Geelpenssuikerbekkie

Die geelpenssuikerbekkie (Cinnyris venustus) is 'n algemene standvoël in boomveld, woudrande, plantasies en tuine.

Die voël is 11 cm groot en weeg 6 - 10 gram. In Engels staan die voël bekend as die Variable sunbird of yellow-bellied sunbird.

Geelpenssuikerbekkie
Geelpenssuikerbekkie
Geelpenssuikerbekkie in die Manyarameer Nasionale Park.
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. venustus
Binomiale naam
Cinnyris venustus
(Shaw, 1799)

Identifikasie

Die geelpenssuikerbekkie is 'n redelik algemene standhoudende broeier in ekwatoriale Afrika. Twee eiers word in 'n hangende nes in 'n boom gelê. Hierdie spesie word in oop bosveld en gewasverbouing aangetref.

Geelpenssuikerbekkies is klein, slegs 10 cm lank. Hulle het medium-lengte dun afgeboë snawels en buisvormige tonge met 'n borselpunt, albei aanpassings vir hul nektarvoeding.

Die volwasse mannetjie het 'n blinkgroen kop, keel en nek, en 'n maroen borsband. By die meeste subspesies is die pens van die mannetjie geel, maar by 'n paar is dit oranje of wit. Die wyfie het 'n grysbruin rugkant en gelerige borskant, en 'n duidelike ligte supercilium. Die niebroeiende mannetjie lyk soos die wyfie, maar vertoon 'n bietjie groen, veral op die keel. Die roep is 'n duidelike tew-tew-tew-tew-tew.

Galery

Sien ook

Bron

Tags:

Geelpenssuikerbekkie IdentifikasieGeelpenssuikerbekkie GaleryGeelpenssuikerbekkie Sien ookGeelpenssuikerbekkie BronGeelpenssuikerbekkie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkwoordApostoliese GeloofsbelydenisMeettegniekBreinkaartProteïenStikstofAppel (sanger)23 AprilWitrenosterInsekThabo MbekiVolstruisSelfieCheslin KolbePornografieSpreeuKolonisasieLys van myne in Suid-AfrikaTaalDataverwerkingSosiale ordeCleopatra VIITransatlantiese slawehandelToekoms van die AardeTaalfossielBevolkingsafnameKoolstofdioksiedSeekoeiMiteSpringbokTuberkuloseAfvalbestuurKletsrymMadison IvyToutrekInfeksieWeskusDirekte en Indirekte redeDarwinismeGeskiedenis van die Verenigde State van AmerikaLeesNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaEkostelselSpelerposisies in rugbyWes-KaapReënvalbepalingHartVlekvrye staalMikro-ekonomieEerste WêreldoorlogKlein-KarooWet op NaturellengrondSikloonJan van TonderAluminiumKorrupsieDundermMiddeloorontstekingBurgerregteGeskiedenis van Suid-AfrikaBewussynOssewaNedersettingBateBoer Soek 'n VrouJacques LootsAardbewingOrgasmeGeldLys van Suid-Afrikaanse musikante🡆 More