Cetinje

Cetinje (Montenegrynse Cyrillies: Цетиње, ) is 'n stad en die ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) van Montenegro.

Dit is ook die historiese en sekondêre hoofstad van Montenegro, waar die ampswoning van die president geleë is. Volgens die 2011-sensus het die stad 'n bevolking van 14 093 gehad, terwyl die munisipaliteit 'n bevolking van 16 657 in 2011 gehad het.

Cetinje
Цетиње
Cetinje

Kaart Wapen
Cetinje
Cetinje
Vlag
Cetinje
 Land Vlag van Montenegro Montenegro
 Munisipaliteit Cetinje
 Koördinate 42°23′N 18°55′O / 42.383°N 18.917°O / 42.383; 18.917
 Stigting 1482
 Oppervlakte:  
 - Totaal 910 vk km
 Hoogte bo seevlak 650 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 14 093
 - Bevolkingsdigtheid 15,5/vk km
 Etniese groepe:  
 - Montenegryne 91,3%
 - Serwiërs 3,9%
 - Albanese 0,3%
 - Kroate 0,3%
 - Roma 0,2%
 - Ander 4,1%
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Aleksandar Kašćelan
 Amptelike Webwerf cetinje.me
Cetinje
Ampswoning van die Montenegrynse president in Cetinje

In Montenegryns word die stad Цетиње / Cetinje (argaïes: Цетинѣ / Cetině) genoem, in Italiaans Cettigne, in Grieks Κετίγνη (Ketígni), in Turks Çetince en in Albanees Cetina.

Die stad Cetinje vorm die sentrum van die Cetinje-munisipaliteit. Die stad rus op 'n klein karstvlakte, omring deur kalksteenberge, insluitende Berg Lovćen, die legendariese berg in die Montenegrynse historiografie.

Cetinje is in 1482 gestig en het 'n sentrum van beide die Montenegrynse kultuur en die Oosters-Ortodokse Kerk in Montenegro geword. Sy status as die erehoofstad van Montenegro is te danke aan sy erfenis as langsdienende hoofstad van Montenegro. Cetinje het tot in 1918 as hoofstad van Montenegro gedien, totdat dié land met Serwië tot Joego-Slawië saamgesmelt het. Sedert Montenegro se onafhanklikheid van Serwië en Montenegro in 2006 dien egter Podgorica as hoofstad van dié land.

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Cyrilliese alfabetHoofstadMontenegroMontenegrynsPresidentStad

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Handwoordeboek van die Afrikaanse TaalSkilpadRekenaarCalviniaAkwariumSpringbokVrouNatuurwetenskapVryheidsmanifesGroot GatHaasStaalLys van Joodse feeste en herdenkingsSeksismeKoppeltekenGemeenskapsorganisasieMenseregteChris HaniDierMartin Luther King jr.BynierSpierHoofpynWatersuiweringAppelApostoliese GeloofsbelydenisGriekwa-AfrikaansWortelLyfstraf in skoleIslamitiese Staat22 AprilTrekarbeidMeettegniekKonjunktivitisSamestellende afleidingNierversakingSeisoenKangaroeAnale seksClanwilliam-sandvisLetterlike en figuurlike taalgebruikGewone breukeDrama3D-rolprentJo BlackHokkieDistrik SesLien se lankstaanskoeneKlimaatsverandering in Suid-AfrikaMusiekMobutu Sese SekoCheslin KolbeGeweldAborsie in Suid-AfrikaHarry PotterGeboortePuberteitKindersiektesFabelCorioliskragRugbyGeprosesseerde kosAandagstreepNedersettingMiltOnderwerp (taalkunde)AtoomLys van Kaapstad se voorstedePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaMiddelmisbruikSlaginstrumentVennootskapBreingewasWoestynUitwerking van klimaatsveranderingSkooluniformLys van Suid-Afrikaanse musikanteSkaak🡆 More