Cedric Maake: Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar

Maoupa Cedric Maake (geb.

1965) is ’n Suid-Afrikaanse reeksmoordenaar wat in 1996 en 1997 minstens 27 moorde gepleeg het. Hy is ook bekend as die Wemmerpan-moordenaar omdat baie van die moorde in dié deel van Johannesburg gepleeg is.

Cedric Maake
Gebore  1965
Land  Suid-Afrika
Bynaam  Wemmerpan-moordenaar
Hamermoordenaar
Misdaad  Reeks moorde
Misdaadbesonderhede
Plek Gauteng
Datum(s)  April 1996–1997
Slagoffers  27+
Metode  Doodgeskiet, met hamers/klippe doodgeslaan
Vonnisbesonderhede
Aangekeer  Desember 1997
Vonnisdatum  6 September 2000
Vonnis  1 340 jaar tronkstraf

Moorde

Maake het in April 1996 sy eerste moord gepleeg. Aanvanklik het die Brixtonse moord-en-roofeenheid van die SAPD nie sy misdade met mekaar verbind nie en gedink dit is die werk van twee verskillende reeksmoordenaars vanweë die verskillende patrone tussen die moorde. Twee verskillende misdadigerprofiele is geskep, een vir die "Wemmerpan-moorde" en een vir die "Hamermoorde".

Daar was verskeie patrone in die Wemmerpan-moorde. Die een groep slagoffers was mans en vroue wat alleen geloop het. Maake het hulle met klippe doodgeslaan. Die tweede groep was paartjies wat in motors in die Wemmerpan-gebied gesit het. Maake sou die mans doodskiet en die vroue verkrag.

Die tweede misdadigerprofiel wat die polisie opgestel het, het verband gehou met Indiër-kleremakers in die middestad wat met hamers doodgeslaan is. Die verband tussen die Wemmerpan- en die Hamermoorde is op 12 Januarie 1998 besef deur superintendent Piet Byleveld. Maake het Byleveld na ’n pandjieswinkel in La Rochelle in die suide van Johannesburg geneem waar hy die fiets van Gerhard Lavoo, ’n slagoffer in die Wemmerpan-moorde, vir R120 verkoop het. Die skuilnaam wat hy vir die kwitansie gebruik het, was "Patrick Mokwena", dieselfde naam wat hy gebruik het toe hy ’n hemp na een van die kleremakers geneem het wat hy vermoor het.

Arres

Maake is in Desember 1997 aangekeer as ’n verdagte in die Wemmerpan-moorde en het aanvanklik skuld beken. Hy het op verskeie geleenthede met die polisie saamgewerk; hy het hulle deur die gebied gelei en die plekke van die misdade uitgewys. Dié data is later gebruik saam met geografiese inligtingstelsels (GIS) en ander tegnologie om diagramme van die area op te stel waar die moorde gepleeg is. Die saak was een van die eerstes waar GIS deur die polisie in die hofvervolging van ’n verdagte gebruik is. Later is gewys die meeste van Maake se moorde was gesentreer om sy twee blyplekke, die plek waar hy gewerk het en die blyplekke van sy broer en meisie.

Maake is aangekla van 36 moorde, 28 pogings tot moord, 15 verkragtings, 46 roofaanklagte en ander aanklagte wat verband gehou het met die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Maake het in die hof skuld op al die aanklagte ontken. ’n Maand ná sy inhegtenisneming het hy beken hy het die Hamermoorde gepleeg.

Op 6 September 2000 is hy skuldig bevind aan 27 moorde, 26 pogings tot moord, 14 verkragtings, 41 rooftogte en baie kleiner aanklagte. Van die altesaam 134 aanklagte is hy aan 114 skuldig bevind en hy is gevonnis tot 27 keer lewenslange tronkstraf (een keer vir elke moord) plus 1 159 jaar en drie maande. Sy vonnis is effektief 1 340 jaar tronkstraf.

Sien ook

Verwysings

Tags:

Cedric Maake MoordeCedric Maake ArresCedric Maake Sien ookCedric Maake VerwysingsCedric MaakeJohannesburgReeksmoordenaarSuid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Nasionale VrouedagFrankrykKeelseerParoniemKokaïen15 AprilWoordsoortGeskiedenis van die BoererepubliekeRamsar-vleilande in Suid-AfrikaNelson MandelaSpaansSenuweestelselAfrikaGeografie van Suid-AfrikaIngrid JonkerDroomAfrikaansEskomIndo-Europese taleAfro-AmerikanersHeupLaeveldMasturbasieDemokrasieWêreldgeskiedenisIranse aanval op Israel in 2024MangelUilVerenigde State van AmerikaDiarreeTarentaleNederduitsch Hervormde KerkDepressie (gemoedstoestand)Vaste stofLenteDesimale breukeSkoolKoorsVerdampingEmosieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsAfrikaanse WikipediaBloeddrukKondensasieRenaissanceMaatskappyMiddelmisbruikVryheidsdagBynierHoofletterElandréSlawernyBysinMonopolyRocco SiffrediRenteAgtervoegselBoereGeskiedenis van AfrikaansEerste WêreldoorlogKaaps-Hollandse stylMonoloogWaterpokkiesGeelhoutKhoisanWinterVraag en aanbodGasa-Israel-konflik van Oktober 2023NierversakingLabia (geslagsdele)RussiesPneumatikaBevolkingZoeloeMartin Luther King jr.🡆 More