Charles Laval

Charles Laval (17 Maart 1862 – 27 April 1894) was ’n Franse skilder wat verbind word met die sintetistiese beweging en die Pont-Aven-skool.

Charles Laval
Charles Laval
’n Portret van Laval.
Gebore (1862-03-17)17 Maart 1862
Parys, Frankryk
Sterf 27 April 1894 (op 32)
Parys
Nasionaliteit Frans
Veld Skilderkuns
Beweging Sintetisme
Charles Laval
Charles Laval, Selfportret, 1888, olie op doek, Van Gogh-museum, Amsterdam.

Laval is in Parys, Frankryk, gebore en was ’n tydgenoot en vriend van Paul Gauguin en Vincent van Gogh. Gauguin het in 1886 ’n portret van hom, Stillewe met Profiel van Laval, geskilder waarop Laval na een van Gauguin se keramiekbeelde kyk.

Laval en Gauguin

Charles Laval 
Paul Gauguin se Stillewe met Profiel van Laval, 1886, Indianapolis-kunsmuseum.

Gauguin en Laval het in 1886 albei na Pont-Aven gegaan en vriende geword. In ’n soeke na ’n eksotisisme wat die sleutel tot kuns kon verskaf, het die twee kunstenaars in 1887 na Panama gereis. Om geld te maak het Laval akademiese portrette geskilder (almal verlore). ’n Reeks ongelukke het veroorsaak dat Laval en Gauguin van daar na die eiland Martinique, ’n Franse oorese gebied, is. Daar het hy ’n klein reeks landskappe met spikkels helder kleur geskilder waarvoor Gauguin in die verlede foutiewelik die eer gekry het. Laval is in 1894 op 32-jarige ouderdom dood aan tering.

Laval en Van Gogh

Laval het sy selfportret geskilder ná ’n ooreenkoms tussen Van Gogh en van sy vriende. Hy het Laval, Gauguin en Émile Bernard gevra om vir hom ’n portret te stuur in ruil vir een van sy eie selfportrette.

Van Gogh was beïndruk deur Laval se bydrae. Hy het ’n klein tekening daarvan ingesluit by ’n brief wat hy aan sy broer, die kunshandelaar Theo van Gogh, gestuur het om aan hom ’n idee van die skildery te gee. Hy het dit beskryf as "kragtig, uitsonderlik en presies een van die skilderye waarvan jy praat: wat ’n mens besit voordat ander die talent raakgesien het".

Galery

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Charles Laval Laval en GauguinCharles Laval Laval en Van GoghCharles Laval GaleryCharles Laval VerwysingsCharles Laval Eksterne skakelsCharles Laval17 Maart1862189427 AprilFrankrykSintetisme

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Peter SnydersStresKoringOutismeLandbouSoogdierKopieregSwart menseSkildklierStruktuur van die AardeTydsoneMineraalDubbelpuntAfkappingstekenAfrikaanse WikipediaOnderwysInstagramBaarmoederEngelsNasiebouLys van Afrikaanse skrywersDansBrongitisEjakulasiePrivaat maatskappyWatersuiweringMagneetCovid-19-pandemiePaarl GimnasiumBuck AngelAnilingusPolisieWeervoorspellingRookgewoonteDramaRuslandErns GrundlingMetafoorMidde-OosteHernubare energieAarverkalkingVerkouePinksterMangelontstekingJacobus Hendrik PierneefLys van Suid-Afrikaanse musikanteDialoog in fiksieLys van Kaapstad se voorstedeEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaSonpaneelSebraEuropaSlag van Cuito CuanavaleAppel (sanger)LeestekenLeierDieretuinDierNagapieRenosterTydVoornaamwoordISimangaliso-vleilandparkAnale seksVerenigde KoninkrykKrieketMikro-ekonomieKoolstofdioksiedHidroulikaNatuurrampEkostelselHeelgetalMadison IvyBosluisGesonde dieetOnbemande vliegtuig🡆 More