Kleinrooibandsuikerbekkie

Die kleinrooibandsuikerbekkie (Cinnyris chalybeus) is 'n redelik mak, algemene en byna endemiese standvoël of rondswerwer in Suid-Afrika.

Hulle word in uiteenlopende natuurlike tot stedelike habitatte aangetref, en kan buite die broeityd hoogs nomadies wees in hul soeke na nektarbronne. Die spesie word nie bedreig nie, en toon aanpassings by ondermeer bloekomplantasies, waar hul getalle gedy.

Kleinrooibandsuikerbekkie
Kleinrooibandsuikerbekkie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. chalybeus
Binomiale naam
Cinnyris chalybeus
(Linnaeus, 1766)
Kleinrooibandsuikerbekkie
verspreiding
     standvoël     laer digtheid of sporadies aanwesig

Identifikasie

Kleinrooibandsuikerbekkie 
'n Jongvoël by wildedaggablomme te Rondevlei-natuurreservaat, Kaapstad

Die volwassenes is 11 tot 12 cm lank. Hulle is helder glansgroen oor die kop-, nek-, mantel- en kleiner vlerkdekvere. 'n Blou borsband onderstreep die groen keel, gevolg deur 'n redelik dun, helder glansrooi borsband. Die res van die onderkant is grysbruin met 'n swartbruin stert, slag- en hoofdekvere. Hul oë is bruin en die snawel en pote swart. Die wyfies het uitsluitlik somber kleure – 'n grysbruin rugkant teenoor grysgeel aan die onderkant. Hierdie spesie is kleiner as die grootrooibandsuikerbekkie wat 'n dikker en langer snawel het, asook 'n breër rooi borsband.

Gewoontes

Hulle voed op nektar maar vreet ook insekte en hul larwes. Onder die plantgenera waarvan die blomme hulle lok is Cunonia, Leonotis, Salvia, Lycium, Erica en Aloe. Hulle is veral nomadies in die weste en droër gebiede. Hul vlug is vinnig en dartelend. In die winterreënvalgebied strek hul broeityd van Julie tot November, en in die somerreënvalgebied van Augustus tot Desember. Die meitjie-koekoek is 'n aangetekende nesparasiet.

Habitat

Enige boomryke gebiede in die winterreënvalstreek, kreupelbos in die Karoo en kusstrook, benewens fynbos, immergroen bos en woudrande. Biome waarin hulle mees algemeen aangeteken word is fynbos, afromontane woud, vetplantkaroo en die Oos-Kaapse valleibosveld. In die Karoo oorvleuel hul habitat met dié van die Namakwa-, en in die suide, middellande en platorand met die grootrooibandsuikerbekkie, maar verskillende mikrohabitatte word benut.

Verspreiding

Kom voor in die weste van Suid-Afrika insluitend die kusstrook tot aan die suidkus, en noordwaarts langs die Natalse en Transvaalse Drakensberge tot in die Soutpans- en Blouberge. Vier subspesies word erken. Die nominaatsubspesie het die dunste rooi borsband, en C. c. subalaris die breedste.

Geluid

'n Skerp tjiep-tjiep roep. Ook 'n aangename deuntjie bestaande uit 'n vinnige aflewering van hoë note, waartydens die twee geel pektorale kwassies uitgeveer mag word.

Ander name

  • Afrikaans: Kleinvaalpenssuikerbekkie
  • Engels: Southern (lesser) double-collared sunbird
  • Duits: Halsbandnektarvogel

Sien ook

Verwysings

Bron

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AntisemitismeWikimedia-stigtingKinderregteTatoeëermerkSuid-Afrikaanse randKameelperdOutismeNasionale PartySuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Depressie (gemoedstoestand)GenadedoodBlaarSkoenlapperNarsistiese persoonlikheidsteuringBetonWaterkringloopVaste stofAntjie KrogChemiese verbindingEngelsTelefoonVlinderHibernasiePad na jou hartWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaElandréTasché BurgerRenosterKwaggaDieregeluideHannes van WykParkinson se siektePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaLongontstekingFluoorFranklin D. RooseveltMotorregistrasienommerplate van Suid-AfrikaHerpes simplexWaterpokkiesVerenigde State van AmerikaWikiquoteAfrikanersKarakteriseringMaagVratArmoedeJan van TonderElzette MaarschalkEugenetikaInsekKaren MeiringFopnuusHartaanvalSonDansSebraSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieGeestesgesondheidMunhwa Broadcasting CorporationVlekvrye staalNeurenberg-verhoreTradisionele literatuurEl (lengtemaat)AluminiumBraaiKasteel die Goeie HoopVleilandJames AlexanderSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994Liewe HeksieKrokodil🡆 More