Chipata

Chipata, voorheen bekend as Fort Jameson, is die hoofstad van Zambië se Oostelike Provinsie.

Dit is naby die grens met Malawi en minder as 100 km noord van die grens met Mosambiek geleë. Dit lê op die Great Eastern Road, 130 km van Malawi se hoofstad, Lilongwe, en 569 km oosnoordoos van Zambië se hoofstad, Lusaka.

Chipata

(Fort Jameson)
Straat in Chipata.
Straat in Chipata.
Chipata is in Zambië
Chipata
Chipata
Koördinate: 13°39′0″S 32°38′0″O / 13.65000°S 32.63333°O / -13.65000; 32.63333 32°38′0″O / 13.65000°S 32.63333°O / -13.65000; 32.63333
LandVlag van Zambië Zambië
ProvinsieOostelike Provinsie
Hoogte
1 140 m (3 740 ft)
Bevolking
 • Totaal98 416
TydsoneUTC+2 (SAST)
Chipata
'n Saterdagmark in Chipata.

Volgens die 2009-skatting was Chipata se inwonertal 109 531, twee keer meer as volgens die sensus van 1990 (52 213). Die gemiddelde jaarlikse bevolkingstoename word op 4,15% geraam. In 1974 was die geskatte bevolking 19 000, terwyl die blanke inwonertal kort voor onafhanklikwording in 1964 450 was. Destyds was hier selfs 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, danksy 'n klein Afrikaanse gemeenskap. Die kerk het die vroeë jare sewentig doodgeloop. De eerste Afrikaanse kerkdiens in meer as 15 jaar is op 14 April 2009 hier in Kobus en Marion Breytenbach se huis gehou. Die lidmate kom sedertdien ongereeld vir 'n erediens bymekaar.

Die dorp was tot 1910, toe dit as Fort Jameson bekend gestaan het, die hoofkwartier van die administrasie van Noordoos-Rhodesië en van die North Charterland Company. Die dorp, danksy sy ligging op die landsgrens, destyds 'n belangrike handelsentrum. Vandag is dit 'n bedrywige dorp met kleurryke markte waar inwoners en besoekers enigiets van vrugte, groente tot klere en kunsvlyt kan koop. Dit is sedert 15 April 1968 die setel van een van Zambië se agt Rooms-Katolieke bisdomme, wat in 2006 uit 315 130 lidmate bestaan het, oftewel amper 23% van die totale bevolking binne die grense van die bisdom.

Chitapa het 'n groot Indiese bevolking wat talle versierde moskees op die dorp opgerig het. Dit is die poort na Malawi en talle Zambiërs reis gereeld hier oor die grens om inkopies in Lilongwe te gaan doen, slegs 'n anderhalf uur se ry van hier, en na die Luangwa-vallei met sy wildlewe. Chitapa se District Council Motel is onopgesmuk maar skoon en die plaaslike natuurbewaringsvereniging bestuur 'n kampeerterrein hier. Die enigste hotel is die Crystal Springs Hotel. Die Suid-Afrikaanse kruideniersgroep Shoprite het 'n winkel op die dorp.

Die dorp is die eindpunt van Zambië se Great East Road en geleë op 'n belangrike roete vir vragmotorbestuurders wat goedere na en van Malawi vervoer. Buiten die goeie padverbinding, het Chipata ook 'n lughawe, vanwaar Zambian Airways na Lusaka vlieg, en beskik oor sy eie gholfbaan.

Verwysings

Bron

  • Dooley, Brendan & Plewman, Nicholas, African Advernturer's Guide To Zambia, Struik Publishers (Pty) Ltd, Cape Town, 2000.

Tags:

LilongweLusakaMalawiMosambiekOostelike Provinsie (Zambië)Zambië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

MuisvoëlNierKlein-KarooDuitslandHartaanvalEreksieDiamantDundermDroogteSuid-Afrikaanse WeermagResensieOrale seksRuslandVerkoueRenosterkewerAfrikaansAfrikaanse Protestantse KerkGautengGroot DepressieSmall HandsVleilandMetafoorOliver TamboMorfeemDuitsBloedvergiftigingUnited Democratic FrontVulvaNederduitsch Hervormde KerkTrigeminale neuralgieEmma RenziRoland GarrosDwelmmiddelSekelvin-ghieliemientjieWolfYslandVulkaanDemokratiese Republiek die KongoKlein vyf diereFranse RewolusieTuisbladAlliterasieSeksposisieTrekarbeidQuebecOlifantMiltRooms-Katolieke KerkRekenaarSteenkool in Suid-AfrikaJan Willem JanssensDesmond TutuOrganismeSeksismeLuiaardJan-Willem BreureJode in Suid-AfrikaBergen-Belsen-konsentrasiekampDeelteken en umlautLys van Afrikaanse rolprentePolisieSportTsoenamiEskomAnglo-BoereoorlogJohannes KerkorrelLys van Kaapstad se voorstedeGeldVoegwoordCeresKrieketHomoseksualiteitWhatsAppEnkelvoudige sinVryheidsdagPaasfeesKompas🡆 More