbouGrondbesoedelingFacebookLettergreepTienie HollowayPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaHorlosieAngolese Oorlog vir Onafhanklikheid🡆 More