Chinese Keiserryk

Die Chinese Keiserryk het tussen 221 v.C.

en 1911 bestaan. Verskeie dinastieë het in dié tyd regeer.

Chinese Keiserryk
Die vlag van die Chinese Keiserryk van 1889 tot 1911.

Geskiedenis

Voor 221 v.C. het verskeie onafhanklike vorstedomme in China bestaan. In 221 v.C. is China verenig onder die eerste keiser, Qin Shi Huangdi (wat "Eerste keiser van die Qin" beteken), en hy het die Qin-dinastie gestig. Tydens die Han-dinastie (206 v.C. - 220 n.C.) is die ryk uitgebrei tot in Korea, Viëtnam en Sentraal-Asië.

Hierna het ’n tydperk van verwarring gevolg: kortstondige dinastieë het mekaar vinnig opgevolg. Een van die stiller tye in dié periode was die Tang-dinastie (618-907). Dié dinastie was ’n bloeityd vir China. Onder die keisers van die Tang is onder meer ’n eksamenstelsel ingevoer: elkeen wat ’n amptenaar wou word, moes ’n reeks eksamens slaag. Vanaf die 9de eeu het die mag van die keiser toegeneem en het die ekonomiese sentrum na die suide geskuif.

Marco Polo het China glo omstreeks 1280 besoek toe die Mongoolse Yuan-dinastie aan die bewind was. Onder die etnies-Chinese Ming-dinastie (1368–1644) het seehandel en ontdekkingsreise toegeneem, maar in die tweede helfte van die 15de eeu is meer klem gelê op Chinese waardes en is die invloed van buite afgeweer. Later, onder die Qing-dinastie van die Mantsjoes (1644–1911), het die druk deur die Westerse wêreld weer toegeneem. In 1911 is die keiserryk eindelik tydens die Xinhai-rewolusie omvergewerp en is die Republiek van China uitgeroep.

Chinese keiserlike dinastieë

Hieronder volg ’n chronologiese lys van die keiserlike dinastieë wat oor China regeer het.

Van die Qin-dinastie af is daar amptelik sprake van ’n Chinese keiserryk.

Bronne

  • Paludan, A. (1998) – Chronicle of the Chinese Emperors: The Reign-by-Reign Record of the Rulers of Imperial China, New York: Thames and Hudson – ISBN 0-500-05090-2
  • Chinese Keiserryk  Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wiki

Tags:

1911

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Suid-Afrikaanse GrensoorlogMetamfetamienPolisieRooibokVoëlgriepNatuurlike hulpbronVrymesselaryKewerMenseregteWêreld- Ekonomiese ForumVerantwoordelikheidHemelBesemMielieJodeKoue OorlogJan CombrinkMikro-ekonomieGrondsoorteUnited Democratic FrontMetafoorDesmond TutuAppendiksLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameAngina pectorisPlantKoolstofdioksiedAdolf HitlerAprilGrootste rampe in Suid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)ViëtnamWoestynTrevor NasserMeningsverskil oor aardverwarmingJeuksiekteAlliterasieByeboerderyWater (molekuul)Woordeboek van die Afrikaanse TaalLys van Afrikaanse skrywersMisdaadKondensasieJazzKommunismeWetenskaplike klassifikasieYouTubeChemiese elementKommunikasieArmoedeverligtingDierOnse VaderKoolhidraatPeach van PletzenAnglo-BoereoorlogDoelwitBrugVarkAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidHeuningSlawerny7de LaanBelastingAkroniemNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaArmoedeJesus van NasaretAce MagashuleAfleiding (taalkunde)PenisChemiese verbindingCarles PuigdemontSamestellingGroot vyfMosesLianie MayHartNederduitse Gereformeerde KerkKhoikhoi🡆 More