Charleroi

Charleroi (Wallonies Chålerwè of Tchålerwè) is 'n Franssprekende stad in België.

Dit is in die provinsie Hainaut van die gewes Wallonië aan die Sambrerivier geleë. Sy inwoners word in Frans Carolorégiens (kort Carolos) genoem.

Charleroi
Charleroi

Kaart Wapen
Charleroi
Charleroi
Vlag
Charleroi
 Land Charleroi België
 Gewes (deelstaat) Charleroi Wallonië
 Gemeenskap Franse Gemeenskap
 Provinsie Charleroi Hainaut
 Koördinate 50°24′N 4°26′O / 50.400°N 4.433°O / 50.400; 4.433
 Stigting 1666
 Oppervlakte:  
 - Totaal 102,08 vk km
 Bevolking:  
 - Totaal (1 Januarie 2017) 200 496
 - Bevolkingsdigtheid 1 964/vk km
 - Agglomerasie 425 000
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Burgemeester Paul Magnette (PS)
 Amptelike Webwerf charleroi.be

Charleroi, met 'n bevolking van sowat 205 000 (soos op 1 Januarie 2014) die grootste stad in Wallonië en die derde grootste in België volgens inwonertal, dien ook as administratiewe setel van die gelyknamige arrondissement (distrik). Die agglomerasie van Charleroi, wat vanuit Thuin tot by Sambreville strek, is die vyfde grootste in België met 'n bevolking van 425 000. Voordat 'n aantal nedersettings in 1976 met Charleroi saamgesmelt is, was die naamgewende stad se bevolking 21 307.

Charleroi is in die sentrum van 'n uitgestrekte steenkoolbekken, die sogenaamde Pays noir ("Swart land") geleë, tog is die plaaslike mynboubedrywighede, wat van Charleroi een van die leidende stede van die nywerheidsomwenteling in België gemaak het, intussen gestaak. Tans is staal- en glasvervaardiging, chemiese en elektriese nywerhede die vernaamste bedrywe, terwyl onderwys 'n belangrike rol vir die dienstesektor speel. As een van België se groot metropole is Charleroi 'n belangrike knooppunt vir pad- en spoorwegvervoer.

Tags:

BelgiëFransHainautWalloniesWallonië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HoenderCristiano RonaldoHolocaustHernubare energieSharpeville-slagtingJan van Riebeeck7de LaanOogproblemeAfrikaanse TaalmonumentCleopatra VIIJavaScriptLimpopo (rivier)Orale seksLeesFabelDistrik SesMantisSwartrenosterDoelwitKommunikasieJagluiperdPornografieGregoriaanse kalenderGriepMierAdolf HitlerWaarheid-en-versoeningskommissie2001MisdaadromanFrankrykPeriodieke tabelIngenieursweseSpierAluminiumAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidSiya KolisiMassaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaVoëlOmtrek, oppervlakte en volumeRenaissanceToerismeRob HersovJo BlackBiologieWaterpokkiesLionel MessiRefentse MorakeDansAarde se atmosfeerKarakteriseringAustraliëBruin menseKimberleyDiskriminasieVerkoueNatuurwetenskapJuan Antonio VillacañasKommunismeKlavierStereotipeKorrupsiePlae van EgipteSomerWoordeboek van die Afrikaanse TaalChemiese verbindingFiela se kindOlimpiese SpeleWitbloedselRussiese inval in Oekraïne sedert 2022Kunsmatige algemene intelligensieSlaginstrument🡆 More