Claude Shannon

Claude Elwood Shannon (30 April 1916 – 24 Februarie 2001) was ’n Amerikaanse wiskundige, elektroniese ingenieur en kriptograaf en staan bekend as die “vader van die inligtingsteorie”.

Claude Shannon
Claude Shannon
Geboortenaam Claude Elwood Shannon
Gebore 30 April 1916
Petoskey, Michigan, VSA
Oorlede 24 Februarie 2001 (op 84)
Medford, Massachusetts, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Vakgebied Wiskunde en Elektriese Ingenieurswese
Instelling(s) Bell Laboratories
MIT
Instituut vir Gevorderde Studie
Alma mater Universiteit van Michigan
MIT
Doktorale promotor(s) Frank Lauren Hitchcock
Doktorale student(e) Danny Hillis, Ivan Sutherland, Bert Sutherland, Heinrich Arnold Ernst
Bekend vir
Toekennings IEEE Eremedalje (1966)
Nasionale Wetenskapmedalje (1966)
Harvey-prys (1972)
Claude E. Shannon-toekenning (1972)
John Fritz-medalje (1983)
Kyoto-prys (1985)

Shannon is bekend vir sy formulering van die inligtingsteorie wat hy in ’n baanbrekende artikel in 1948 gepubliseer het. Ook aan hom toegedig is die vestiging van die digitale rekenaar en die digitalestroombaanontwerpteorie wat hy in 1937 as 21-jarige meestersgraadstudent aan die Massachusetts Institute of Technology waar hy in sy proefskrif bewys het dat elektriese toestelle van boolse algebra enige logiese, numeriese verhouding om bou en oplos. Shannon het ook bydraes gemaak tot die veld van kriptoanalise wat deur die geallieerde magte gedurende die Tweede Wêreldoorlog gebruik is, insluitend sy basiese werk oor kodebreking en beveiligde telekommunikasie.

Biografie

Shannon is in Petoskey, Michigan gebore. Sy vader, Claude Sr. (1862–1934) is ’n afstammeling van die vroeë setlaars in New Jersey, was ’n sakeman en vir ’n wyle ’n boedelverdelingsregter. Shannon se moeder, Mabel Wolf Shannon (1890–1945) was ’n taalonderwyseres en vir ’n aantal jaar skoolhoof van die Gaylord Hoërskool. Die grootste gedeelte van die eerste sestien jaar van sy lewe is in Gaylord, Michigan deurgebring waar hy skool bygewoon het en in 1932 daar ook skool klaargemaak het. Shannon het ’n voorliefde vir meganiese en elektriese dinge begin toon. Sy beste vakke was wetenskap en wiskunde. By die huis het hy toestelle soos modelvliegtuie, ’n radiobeheerde modelboot en koordlose telegraafstelsel waarmee hy met ’n vriend ’n halfmyl weg gekorrespondeer het, gebou. In sy grootwordjare het hy gewerk as boodskapper vir die Western Union-maatskappy.

As kind was Shannon se held Thomas Edison en hy het later in sy lewe uitgevind dat hulle verlangs verwant is. Albei was nakomelinge van John Ogden (1609–1682), ’n koloniale leier en voorvader van talle vooraanstaande mense.

Shannon was apolities en ’n ateïs.

Verwysings

Tags:

1916200124 Februarie30 AprilInligtingsteorie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SteenkoolFacebookIndonesiëSigaretSamsung GroepGriepVerenigde State van AmerikaRenteRooibokHematurieBipolêre gemoedsteuringWes-KaapMenseregteSesnasies-toernooiHerpes simplexDoopEkologieEjakulasieBaardskeerder-spinnekopBynierAfkappingstekenVolksrepubliek ChinaAarde se atmosfeerBiljoenMenseregtedagLys van Afrikaanse televisiereekseNatuurbewaringRenier van RooyenSpysverteringstelselNatuurlike satelliete van kleinplaneteFinlandPaulus van TarsusLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameMuishondUnited Democratic FrontBybelLys van ingelyfde NG gemeentesAfkortingSterrestelselNoord-KaapIdioomOnderwys (geskiedenis)Carles PuigdemontBelgiëWeeluisDemi Lee MooreKadmiumRam (sterreteken)Europese Suidelike SterrewagVolhoubaarheidBosluisSiberiëAgter Elke ManAsmaKlitorisGemengde ekonomieGuillain-Barré-sindroomInhoudInfeksieSuider-AfrikaLikkewaanFrankrykPG du PlessisJada FireWerwelkolomKappie (skryfteken)SuurstofWashington, D.C.BasisinkomsteLys van chemiese elemente volgens atoomgetal🡆 More