Christchurch-Aanval Van 2019: 2019 terroris-aanval in Nieu-Seeland

Die Christchurch-aanval van 2019 het by die Al Noor-moskee en die Linwood Islamitiese sentrum in Christchurch, Nieu-Seeland plaasgevind.

Die aanval het om 13:40 op 15 Maart 2019 NZDT (00:40 UTC) tydens die gebruiklike Vrydaggebed begin. 51 mense is in die skietaanval dood. Die polisie het twee motorbomme opgespoor en onskadelik gestel.

Christchurch-Aanval Van 2019: 2019 terroris-aanval in Nieu-Seeland
Al Noor-moskee

Die voorval is die eerste massaskietvoorval in Nieu-Seeland sedert die Raurimu-slagting van 1997 en is deur die Nieu-Seelandse premier Jacinda Ardern, Australiese premier Scott Morrison en VK-premier Theresa May as 'n terroriste-aanval bestempel. Die aanvaller het as 'n eensame wolf-terroris opgetree.

Brenton Tarrant, 'n 28-jarige Australiese man, wat in mediaberigte as 'n aanhanger van wit meerderwaardigheid beskryf word, is gearresteer en is aanvanklik van een moord aangekla. Tarrant is later aangekla van 51 moorde, 40 gevalle van poging tot moord en die pleeg van 'n terroriste-daad. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte, met die verhoor wat na verwagting in Junie 2020 sal begin.

Die aanvalle is gekoppel aan 'n toename in wit meerderwaardigheid en die regse ekstremisme wêreldwyd wat sedert ongeveer 2015 waargeneem is. Politici en wêreldleiers het die aanvalle veroordeel, en eerste minister Jacinda Ardern het dit beskryf as 'een van Nieu-Seeland se donkerste dae'. Die regering het 'n koninklike kommissie van ondersoek ingestel na die veiligheidsagentskappe ná die aanvalle, wat die dodelikste massaskietery in die moderne geskiedenis van Nieu-Seeland was.

Verwysings

172°36′42″O / 43.5329°S 172.6118°O / -43.5329; 172.6118

Tags:

2019ChristchurchMoskeeNieu-SeelandVrydaggebed

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MiljardDagroofvoëlsJudaïsmeUnited Democratic FrontWynsteenEkostelselKlimaatOlimpiese godeSwartbewussynsbewegingJodeEAlfabetWashington, D.C.AalwynBelgiëHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalOrtopedieGoeie VrydagKwaZulu-NatalNierversakingOrale seksDuitse perdebyMuishondWikipediaWikisourceKomeetIndustriële RevolusiePsigopatieMorfologie (taalkunde)A.J. ApplegateKopieregSpelerposisies in rugbyNederlandBrongitisKolorektale kankerAfghanistanKarpaletonnelsindroomPiet ByleveldJerusalemKoos BekkerKasterolieEmfiseemVoornaamwoordMenslike skeletJan van RiebeeckSlaapapneeMaanLugbesoedelingEoraptorLTweebuffelsmeteenslagmorsdoodgeskietfonteinSkilpadRefentse MorakeDansAntjie KrogBorsklierMeervoudPoësieLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Vlag van LibanonSuiwelprodukBrandmondsindroomVarkgriepOrkaan GustavTaalGeelsugNagapieEierleierVleesbaaiVyfster26 MaartBiljoen🡆 More