Perdepis (Clausena anisata) – ook bekend as die perdebos – is 'n klein boompie wat inheems is in Afrika en Asië.
In Suid-Afrika kom die spesie voor aan die suid- en ooskus. Dit het saamgestelde blare wat ellipties gevormd is. Die blare gee 'n skerp geur af wanneer hulle gekneus of fyngedruk word. Volgens sommige mense is die reuk soos dié van die urine van 'n perd. Die boom dra wit blommetjies. Die boom se FSA-nommer is 265.
Perdepis | |
---|---|
Eksemplaar in Burmanbos | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Rosids |
Orde: | Sapindales |
Familie: | Rutaceae |
Genus: | Clausena |
Spesie: | C. anisata |
Binomiale naam | |
Clausena anisata (Willd.) Hook.f. ex Benth. | |
Sinonieme | |
|
Die spesie is inheems in Afrika en Asië. In Afrika kom dit voor in Angola, Benin, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Kameroen, Kenia, Laos, Malawi, Mali, Mosambiek, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Soedan, Tsjad, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië en Zimbabwe voor.
In Asië kom dit voor in Bangladesj, China - suidsentraal en suidoos, Indië, Mianmar, Nepal, Sri Lanka, Thailand en Viëtnam.
Die spesie het 47 sinonieme:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Perdepis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.