Christian Bale: Britse akteur

Christian Charles Philip Bale (* 30 Januarie 1974–) is ’n Britse akteur.

Hy het al in groot rolprente gespeel en in kleiner produksies van onafhanklike vervaardigers en kunsateljees.

Christian Bale
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Christian Bale in 2014 op die Berlynse Rolprentfees.

Geboortenaam Christian Charles Philip Bale
Geboorte 30 Januarie 1974 (1974-01-30) (50 jaar oud)
Haverfordwest, Pembrokeshire, Wallis, Brittanje
Nasionaliteit Brits
Beroep(e) Akteur
Aktiewe jare 1982–tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Hy het op 13 aandag getrek in Steven Spielberg se Empire of the Sun (1987). Hy het die rol vertolk van ’n Engelse seun wat tydens die Tweede Wêreldoorlog van sy ouers geskei raak en verdwaal, en hom eindelik bevind in ’n Japannese konsentrasiekamp. In 2000 het hy lof gekry vir sy uitbeelding van die reeksmoordenaar Patrick Bateman in American Psycho. Hy gaan tot uiterstes om vir ’n rol voor te berei; dit was veral die geval met die sielkundige riller The Machinist (2004), waarvoor hy 28,5 kg verloor het om die rol van Trevor Reznik te vertolk.

Bale het internasionaal meer bekend geraak vir rol as Bruce Wayne/Batman in Batman Begins (2005), The Dark Knight (2008) en The Dark Knight Rises (2012). Vir sy spel in The Fighter (2010) het hy ook groot lof gekry asook verskeie pryse, onder meer ’n Oscar vir beste manlike byspeler. Nog noemenswaardige rolle was in American Hustle en The Big Short.

Vroeë lewe

Bale is in Haverfordwest in Pembrokeshire, Wallis gebore as die seun van David Bale, ’n entrepreneur, vlieënier en talentbestuurder, en Jenny (geb. James), wat in ’n sirkus opgetree het Hy het drie susters.

Bale se ma is Engels en sy pa ’n gebore Suid-Afrikaner. Hy het al gesê: "Ek is in Wallis gebore, maar ek is nie Wallies nie – ek is Engels." Hy het in Wallis, Surrey en Dorset in Engeland, en in Portugal grootgeword.

Sy ouers is in 1991 geskei. Sy ma en susters het in Engeland agtergebly terwyl hy en sy pa na Los Angeles, Kalifornië, verhuis het toe hy 17 jaar oud was. Sy eerste toneelspelondervinding was in 1982 in ’n advertensie vir ’n wasgoedversagmiddel. In 1984 het hy sy verhoogdebuut gemaak in The Nerd in die West End in Londen.

Loopbaan

Christian Bale: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
'n 14-jarige Bale in Stockholm, Swede, terwyl hy in Februarie 1988 voorbrand vir die prent Empire of the Sun gemaak het.

Bale het sy rolprentdebuut in 1986 gemaak as die tsarewitsj Aleksei Nikolajewitsj van Rusland in die TV-prent Anastasia: The Mystery of Anna. Daarna het hoofrolle gevolg in die minireeks Heart of the Country en die fantasieprent Mio in the Land of Faraway.

Vir sy spel in Empire of the Sun (1987) is hy deur die Amerikaanse National Board of Review of Motion Pictures benoem as beste jong akteur – dit was die eerste keer dat die prys toegeken is. Hy het nie gehou van die bohaai wat die publiek en sy skoolmaats daaroor gemaak het nie en het oorweeg om op te hou toneelspeel, totdat Kenneth Branagh hom oorreed het om in 1989 in Henry V te speel. In 1990 het hy saam met Charlton Heston verskyn in Treasure Island. Hierna het rolle gevolg in Newsies, Swing Kids, Little Women en Velvet Goldmine.

In 1999 het Bale die rol van die reeksmoordenaar Patrick Bateman in American Psycho, ’n rolprentweergawe van die omstrede boek met dieselfde naam, vertolk. Hy het tot uiterstes gegaan om die voorkoms te kry wat in die boek beskryf word. Hy het hom ook eenkant gehou om die donker kant van Bateman se persoonlikheid baas te raak. American Psycho het groot reaksie uitgelok, sommige daarvan negatief. Die resensent en rolprenthistorikus Roger Ebert het dit selfs pornografie genoem. Hy het dit egter ’n positiewe resensie gegee en Bale geprys vir sy spel.

Sy eerste rol daarna was Captain Corelli's Mandolin. In 2000 het hy weer ’n moordenaar gespeel, dié keer in Shaft. Bale het in 2002 sy eerste aksierol gekry in die post-apokaliptiese aksiefantasieprent Reign of Fire. Hy het daarin saam met Matthew McConaughey gespeel.

Ná ’n blaaskans van ’n jaar het hy in 2004 in die sielkundige riller The Machinist gespeel. Hy het weer tot uiterstes gegaan om hom vir sy rol voor te berei om Reznik se uitgeteerde voorkoms te kry. Hy het in binne ’n paar maande 27 kg verloor. Aan die einde van die verfilming het Bale net 55 kg geweeg.

In 2004 het Bale die hoofrol van Batman en sy alter ego, Bruce Wayne, gekry in Batman Begins. Dit was net nadat hy maer geword het vir sy rol in The Machinist en hy moes weer spiere oefen om soos Batman te lyk. Hy het ses maande gekry om dit te doen. Hy het die spertyd gehaal en binne dié tyd 45 kg gewig aangesit. Batman Begins is op 15 Junie 2005 uitgereik en was ’n internasionale sukses. Hy het die rol weer in The Dark Knight vertolk. Die prent, wat in 2008 uitgereik is, was ’n treffer en het ’n nuwe rekord opgestel deur in sy eerste naweek in Amerika $158,4 miljoen te laat inrol. Dit het binne 10 dae $300 miljoen oorskry, binne 18 dae $400 miljoen en binne 43 dae $500 miljoen – drie nuwe Amerikaanse rekords. Dit het wêreldwyd meer as $1 miljard gemaak.

In 2012 het hy weer eens die rol van Batman vertolk in The Dark Knight Rises. Dié opvolg het weer meer as $1 miljard gemaak.

Christian Bale: Vroeë lewe, Loopbaan, Persoonlike lewe 
Bale in 2008.

Batman Begins het Bale weer in onafhanklike rolprente begin optree. Hy het een van die twee hoffrolle vertolk in die misdaaddrama Harsh Times, saam met Freddy Rodriguez en Eva Longoria. In The New World het hy saam met Colin Farrell en Q'Orianka Kilcher gespeel. Hy as ’n sekondêre karakter wat net in die laaste derde van die prent sy verskyning gemaak het. Die prent was ’n mislukking in Amerika en dit het ook nie internasionaal ’n wins gemaak nie.

In 2006 het Bale vier projekte aangepak, onder meer The Prestige saam met Hugh Jackman, Scarlett Johansson, Piper Perabo en David Bowie en I'm Not There saam met Heath Ledger.

In 2010 het hy saam met Mark Wahlberg in die drama The Fighter gespeel. Hy het 14 kg vir die rol van Dicky Eklund verloor en het die Golden Globe vir beste manlike byspeler in ’n rolprent, die Oscar vir beste manlike byspeler en nog 30 pryse vir sy spel gewen.

In Desember 2010 is aangekondig Bale sou in die historiese drama The Flowers of War speel, met Zhang Yimou as regisseur. Tydens die verfilming in Januarie 2011 het Bale en ’n span van CNN probeer om Chen Guangcheng, ’n blinde aktivis onder nie-amptelike huisarres weens sy kritiek teen China se eenkindbeleid, te besoek. Terwyl die kameraspan dit afgeneem het, is hy deur tientalle Chinese veiligheidsbeamptes, wat hom nie herken het nie, geslaan, gestamp en toegang tot Guangcheng geweier. Bale het later gesê hy wou "die man ontmoet, met hom bladskud en vertel watter inspirasie hy is". Op videomateriaal kan ook gesien word hoe Bale en die CNN-span met klippe gegooi word en hoe ’n bussie 40 minute lank agter hul motor aanjaag.

In 2013 het hy Russell Baze gespeel in die riller Out of the Furnace, en ook verskyn in American Hustle. Vir laasgenoemde prent het hy 20 kg aangesit, sy kop kaal geskeer en ’n houding ontwikkel wat hom 3 cm korter laat vertoon het – wat tot rugprobleme gelei het. Robert de Niro, wat ’n kameerol in die prent gehad het, het hom na berig word nie herken toe hy aan hom voorgestel word nie.

Bale was Moses in Ridley Scott se Bybelse epos Exodus: Gods and Kings, wat op 12 Desember 2014 uitgereik is. Sy laaste prent (tot in Januarie 2016) was The Promise (2016).

Persoonlike lewe

Bale is op 29 Januarie 2000 met Sandra "Sibi" Blažić, ’n Serwies-Amerikaanse voormalige model en grimeerkunstenaar, getroud. Hulle het twee kinders, Emmaline (geb. 2005) en Joseph (geb. 2014).

Bale woon sedert 1992 in Los Angeles. Nes sy pa steun hy omgewingsgroepe soos Greenpeace en die Wêreldnatuurlewefonds. Hy is saam met sy vrou op die beheerliggaam van die Dian Fossey-gorillafonds.

Filmografie

  • Mio in the Land of Faraway (1987)
  • Empire of the Sun (1987)
  • Treasure Island (1990)
  • Newsies (1992)
  • Swing Kids (1993)
  • Little Women (1994)
  • Pocahontas (1995)
  • Metroland (1997)
  • All the Little Animals (1998)
  • Velvet Goldmine (1998)
  • A Midsummer Night's Dream (1999)
  • American Psycho (2000)

  • Shaft (2000)
  • Laurel Canyon (2002)
  • Reign of Fire (2002)
  • Equilibrium (2002)
  • The Machinist (2004)
  • Batman Begins (2005)
  • Harsh Times (2005)
  • The New World (2005)
  • The Prestige (2006)
  • Rescue Dawn (2006)
  • 3:10 to Yuma (2007)
  • The Dark Knight (2008)

  • Terminator Salvation (2009)
  • Public Enemies (2009)
  • The Fighter (2010)
  • The Flowers of War (2011)
  • The Dark Knight Rises (2012)
  • Out of the Furnace (2013)
  • American Hustle (2013)
  • Exodus: Gods and Kings (2014)
  • Knight of Cups (2015)
  • The Big Short (2015)
  • The Promise (2016)

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Christian Bale Vroeë leweChristian Bale LoopbaanChristian Bale Persoonlike leweChristian Bale FilmografieChristian Bale VerwysingsChristian Bale Eksterne skakelsChristian Bale1974JanuarieVerenigde Koninkryk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MenstruasieSuid-Afrikaanse randFranse RewolusieTransatlantiese slawehandelNG gemeente JansenvilleOopbroninhoudGeskiedenis van AfrikaansSaartjie BaartmanTrekarbeidWeeluisKlimaatsverandering in AfrikaAborsieHelpmekaar-kollegeGroepsgebiedewetTrigeminale neuralgieWolfKindersiektesKartografieAalwynBreingewasTienerReg tot ‘n gesonde omgewingMasturbasieViëtnamoorlogWaterkringloopYstertydperkChemiese reaksieEienaamBosluisBeaufortskaalLionel MessiWaterbesoedelingVoorvoegselNoordwesLangste woordMadison IvyStikstofYslandKaapstadse waterkrisis 2015-2018Lys van Suid-Afrikaanse musikanteKinderregteDuitsAfrikaanse woordelys en spelreëlsWes-KaapBorskankerGroot Muur van ChinaFacebookAarverkalkingChemiese verbindingHomoniemWebwerfKindermishandelingDigvormMusiekBiologieArmoedeverligtingOrgasmeWaterNoord-KaapKankerTegnologieClanwilliam-sandvisRonelda KamferInsekAnrich HerbstLys van visseBybelCorioliskragPropagandaBewussynOutismeLabia (geslagsdele)RassismeLimpopo (rivier)Faf de KlerkYsterPinksterOorstroming🡆 More