Charimkotan

Charimkotan (Russies: Харимкотан; Japannees: 春牟古丹島, Harimukotan-tō of Harumukotan-tō of Karinkotan-tō) is 'n onbewoonde vulkaniese eiland naby die noordelike eindpunt van die Koerile-argipel in die See van Ochotsk, noordwestelike Stille Oseaan.

Charimkotan
Eiland van die Koerile
Winter op Charimkotan.
Winter op Charimkotan.
Charimkotan
Ligging See van Ochotsk
Plaaslike naam Харимкотан
春牟古丹島
Argipel Koerile
Oppervlakte 68 km2
Lengte 12 km
Breedte 8 km
Hoogste punt Pik Sewergin
Hoogte 1 145 m
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Sachalin-oblast
Bevolking 0
Charimkotan
Charimkotan (onder), met Makanroesji links bo en Onekotan in die middel.

Die eiland val in die Sachalin-oblast van Rusland. Die naam kom van die inheemse taal Ainoe en beteken “plek van baie cardiocrinums”.

Charimkotan is rofweg ovaal en het 'n oppervlakte van 68 km2. Die eiland se landskap is taamlik uiteenlopend, maar 'n groot deel is bedek met 'n fyn, geel as wat soos woestynduine lyk. Aan die noordwestelike kaap is die ruïnes van 'n Ainoedorpie en aan die noordekant, aan die kus van Sewerginbaai, is die ou nedersetting Sewerino.

Charimkotan word deur die Sesde Straat van die Koerile van Onekotan geskei, wat 15 km noordoos lê, en deur die Straat van Sewergin van Sjiasjkotan, 29 km suidwes daarvan. Daar is geen gerieflike ankerplekke nie.

Die eiland bestaan uit 'n rustende stratovulkaan, Pik Sewergin (Russies: влк. Севергина; Japannees: 春牟古丹岳; Harikotan-dake), wat 1 157 m bo die seevlak uitrys. Die laaste vulkaanuitbarsting was in 1933, toe as tot by Paramoesjir getrek het. Die ineenstorting van die vulkaan se keël het 'n puinstorting veroorsaak; dit het weer 'n tsoenami tot gevolg gehad wat twee mense op Pamamoesjir se dood veroorsaak het.

Verwysings

Skakels

  • Charimkotan  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

JapanneesKoerileRussiesSee van OchotskStille OseaanVulkaan

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

EmosieStilleweOlimpiese SomerspeleGriepLys van Suid-Afrikaanse skrywersCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaRubik se kubusLMonopolieSportWolkLiefdeAardedagSwart nasionalismeSharpeville-slagtingLys van politieke partye in Suid-AfrikaWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaBeroerteSomerBewaringstatusAtlantis, Wes-KaapAustraliëJan-Willem BreureKunsmatige intelligensieKorrupsieDoopReg tot ‘n gesonde omgewingWêreld- Ekonomiese ForumStam (taalkunde)Afrikaanse taalleerFabelNederlandLien se lankstaanskoeneProstaatklierFamilie (verwantskap)ZoeloesTelefoonLys van nedersettings in Suid-AfrikaAardeVars waterTegnologieMiddeloorontstekingRomanVryheidsdagFacebookFranse RewolusieNarsistiese persoonlikheidsteuringSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994LewerNag van die lang messeSamespanningSkaapKeramiekConsolidated B-24 LiberatorPolisieRivierDrakensbergeWaterpokkiesSteve BikoMantisTennisAlliterasieVarkgriepGianna MichaelsJohannes HahnPoesHoofkarakterFotosinteseRooikatKunselementeSteenkoolSwartrenosterKommunikasieSkoolMisdaadromanYslandInternet🡆 More