Die ramp van die ruimtependeltuig Challenger het op 28 Januarie 1986 plaasgevind.
Die NASA-ruimtependeltuig het op sy tiende sending 73 sekondes na lansering vanaf Kaap Canaveral ontplof. Al sewe bemanningslede het gesterf. Hulle was Dick Scobee, Michael J. Smith, Ronald McNair, Ellison Onizuka, Christa McAuliffe, Gregory Jarvis en Judith Resnik.
Die oorsaak van die ontploffing is later, na 'n uitgebreide ondersoek, vasgestel. Dit blyk dat 'n onderdeel, genoem 'n O-ring ('n seël), gebreek het in die regterkantse vuurpylaanjaer. Tydens die vlug het warm gasse verby die beskadigde O-ring ontsnap, 'n gat gevorm, en vlamme het later die hele tuig en sy vuurpyle verswelg.
Die bemanning se kajuit en baie ander fragmente is uiteindelik op die seebodem gevind na 'n lang soekoperasie. Die presiese tydsberekening van die dood van die bemanning is onbekend; verskeie bemanningslede moes die aanvanklike ontbinding van die ruimtetuig oorleef het. Die pendeltuig het nie enige ontsnappingstelsel vir die bemanning (soos valskerms) gehad nie en die impak van die kajuit (teen 330 km/h) met die see-oppervlak was ook te gewelddadig vir enige mens om te oorleef.
Tydens die aangedrewe vlugdeel van die pendeltuig is ontsnapping deur die bemanning byna onmoontlik. Lanseerontsnappingstelsels is 'n paar keer tydens pendelontwikkeling oorweeg, maar NASA se gevolgtrekking was dat die tuig se verwagte hoë betroubaarheid die behoefte aan so iets onnodig maak. Gewysigde SR-71 Blackbird uitskietstoele en volle lugdrukpakke is gebruik tydens die eerste vier pendelbaanmissies, wat beskou was as toetsvlugte, maar dit is verwyder vir die operasionele missies wat gevolg het. (Die Columbia-ongelukondersoekraad verklaar later ná die 2003 Columbia-ramp, dat die pendeloperasies nooit operasioneel verklaar moes word nie, want dit bly eksperimenteel as gevolg van die beperkte aantal vlugte in vergelyking met gesertifiseerde kommersiële vliegtuie.) Die verskaffing van 'n lanseerontsnappingstelsel vir groter spanne is as ongewens beskou as gevolg van "beperkte nut, tegniese kompleksiteit en buitensporige koste in dollars, massa of skedulevertragings."
Ná die verlies van Challenger is die debat oor rampredding heropen. NASA het verskeie opsies oorweeg, insluitend uitskietstoele, vuurpylonttrekking en moontlike redding deur die ruimtetuig deur 'n luik aan sy onderkant te verlaat. NASA kom egter weer tot die gevolgtrekking dat al die lanseerontsnappingstelsels wat oorweeg is, onprakties is, weens die vele voertuigveranderinge wat nodig sou wees en die gevolglike beperking op die aantal bemanningslede. 'n Stelsel is ontwerp om die bemanning die opsie te gee om die pendeltuig tydens sy sweefvlug te verlaat, maar hierdie stelsel sou in elk geval nie bruikbaar gewees het tydens die Challenger-ramp nie.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Challenger-ramp, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.