Cereopsis-Gans

Die Cereopsis-gans (Cereopsis novaehollandiae) is 'n groot gans wat endemies aan Suid-Australië is.

Hierdie ganse word aangetref op eilande aan die suidelike kus van Australië, asook rondom die Albert- en Alexandria-meer in Suid-Australië.

Cereopsis-gans
Cereopsis-Gans
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Cereopsis

Latham, 1801
Spesie:
C. novaehollandiae
Binomiale naam
Cereopsis novaehollandiae
Latham, 1801
Cereopsis-Gans
Verspreiding van die Cereopsis-gans

Beide mannetjies en wyfies het 'n identiese veredos, met 'n eenvormige grys kleur en unieke swart kolletjies op die rug. Die stert- en vlugvere is swarter en die bene is pienk met swart voete. Hulle het ook 'n kenmerkende kort, swart snawel.

Cereopsis-Gans
Kuiken
Cereopsis-Gans
Cereopsis novaehollandiae

Cereopsis-ganse is uiters aggressief, ook teenoor ander watervoëls. Wanneer die mannetjie pronk maak hy 'n harde trompettergeluid en die wyfie antwoord deur soos 'n vark te snork.

Hul dieet bestaan hoofsaaklik uit gras, maar hulle sal ook die lêkorrels van hoenders en eende vreet.

Hierdie ganse broei tussen Mei en Augustus. Die mannetjie bou 'n koppievormige nes van gras en die wyfie lê vier tot vyf roomwit eiers wat 34 tot 37 dae uitbroei Die kuikens is self na drie jaar broeigereed.

Sien ook

Bronnelys

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SonpaneelLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSteenkool in Suid-AfrikaEngelsGeestesteuringWetenskapGreen PornoBlourokkeSpinnekopKlankBreinSkildklierGeldAkroniemBosvarkPizzaMeningsverskil oor aardverwarmingWoordKalenderNeurenberg-verhoreWeervoorspellingDemokratiese AlliansieWiskundeGalblaasTelkomGawes van die Heilige GeesMangelTydsoneAnilingusKindermishandelingAsiëWolfSekondêre sektor van die ekonomieMuishondJakkalsDramaJudaïsmeDepressie (gemoedstoestand)BurgerregteNag van die lang messeEnkelvoudige sinDie Laaste Avondmaal (Leonardo)TaalWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaOrale seksKindersiektesKleurVerkleurmannetjieLuiperdTatoeëermerkEkonomie van Suid-AfrikaKunsmatige intelligensiePoesGasEienaamKimberleyWaterstofJaco JacobsAgtervoegselHipotesePornografiese akteurWoudRumatiekEmfiseemMIVLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaHerpes simplexWoordeskatEnsiklopedieChemiese elementMiddelmisbruikNelson MandelaWeer (meteorologie)🡆 More