Chrétien De Troyes

Chrétien de Troyes (omtrent 1135-1190) was die belangrikste Middeleeuse digter in Frankryk en skepper van die hoofse ridderroman (Frans: roman courtois), waarin die legendariese Koning Artus en die ridders van sy tafelronde 'n sentrale rol speel.

Hy staan hier veral bekend as die skepper van die Graal-tematiek wat tot een van die mees gewilde onderwerpe in die Middeleeuse letterkunde geword het. Volgens historiese oorlewerings is die werk in opdrag van die Vlaamse graaf Filips van die Elsas (1168-1191) geskryf.

Chrétien de Troyes
Chrétien De Troyes
Chrétien de Troyes (circa 1530)
Gebore1135
SterfTussen 1180 en 1190
NasionaliteitFrankryk
BeroepDigter en skrywer
Bekend virÉrec et Énide (ca. 1170)
Cligès ou la Fausse morte (ca. 1175)
Lancelot ou le Chevalier de la charrette (ca. 1175-1181)
Yvain ou le Chevalier au lion (ca. 1175-1181)
Perceval ou le Conte du Graal (ca. 1182-1190)
Chrétien De Troyes
'n Illustrasie uit Le Chevalier au Lion: Yvain red die leeu

As seun van 'n arm riddergesin het hy in sy jeug aan die hof van die Grawe van Vlaandere gebly. Hy het al vroeg bekendheid verwerf vir sy uitstekende digkuns, en Gravin Marie het hom uitgenooi om aan die hof van die Champagne in Troyes te bly wat toe as die literêre sentrum van Europa beskou is.

Chrétien het talle romans oor die figure uit die Artuslegende geskryf en steeds die ideale van die hoofse beskawing en opleiding en die ridderlike deugde geprys. In sy hoofse romans verskyn die getroude edelvrou naas die selfstandige en eiesinnige dame. Sy bekendste werke is "Erec en Enide" (1165) wat as die eerste Franse roman beskou word, Cligès (1165-1170), Lancelot (1170), Yvain (1175) en die onvoltooide Parsival (Perceval of Le Conte du Graal, "Die Storie van die Heilige Graal", tussen 1180/1182 en 1190). Chrétien de Troyes se romans het die hoofse lewe van sy tyd sterk beïnvloed, asook die letterkunde van Engeland en Duitsland, en begrippe soos chevalier (ridder) en tafelronde het danksy die digkuns van Chrétien algemeen bekend gestaan.

Werke

  • Érec et Énide, omtrent 1165~1170
  • Guillaume d'Angleterre (Willem van Engeland), omtrent 1175
  • Cligès, omtrent 1165~1170
  • Le Chevalier de la Charrette, Roman de Lancelot, omtrent 1170~1181
  • Le Chevalier au Lion, Roman d'Yvain, omtrent 1175~1181
  • Le Conte du Graal (Die Verhaal van die Heilige Graal) of Roman de Perceval (Roman van Parsival), onvoltooi, omtrent 1180~1190

Tags:

11351190FrankrykHeilige GraalMiddeleeueRidder

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

WerkwoordMIV/vigs in Suid-AfrikaAustraliëLys van landeTaalKonflik (proses)Oos-KaapHeuningDermpoliepDokterWaarheid-en-versoeningskommissieDuitslandGriekwa-AfrikaansNederduitsch Hervormde KerkDriedimensioneelWaterstofLieweheersbesieAnilingusOraniaMierChemiese elementPad na jou hartWerkloosheidSkerpioenSendelingposisieMahatma GandhiBreingewasDricus du PlessisSkoolMagneetSelfieBoelieryJodeSoogdierBorsSamespanningLetterlike en figuurlike taalgebruikJavaScriptNierversakingOranjerivierLewerGriepStereotipeArmoedeWêreld- Ekonomiese ForumHoofkarakterJo BlackBloeddrukLys van Suider-Afrikaanse soogdiereHeidelberg, GautengPlantKlimaatsverandering in AfrikaRassisme in AfrikaSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024DonderstormVaste stofKweekhuiseffekBruin menseEmo AdamsTrigeminale neuralgieDansChristiaan BarnardNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaRivierSpringbokLys van Griekse mitologiese figureIslamitiese Staat – Khorasan ProvinsieDoelwitPoësieCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKlinkerBek-en-klouseerSekondêre sektor van die ekonomieSteenkool in Suid-AfrikaStaal🡆 More