Construction Time Again: Album van Depeche Mode

Construction Time Again is die derde ateljeealbum van die Britse synthie-pop-groep Depeche Mode en die eerste waarvoor die groep van die nuwe samples-tegniek gebruik gemaak het: Verskillende metallieke geluide is as samples opgeneem en later by 'n snit gevoeg.

Een van die album se snitte, Pipeline, bestaan selfs uitsluitlik uit samples, en sy lirieke het ook die album se titel opgelewer.

Construction Time Again
Ateljeealbum van Depeche Mode
Vrygestel22 Augustus 1983
AteljeeThe Garden Studios (Shoreditch/Londen)
Hansa Studio 2 (Berlyn)
GenreSynthie Pop, New Wave, Industrial, Alternative dance, Dance-rock
Speeltyd42:10
EtiketMute Records
ProdusentDepeche Mode,
Daniel Miller
Depeche Mode-chronologie
A Broken Frame
(1982)A Broken Frame1982
Construction Time Again Some Great Reward
(1984)Some Great Reward1984
Enkelspelers vanaf Construction Time Again
  1. "Everything Counts"
    Vrygestel: 11 Julie 1983
  2. "Love, in Itself"
    Vrygestel: 19 September 1983
  3. "Told You So"
    Vrygestel: Januarie 1984 (Spanje; promosie)

Depeche Mode het naas metaalgeluide ook 'n groot verskeidenheid alledaagse geluide as samples opgeneem, en net soos Construction Time Again is ook hul volgende albums deur hierdie sogenaamde "industriële musiekstyl" (Engels: Industrial Music) oorheers.

Construction Time Again is ook die eerste album waaraan Alan Wilder as 'n nuwe lid van die groep meegewerk het. Wilder het 'n aantal van snitte, wat hy self geskryf het, vir die album voorgestel, en uiteindelik is twee hiervan – Two Minutes Warning en The Landscape Is Changing – deur die groep gekies en opgeneem. Die album is in John Foxx se Garden Studios-ateljee in Shoreditch, Londen opgeneem en in die Berlynse ateljee Hansa Studio 2 afgemeng. Depeche Mode het ook hulle volgende albums in Berlyn afgemeng.

In 2007 is Construction Time Again saam met 'n bonus-DVD vrygestel. Die eerste kompakskyf is hermeester en (behalwe vir die Verenigde State) as 'n beperkte CD/SACD-hibriedskyf-uitgawe vrygestel.

Die bonus-DVD bevat die B-kante en die enkelsnit en B-kant van Get the Balance Right, 'n enkelsnit-titel wat 'n kort tyd voor die album opgeneem is, asook 'n dokumentêr waarin Get the Balance Right en Construction Time Again, die album se twee enkelsnitte, die ontstaangeskiedenis van die omslag, die lirieke, en die album se sampling-tegniek bespreek word. Daarnaas word die invloed bespreek wat Alan Wilder as 'n nuwe lid van die groep en Gareth Jones as die nuwe klankingenieur op Depeche Mode se nuwe "industriële" musiekstyl uitgeoefen het. Die dokumentêr bied ook uittreksels van die Get the Balance Right-musiekvideo wat voorheen nog nie vrygestel is nie.

Die Collectors Edition het op 20 Maart 2007 in die VSA, 26 Maart in die Verenigde Koninkryk en 2 April in die res van Europa verskyn. Die hermeesterde album is daarnaas in Europa ook as 'n "deluxe" viniel-langspeelplaat vrygestel.

Depeche Mode se werkersklas-estetiek

Die fotografie wat vir die omslag gebruik is in die Alpe geneem en sluit by die vorige album A Broken Frame se buitengewone styl aan. Maar terwyl die twee vorige albums Speak and Spell en A Broken Frame se lirieke meer op 'n persoonlike vlak geskryf is, maak Depeche Mode met Construction Time Again vir die eerste keer daarop aanspraak om ook 'n politieke groep met 'n boodskap te wees.

Volgens die fotograaf Brian Griffin het hy en die groep saamgestem dat die omslag weer 'n landskapfoto soos by A Broken Frame sou bevat, maar hierdie keer met 'n fabriekwerker. Griffin het al vroeër omslagfoto's vir die Britse popgroep Echo and the Bunnymen geneem met strande en gletsers as agtergrond en besluit om hierdie soort motiewe ook vir Depeche Mode se nuwe langspeler te gebruik. Die broeder van een van sy assistente, wat vroeër in die Koninklike Britse Vloot gedien het, het vir die opnames model gestaan. Die foto's is met die Frans-Italiaanse bergpiek Mont Blanc as agtergrond geneem, en die model het met 'n voorhamer geposeer.

Die "werkers-foto" is baie bypassend tot Martin Gore en Alan Wilder se lirieke, waarin die nywerheidswêreld, klasverskille en omgewingsbewaring behandel word. Gore se bydraes het daarnaas 'n baie melancholiese karakter.

In die Britse politieke klimaat van die 1980's is popgroepe wat in sukses en geld belanggestel het, dikwels as "regsgesinde reaksionêre" beskryf, terwyl kunstenaars met 'n sosiale gewete as "pseudo-kommunisties" afgestempel is. X-More, 'n lid van die linksgesinde Britse groep The Redskins en skrywer van die tydskrif New Musical Express, het die album as 'n politieke manifes geïnterpreteer en Depeche Mode in 'n onderhoud selfs as comrades ("kamerade") aangespreek.

Maar alhoewel die omslagfoto se styl aan die werkersklas-estetiek van die sosialistiese realisme ontleen is, versinnebeeld dit slegs die album se titel en Depeche Mode se besluit om van Construction Time Again hul eerste album in die industriële musiekstyl te maak – met lirieke wat uitdrukking aan hulle sosiale gewete gee. Die groep het duidelik ontken dat die album 'n spesifieke politieke boodskap dra of enigsins kritiek lewer op die beleid van die destydse konserwatiewe Britse regering onder die eerste minister Margaret Thatcher, wat onder meer daarop gefokus was om die politieke invloed van vakbonde te verminder.

Snitlys

Voorkant
Nr.TitelSpeeltyd
1."Love, in Itself"4:29
2."More Than a Party"4:45
3."Pipeline"5:54
4."Everything Counts"4:20
Agterkant
Nr.TitelSkrywer(s)Speeltyd
5."Two Minute Warning"Alan Wilder4:13
6."Shame" 3:51
7."The Landscape Is Changing"Wilder4:49
8."Told You So" 4:26
9."And Then..." 5:39

Eksterne skakels

Bronne

  • Construction Time Again. Collectors Edition (2007)
  • Malins, Steve: Depeche Mode – A Biography. Londen: André Deutsch Limited 1999

Tags:

Construction Time Again Depeche Mode se werkersklas-estetiekConstruction Time Again SnitlysConstruction Time Again Eksterne skakelsConstruction Time Again BronneConstruction Time AgainAteljeealbumDepeche ModeVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

ValentynsdagSpringbokkeKlereDemokratiese Republiek die KongoHoofpynMusiekLugbesoedelingPneumatikaResensieKontinentKoolstofdioksiedMaselsTylaCeresWikipediaMetamfetamienSpysverteringstelselNatuurbewaringCleopatra VIIBybelGroot vyfSteenkoolPornografiese akteurQuebecSosialismeHannes van WykNarsistiese persoonlikheidsteuringLiesbreukLys van landeMaatskappyMetaalnywerheidSaartjie BaartmanKorrupsieCarles PuigdemontPersoon (taalkunde)Jan de WetNag van die lang messeBlaarVerbuigingAppelZenobia KockDuitsHorlosieBrugAarverkalkingGeografie van Suid-AfrikaWatersuiweringTegnologieGemmerGeslagsgelykheidAfrikaanse TaalmonumentNedersettingBevolkingSonenergieMenseregteVoorhuidWortelPlae van EgipteRosa ParksVolhoubare ontwikkelingIranse aanval op Israel in 2024VoortrekkermonumentLys van kinderspeletjiesVerenigde State van AmerikaSuid-AfrikaWikiCarike KeuzenkampOrganisasie sonder winsoogmerkVersamelnaamLys van Suid-Afrikaanse musikanteSkoolVaste stofWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaSirkelKapitalisme🡆 More