Chromosoom 2

Chromosoom 2 is een van die 23 paar chromosome in mense.

Mense het gewoonlik twee kopieë daarvan. Dit is die tweede grootste menslike chromosoom: Dit bevat meer as 242 miljoen basispare (die boumateriaal van DNS) en maak amper 8% uit van die totale DNS in menslike selle.

Chromosoom 2
’n Chromosoom 2-paar in ’n man se kariogram.
Chromosoom 2
Die samesmelting van ons voorouers se chromosome het oorblyfsels van telomere agtergelaat, asook ’n onderdrukte sentromeer.

Evolusie

Al die lede van Hominidae behalwe mense, Neanderdallers en Denisova-hominiene het 24 paar chromosome. Mense het net 23 paar. Die menslike chromosoom 2 is die gevolg van ’n samesmelting van die punte van twee van ons voorouers se chromosome.

Die getuienis hiervoor sluit in:

  • Die ooreenkoms van chromosoom 2 met twee aapchromosome. Die mens se naaste verwant, die sjimpansee, se DNS-volgorde is feitlik identies aan dié van die mens se chromosoom 2, maar word in twee aparte chromosome aangetref. Dieselfde is waar by die verder verwante gorilla en orangoetang.
  • Die teenwoordigheid van ’n onderdrukte sentromeer. ’n Chromosoom het gewoonlik net een sentromeer, maar in chromosoom 2 is daar oorblyfsels van ’n tweede sentromeer in die q21.3–q22.1-streek.
  • Die teenwoordigheid van onderdrukte telomere. Hulle word gewoonlik net aan die eindpunte van ’n chromosoom aangetref, maar in chromosoom 2 is daar bykomende telomere in die q13-band, ver van een van die chromosome se eindpunte.

Volgens die navorser J.W. IJdo kan afgelei word chromosoom 2 is die oorblyfsel van ’n antieke samesmelting tussen telomere en dui dit die punt aan toe twee vooroueraap-chromosome saamgesmelt en die menslike chromosoom 2 gevorm het.

Verskeie siektes, soos outisme en pulmonêre hipertensie, word met gene op chromosoom 2 verbind.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BasispaarChromosoomDNSMensSel (biologie)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VerfSteve HofmeyrSkilpadKrokodilBreinSias ReineckeWet op NaturellengrondGianna MichaelsOnderwerp (taalkunde)AardedagDemokrasiePaarl GimnasiumToestand van materieLys van veltoestandeSuikersiektePikkewynAarverkalkingLourensrivierVoegwoordPapierAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidPlae van EgipteSpinnekop7de LaanNeologismeWayback MachineBeroerteKoggelmanderFopnuusBloeddrukLys van Suider-Afrikaanse varswater visfamiliesSuid-Afrikaanse GrensoorlogEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaFosforTweede VryheidsoorlogAprilCSSDoelwitSpringbokkeGrondwet van Suid-AfrikaKoolstofdioksiedBeeldspraakHamburgerGlasMartin Luther King jr.RooikatVulkanismeSendelingposisieStres in hoërskoolSelfoonBloedvergiftigingSigaretNasionale VrouemonumentNag van die lang messeBTWMarkenWindTweede WêreldoorlogVerkoueTaalNasionale PartyCarles PuigdemontLys van landePoesGroot DepressieProsaBysteekMenslike penisgrootteKhoikhoiHelga UysCheslin KolbeCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaEekhoringLionel PetersonLandbouTrevor NoahPlastiekNkosi Sikelel' iAfrika🡆 More