Neteldier

Neteldiere, holtediere of Cnidaria vorm ’n filum van die diereryk.

Die filum bevat die skyf- en kubuskwalle, die hidropoliepe en die blomdiere. Hulle kom almal in die water voor, hoofsaaklik seewater.

Neteldier
Tydperk: 580–0 m. jaar gelede
Ediacarium – tans
Neteldier
Klein bloublasies.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Cnidaria
Klasse
  • Anthozoa (blomdiere)
  • Cubozoa (kubuskwalle)
  • Hydrozoa (hidropoliepe)
  • Scyphozoa (skyfkwalle)
  • Staurozoa
Neteldier
Die poliep- en die kwalvorm: die twee basiese vorme wat by die Cnidaria voorkom.

Neteldiere kom al lank op die aarde voor, maar aangesien hulle lank geen skelet gevorm het nie, is die fossiele bewyse vir hul bestaan beperk tot die steenkorale en ’n paar goed bewaarde afdrukke van kwalagtiges. Die vroegste bekende meersellige lewe op aarde, die Ediacara-fauna, wat van 542 miljoen tot 630 miljoen jaar gelede dateer, bevat al duidelike fossiele van neteldiere.

Anatomie

Die basiese vorm van die neteldier is ’n sakkie met net een opening, wat as mond én anus dien. Om die opening is tentakels, waarin gespesialiseerde selle voorkom wat angeltjies kan uitskiet. Dit is die netelselle, waaraan die diere hul naam te danke het. Die gif wat daaruit skiet, verlam die prooi, wat daarna deur die tentakels na die "mond" gebring word. In teenstelling met byvoorbeeld sponsdiere, het neteldiere duidelik verskillende organe: byvoorbeeld ’n opperhuid, maag en eenvoudige senustelsel.

Ontwikkeling

Die lewensiklus van die neteldier bevat in beginsel twee stadiums: ’n poliep- en kwalstadium. In die poliepstadium sit die dier meestal aan die bodem vas met sy mond en vangarms na bo. In die kwalstadium dryf dit saam met die seestrome met sy mond en vangarms na onder. By korale en seeanemone is die poliepstadium die belangrikste en is die kwalstadium die larwestadium. By kwalle is dit andersom.

Sowel geslagtelike as ongeslagtelike voortplanting kom by neteldiere voor.

Taksonomie

Die Cnidaria word in ses klasse verdeel:

  • Anthozoa (blomdiere)
  • Cubozoa (kubuskwalle)
  • Hydrozoa (hidropoliepe)
  • Scyphozoa (skyfkwalle)
  • Staurozoa
  • Polypodiozoa

Korale, bloublasies en seeanemone behoort almal tot die filum Cnidaria. Die belangrikste klas vir koraalriwwe is die Anthozoa (blomdiere). Hulle word in twee onderklasse verdeel: Zoantharia (of Hexacorallia) en Alcyonaria (of Octocorallia). Die voorvoegsels hexa- (ses) en octo- (agt) verwys na die getal tentakels wat die dier het.

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Neteldier AnatomieNeteldier OntwikkelingNeteldier TaksonomieNeteldier GaleryNeteldier VerwysingsNeteldier Eksterne skakelsNeteldier

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jo BlackHaasLys van elemente volgens simboolDistrik SesWet op Verbod van Gemengde HuwelikeLewerE-posUnited Democratic FrontNagmaalMierMenseregtedagBorskankerItaliëErfenisBrittany Ashton HolmesJohannes HahnWiskundeBewaringstatusApostoliese GeloofsbelydenisRekenaarMIVTrigeminale neuralgieBosluisbytkoorsLys van Suid-Afrikaanse skrywersOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKunsmatige intelligensieVerkleurmannetjieVoorvoegselSarel Jacob PretoriusBeesvleisHoenderOnderwerp (taalkunde)SwartbewussynsbewegingBek-en-klouseerKlimaatveranderingBoelieryLys van Afrikaanse rolprenteSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVolstruisHartversakingAfro-AmerikanersViëtnamMaroela MediaKultuurSokkerEjakulasieChloorRumatoïede artritisPad na jou hartGeskiedenis van die Britse Ryk en StatebondNamibiëOnse VaderNG gemeente JansenvilleHomoniemSkildklierGloeilampRenaissanceSlangSelfmoordKonsentrasiekampLys van Griekse mitologiese figureParkinson se siekteOorkruipersVlinderTsoenamiZoeloesYstervarkKartografieEkologieHemelBesemNaaldekokerMagnetismeTeam Fortress 2MonopolyHeks van HexrivierKoolhidraat🡆 More