Enkelbandslangarend

Die Enkelbandslangarend (Circaetus cinerascens) is 'n Afrika arend met 'n grysbruin veredos, kort stert en 'n groot kop.

Enkelbandslangarend
Enkelbandslangarend
Enkelbandslangarend
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Circaetinae
Genus:
Circaetus
Spesie:
C. cinerascens
Binomiale naam
Circaetus cinerascens

Identifikasie

Jongelinge het 'n ligter en bruiner rugkant as volwassenes, met witgepunte vere. Die kop, nek en bors is donker geband. Die onderkant is wit en hoofsaaklik oor die buik- en dyvere ligbruin geband. Jongelinge kan oorheersend donker-grysbruin wees, sonder enige bande oor die onderkant. Die , washuid en (ongeveerde) bene is geel.

Habitat

Die arend bewoon bos en woudrande hoofsaaklik langs riviere, maar hulle vermy digte bosse.

Gedrag en roep

Die arend maak hoofsaaklik jag op slange, maar ook ander klein gewerweldes, en val prooi vanuit 'n sitplek aan. Hulle tuimel neer vanuit die sitplek na 'n stam, blare of die grond. Hulle is alleenlopende en baie geheimsinnige voëls. As gevolg van hul sittende leefstyl, word hulle dikwels slegs bespeur weens hul geroep.

Die Enkelbandslangarend styg soms hoog op in lugstrome, terwyl dit hard uitroep bo die valleie. Hulle uiter 'n harde, hoëtoon "kok-kok-kok-kok-kok".

Geografiese verspreiding

Hulle word in Afrika aangetref in die noordelike trope van Senegal en Gambië, oos tot in Ethiopië en dan suidwaarts na die suide van Angola en Zimbabwe, maar is afwesig in die westelike laagliggende ekwatoriale woude.

Dit is 'n seldsame voël en dikwels moeilik om waar te neem. Sy verspreiding is oneweredig en die spesie is kwesbaar weens die verlies aan sy rivierhabitat. Dit leef hoofsaaklik van reptiele en amfibieë wat dit vang, hetsy op die grond of in bome.

Voortplanting

Die slangarend bou elke jaar 'n nuwe, klein stoknes onder rankplante en blare, goed versteek binne die plantegroei. Die wyfie lê net een eier en die broeityd duur tussen 35 tot 55 dae, hoofsaaklik deur die wyfie. Die kuiken groei vinnig tot 'n jong arend en vlieg uit die nes weg ná 10 tot 15 weke.

Ander name

  • Engels: Western banded snake eagle

Sien ook

Tags:

Enkelbandslangarend IdentifikasieEnkelbandslangarend HabitatEnkelbandslangarend Gedrag en roepEnkelbandslangarend Geografiese verspreidingEnkelbandslangarend VoortplantingEnkelbandslangarend Ander nameEnkelbandslangarend Sien ookEnkelbandslangarend

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wet op Bantoe-onderwysToestand van materieWeer (meteorologie)ViëtnamoorlogKoue OorlogDoelwitLys van Nederlandse skildersMisdaadromanPornografiePersKunsmatige intelligensieNuwe TestamentOraniaLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsSuid-EuropaPikkewynBosluisbytkoorsSebraPinksterGeografie van Suid-AfrikaDricus du PlessisOranje-VrystaatEkonomie van Suid-AfrikaCarike KeuzenkampRenosterDemokratiese Republiek die KongoVerkleurmannetjieOnderhoudBorskankerLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameBreinAandagstreepReënspinnekopRumatiekPenisAardedagSpringbokAlkoholismeLys van openbare vakansiedae in Suid-Afrika2001ZoeloesOogproblemeMondDroomBywoordLeesGriekwa-AfrikaansBeroerteOu Apostoliese KerkGlasTaalfossielHoofkarakterKappie (skryfteken)JodeKangogrotteImpakte van toerismeVersoeningsdagGeboorteProteïenLys van bekende Suid-AfrikanersGawes van die Heilige GeesVerenigde State van AmerikaSoogdierIdioomPaddaDemi Lee MooreSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Reg tot ‘n gesonde omgewingMolekuulRassisme in AfrikaEmfiseemLeeuLeestekenEiffeltoringVarkgriepKonjunktivitisEugenetika🡆 More