Clarkson

Clarkson is ‘n voormalige sendingstasie van die Morawiese Sendinggenootskap in die Tsitsikamma (streek).

Dit is in 1839 deur biskop H.P. Hallbeck met vyf kleurlinggesinne van Enon en ‘n Fingo-hoofman met sy gevolg van kleinboere begin. William Wilberforce het 200 pond van sy vriend Thomas Clarkson ontvang vir gebruik op die nuwe sendingstasie. Clarkson was ‘n groot yweraar vir die afskaffing van slawerny. Eerw. Halter van Enon het die stasie uitgelê met Kerkstraat as die enigste straat met die bruinmense aan die een kant en die Fingo’s aan die ander kant van die straat. Desember 1840 is die eerste kerkgebou ingewy.

Clarkson
Nedersetting
Clarkson is in Oos-Kaap
Clarkson
Clarkson
Clarkson Clarkson se ligging in Oos-Kaap
Koördinate: 34°00′36″S 24°20′28″O / 34.01000°S 24.34111°O / -34.01000; 24.34111 24°20′28″O / 34.01000°S 24.34111°O / -34.01000; 24.34111
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieOos-Kaap
DistrikSarah Baartman
MunisipaliteitKou-Kamma
Oppervlak
 • Totaal2,27 km2 (0,88 vk. myl)
Bevolking
 (2011)
 • Totaal1 824
 • Digtheid804/km2 (2 080/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense0.2%
 • Indiërs/Asiërs0.1%
 • Bruin mense58.4%
 • Swart mense40.3%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Afrikaans 63.3%
 • Xhosa 33.3%
 • Suid-Sotho 1.4%
 • Engels 1.2%
 • Ander 0.9%
Poskode (strate)
6302
Skakelkode042

Eerw. Küster was van 1839 tot 1859 in beheer. Eerw. Zimmermann was met sy 25 jaar die langste op Clarkson werksaam. Die sendelinge het aanvanklik ook as onderwysers op die stasie gewerk en het hul dienste dikwels ook aan die omgewing se boere aangebied. So is boere se kinders deur hulle gedoop en is mediese hulp verleen. Goeie koringoeste, inheemse hout en die gebruik van die watermeul deur die blanke boere van die omtrek het geld opgelewer sodat in 1864 ‘n skool gebou kon word. Tydens beide wêreldoorloë is die Duitse leiers van die sendingstasie geïnterneer. Veral na die Tweede Wêreldoorlog het probleme met swak kerkbywoning, veediefstal, drankmisbruik en dranksmokkelary toegeneem. In 1970 het die Morawiërs hulle onttrek aan die beheer van die dorpie en in 1996 is die eiendomsreg aan die gemeenskap oorgedra.

In 1976 moes die Fingo’s volgens die Groepsgebiedewet na die Ciskei verhuis, maar het in 1994 weer na Clarkson en omliggende plase teruggekeer. Woonbuurte is in die dorpie vir hulle uitgelê. Weens beperkte werkgeleenthede is die werkloosheidsyfer hoog en die misdaad op ‘n onaanvaarbare hoë peil.

Sien ook

Verwysings

Bibliografie

  • Serfontein, Jozua: Tsitsikamma- stories oor sy mense en dié kontrei. Observatory: Lotsha Publications, 2006. ISBN 1-920133-05-4

Tags:

Afskaffing van slawernyMorawiese kerkTsitsikamma (streek)William Wilberforce

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

JapanKonsentrasiekampBergVervoerBoereEuropaKapitalismeAnneli van RooyenHartHolocaustKoringAustraliëLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaProvinsies van Suid-AfrikaVarkgriepHuisvliegSelfoonBestuiwingAntjie KrogLys van Kaapstad se voorstedeWes-IndiëMaagNieu-SeelandHoofkarakterLys van nedersettings in Suid-Afrika7de LaanAngolese BurgeroorlogLys van Afrikaanse skrywersDesmond TutuTermietLeenwoordMeningsverskil oor aardverwarmingLimpopo (rivier)Sosiale mediaSinkWerkersdagVersamelnaamHomofoonBesoedelingArmoedeverligtingKoos BekkerVerantwoordelikheidEngelsGeweldSlawernyDaggaVaginale kankerYsterSowjetunieWoordeboek van die Afrikaanse TaalTuisbladLongHormoonsiekteTsoenamiSelfmoordMaselsNarsismeByKopiereg16 AprilCyril RamaphosaBateKolonoskopieAuschwitz-konsentrasiekampKonsonantOmgewingsgesondheidEsias BoschSwartrenosterMantisLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)DroogteSkarlakenkoorsKaapstadse waterkrisis 2015-2018Plae van EgipteRookgewoonteKitaarAngolese Oorlog vir Onafhanklikheid🡆 More