Checkpoint Charlie

Checkpoint Charlie was die bekendste grenspos van die Berlynse Muur tussen die voormalige Oos- en Wes-Berlyn.

Dit was 'n beheerpunt tussen die Amerikaanse en Russiese sektor in Friedrichstraße. Plekke waar mense of voertuie deurgesoek word voordat hulle mag aanry, word soms met Checkpoint Charlie vergelyk.

Checkpoint Charlie
Checkpoint Charlie in 2004, 15 jaar na die val van de muur.
Checkpoint Charlie
Sowjet- en Amerikaanse tenks vis-à-vis by Checkpoint Charlie
Checkpoint Charlie
"U verlaat die Amerikaanse sektor" in vier tale. Dergelike borde was ook by die ander sektor-oorgange te sien.

Ná die Tweede Wêreldoorlog is Duitsland sowel as Berlyn in vier besettingsones verdeel: 'n Amerikaanse, 'n Britse, 'n Franse en 'n Sowjet-besettingsone. Die Amerikaanse, Britse en Franse besettingsones was van dié tyd af deel van die Bondsrepubliek Duitsland (BRD, informeel: Wes-Duitsland), terwyl die Russiese sone deel van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR, informeel Oos-Duitsland) was. 'n Swaar bewaakte muur is tussen die Bondsrepubliek en die DDR gebou.

Mense wat van die Bondsrepubliek na Oos-Berlyn wou reis moes eers die sogenaamde Transit-Autobahnen neem – die enige verbindings tussen die Bondsrepubliek en Wes-Berlyn – vanwaar hulle na Oos-Berlyn kon reis. Checkpoint Charlie was die derde kontrolepunt wat mens onderweg moes oorsteek. Die punt is gevolglik na die derde letter van die NAVO-spelalfabet genoem. Checkpoint Alpha was die grenspos by Helmstedt op die Duits-Duitse grens. Checkpoint Bravo was by die snelweg naby Dreilinden, op die grens tussen Potsdam en Wes-Berlyn gewees.

Checkpoint Charlie was die enigste kontrolepunt waar diplomatieke korps en ander buitelanders (almal behalwe Wes-Berlyners, Wes-Duitsers en burgers van die lande van die Geallieerde Beheerraad) per pad na Oos-Berlyn kon reis. Per openbare vervoer was die nabygeleë Bahnhof Friedrichstraße die enigste toegangsregte vir toeriste.

Verwysings

Eksterne skakels

13°23′25.399785″O / 52.50744628500°N 13.39038882917°O / 52.50744628500; 13.39038882917

Tags:

Berlynse MuurFriedrichstraßeOos-BerlynWes-Berlyn

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoringBurgerregteStaalKoorsblaarAce MagashuleTierViëtnamHoutOopbroninhoudDansTelefoonNadia ValvekensKragopwekkingNasionale VrouedagKunsIranLiewe HeksieNoordwesDulcie van den BerghHeuningbySaldanhaNasionale VrouemonumentAfro-AmerikanersByvoeglike naamwoordWaterbesparing in Suid-AfrikaGlobaliseringInsekJagluiperdVlinderFluoorAlliterasieDataverwerkingNaboomEreksieIndiese OseaanZack du PlessisSaldanhabaaiWindNarsistiese persoonlikheidsteuringProstaatkankerBosvarkLys van landeDemi Lee MooreHamburgerTobie CronjéGroepsdrukNiemetaalNamibiëKoppeltekenElektrisiteitsvoorsieningNylrivierOrale seksVrouAdolessensieYouTubeKnieSteentydperkJavaScriptBeesvleisVerkoueJesus van NasaretHomoniemJohannesburgSiya KolisiLeon KrugerLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaTrevor NasserWikimedia-stigtingMaagsweerPampoentjiesNedersettingGordelroosOorstroming🡆 More