Citlaltépetl

Citlaltépetl (Nahuatl: Cītlaltepētl, Spaans: Pico de Orizaba) is 'n berg in Noord-Amerika wat op die grens tussen die twee Meksikaanse deelstate Puebla en Veracruz geleë is.

Met 'n hoogte van 5 636 meter is dit die derde hoogste berg van Noord-Amerika ná die Mount McKinley en die Mount Logan, die hoogste vulkaan van Noord-Amerika en die hoogste berg van Meksiko.

Citlaltépetl of Pico de Orizaba
Citlaltépetl
Ligging Meksiko
Hoogte 5 636 meter bo seevlak
Reeks Sierra Volcánica
Koördinate 19°01′45″N 97°16′09″W / 19.02917°N 97.26917°W / 19.02917; -97.26917 97°16′09″W / 19.02917°N 97.26917°W / 19.02917; -97.26917
Bergtipe Stratovulkaan
Laaste uitbarsting 1846
Eerste bestyging 10 Mei 1848
Eerste bestyger(s) F. Maynard en G. Reynolds
Vertaling van naam Berg van die ster (Nahuatl)
Ligging van Citlaltépetl of Pico de Orizaba op 'n kaart (Meksiko)
Citlaltépetl of Pico de Orizaba
Citlaltépetl of Pico de Orizaba
Citlaltépetl
Satellietbeeld van die Citlaltépetl.

Die Citlaltépetl is halfpad tussen Puebla de Zaragoza in die weste en Veracruz, Veracruz in die ooste geleë. Dit is die tweede hoogste alleenstaande berg ter wêreld ná die Kilimandjaro. Sy sneeubedekte spits is op helde dae vanaf die Golf van Meksiko sigbaar. Die naam van die berg beteken in die Asteekse taal Nahuatl "berg van die ster" en is 'n kombinasie van die twee woorde citlal(in) ("ster") en tepētl [ˈtepeːt͡ɬ] ("berg").

Eksterne skakels

  • Wiki AfrikaansCitlaltépetl  Wiki Commons het meer media in die kategorie Citlaltépetl.
  • (en) "Volcano Pico de Orizaba". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 Junie 2017.
  • (en) Citlaltépetl in die Global Volcanism Program van die Smithsonian Institution
  • (en) Citlaltépetl op peakbagger.com

Tags:

Deelstate van MeksikoMeksikoMount LoganMount McKinleyNahuatlNoord-AmerikaSpaansVeracruzVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WhatsAppSkynprivaatnetwerkAnale seksNierMoedersdagSteenkoolUniegebouBeaufortskaalVerkragtingMaselsDiskriminasieKerngeneeskundeTekstielMahatma GandhiTopsy SmithCorioliskragBybelKommaSlag van BloedrivierHandelsmerkIronieHandré PollardMaagBruin menseSonnestelselFotosinteseGrondsoorteJakobPlantBrongitisAkademiaSarel Jacob PretoriusSwangerskapMisdaadLübeckMenseregtePersoon (taalkunde)SpysverteringstelselBurgerregteWikiquoteDie GelofteRobert SobukweRacheltjie de BeerMantisGeslagsgelykheidMigrasie van voëlsLys van politieke partye in Suid-AfrikaSiekteLys van Afrikaanse rolprenteInligtingBewussynNiersteenHipoteseAndrew DavisGasSuurstofSean CombsRoofdierAnneli van RooyenEk is 'n Afrikaan (toespraak)TegnologieHeelgetalJodeFabelBronsDramaOrtopedieArend23 AprilKultuurVersoeningsdagBeeldspraakRymLoodMuishondWaterpokkiesSuurreën🡆 More