Charles F. Stofberg

Charles Frederick Stofberg (gebore 18 Oktober 1956) is 'n Afrikaanse skrywer wat al twee wetenskapsfiksieboeke geskryf het.

Charles F. Stofberg
Charles F. Stofberg
Gebore18 Oktober 1956 (1956-10-18) (67 jaar oud)
NasionaliteitVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
BeroepArgivaris en skrywer
EggenootMieke
Kinders3

Biografie

Charles Frederick Stofberg is as een van 'n tweeling op 18 Oktober 1956 in Capital Park, Pretoria, gebore. As kranige atleet deur sy skoolloopbaan speel hy rugby vir die Hoërskool Langenhoven se eerstespan asook pluimbal en yshokkie, wat hy buitemuurs neem. In 1974 matrikuleer hy aan dieselfde hoërskool in Pretoria.

Charles se loopbaan begin amper onmiddellik (1975) met sy eerste werk in die departement van gesondheid, maar is in Junie daardie jaar onderbreek toe sy land hom vir diens oproep. Hy voltooi sy diensplig aan die Lugmagbasis Valhalla in Julie 1976. In 1977 skryf hy in by Tukkies se nauurse klasse waar hy in 1979 sy B.A.-graad behaal. Met Geskiedenis en Sielkunde as hoofvakke staan sy weg nou oop vir ‘n meer professionele loopbaan en in 1980 aanvaar hy die pos as argivaris by die staatsargief in Pretoria.

In hierdie tyd het die atleet in hom weer kop uitgesteek. Hy begin hom ernstig op al wat padwedloop is toespits en voltooi sy eerste Comrades-maraton in 1982. In dieselfde tyd werk hy ook deeltyds aan sy B.A. (Hons.) met geskiedenis as hoofvak by Tukkies. In dié tyd skryf hy sy eerste wetenskapsfiksiestorie, maar dit word nie gepubliseer nie.

In 1984 is hy na Johannesburg verplaas waar hy die Tussenbewaarplek stig. Ná twee jaar, in Augustus 1986, bedank hy en begin ‘n nuwe loopbaan as argivaris by Krygkor. Hy spits hom weer eens op studie toe en voltooi sy Hoër Diploma in Argiefwetenskap aan die Technikon SA in 1989. In Januarie 1989 ontmoet hy sy aanstaande vrou, Mieke, by Krygkor. Hulle trou in Februarie 1990. Nog by Krygkor begin hy met navorsing oor Krygkor se geskiedenis en behaal die M.A.-graad aan Kovsies in 1991 met die verhandeling: “Die geskiedenis van die Raad van Verdedigingshulpbronne en die Krygstuigproduskieraad as voorlopers van Krygkor, 1948 tot 1966.”

In September 1991 is sy en Mieke se eersteling, Annemieke gebore.

Ná sy aflegging in 1992 by Krygkor, werk hy by die Weermagargief. Hier werk hy ses maande en einde 1992 vertrek hulle na Chicago in die VSA. Dit is hier waar Mieke die lewe skenk aan hul tweede dogter, Melissa. Dit werk egter nie in die buiteland uit soos Charles gedink het dit gaan nie, en in Julie 1994 dryf die verlange na hul vaderland die Stofberggesin terug na Suid-Afrika.

Ná sy terugkeer begin Charles ‘n loopbaan as argivaris by Telkom. Hy begin ook skryf aan sy volgende wetenskapsfiksiewerk. Hierdie keer word sy werk gepubliseer en in Augustus 2000 maak “Brug na Eden” sy verskyning.

In 1995 besluit Charles en Mieke dat hulle meer standvastigheid aan die tuisfront wil hê. Hulle laat vir hulle ‘n huis in Erasmuskloof, Pretoria, bou en in Oktober 1997 spog die Stofberggesin met hul derde dogter, Chané. Charles voltooi in Maart 2000 sy D.Phil. et Lit.-graad aan Unisa oor die geskiedenis van Telkom: “Die Geskiedenis van die Poskantoor met spesifieke verwysing na sy interne en eksterne probleme, en die rol van telekommunikasie-ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse samelewing, 1945 tot 1968.”

In die jaar 2000 stig Charles ‘n ATKV-skrywerstak en tree as voorsitter op. Gedurende dié tydperk skryf hy ook ‘n aantal kortverhale vir Huisgenoot en die Taalgenoot, maar die skrywersjeuk bly kriewel totdat hy ingee en begin werk aan die wetenskapsfiksiewerk "Een biljoen jaar NC" wat in 2012 deur Thompson Boekdrukkery uitgegee word. Soms skryf Charles ook vakkundige artikels vir die Nasionale Argief se vaktydskrif, Argiefnuus, en talle briewe aan Beeld. Hy is ‘n aantal kere al genooi om ‘n aanbieding oor die een of ander vakaangeleentheid op verskeie seminare te lewer.

Charles waag ook die laaste tyd sy hand aan ‘n historiese roman; ‘n nuwe genre wat hy betree.

Ek het ook my eie outobiografie geskryf en vir die kinders – tot hul groot vermaak - gegee om te lees.

Werk

Charles Stofberg is 'n voltydse argivaris by Telkom.

Skryfwerk

Charles Stofberg het twee wetenskapsfiksieboeke geskryf.

Ander skryfwerk sluit in:

  • Dood is 'n sleutel ver (2014).

Pryse en vermeldings

Charles Stofberg se boek Brug na Eden was LAPA se keuseboek van die maand. In die Barkly East Reporter, 'n Oos-Kaapse gemeenskapskoerant, van September 2000 word die volgende oor die boek gesê: “Charles Stofberg maak ‘n opwindende debuut met dié toekomsverhaal ...”

Kortverhale

  • Die ding met die ring (Huisgenoot, 2004)
  • Die swart weduwee (Huisgenoot, 2003)
  • Op soek na die Wildeman (Taalgenoot, 2004)

Artikels

  • Afrifiksie - "Die etiek van wêreld skeppings."

Eksterne skakels

Tags:

Charles F. Stofberg BiografieCharles F. Stofberg WerkCharles F. Stofberg SkryfwerkCharles F. Stofberg Pryse en vermeldingsCharles F. Stofberg KortverhaleCharles F. Stofberg ArtikelsCharles F. Stofberg Eksterne skakelsCharles F. StofbergAfrikaansBoekSkrywerWetenskapsfiksie

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van HunksReg tot ‘n gesonde omgewingFopnuusHondTelwoordMenslike seksuele gedragOu Apostoliese KerkLNierJan CombrinkCristiano RonaldoDulcie van den BerghSteenkoolPesachDiepaartromboseDroogteWortelEmosieKolitisDataverwerkingGrondbesoedelingKlavierVolhoubare ontwikkelingDoelwitSirkusKonsentrasiekampJode in Suid-AfrikaSpringbokkeDaggaMuskietKonjunktivitisDigvormKrugerwildtuinBloedvergiftigingZack du PlessisLys van landeEnkelvoudige sinAarde se atmosfeerEkonomie van Suid-AfrikaKoorsblaarCovid-19-pandemieVigsMieliestronkWikimedia-stigtingVlinderGooglePad na jou hartKunsmisSuikersiekteSwitserlandSwart nasionalismeWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaPeach van PletzenOrale seksHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalKatoenLiefdeKoue OorlogKoringLys van chemiese elemente volgens atoomgetalPlantCarike KeuzenkampVeeartsPlaasjapiePomeloAntisemitismeKasteel die Goeie HoopJodeMuskeljaatkatBuffelNetbalJudaïsmeVoëlGeskiedenis van Afrikaans🡆 More