Cass Elliot

Cass Elliot (gebore as Ellen Naomi Cohen; * 19 September 1941, † 29 Julie 1974), ook bekend as Mama Cass, was 'n Amerikaanse sangeres en lid van die popgroep The Mamas & the Papas.

Ná die ontbinding van dié groep het Elliot vyf soloalbums vrygestel. In 1974 is Elliot op die hoogtepunt van haar loopbaan, toe sy 'n konserttoer in die Verenigde Koninkryk onderneem en onder meer in die London Palladium opgetree het, in die woonstel van haar vriend, die Amerikaanse sanger Harry Nilsson (1941–1994), in Mayfair, Londen, waar sy tydens die toer gebly het, skielik in haar slaap aan 'n hartaanval oorlede.

Cass Elliot
Cass Elliot
Cass Elliot in 1972
Agtergrondinligting
GeboortenaamEllen Naomi Cohen
Gebore19 September 1941
Baltimore, Maryland, VSA
Sterf29 Julie 1974
Londen, Engeland, Verenigde Koninkryk
GenresPopmusiek
Folk rock
Beroep(e)Sangeres
InstrumenteStem
Jare aktief1959 tot 1974
EtiketteFM
Dunhill
RCA
AssosiasiesThe Mamas & the Papas
Webwerfcasselliot.com
Cass Elliot
The Mamas & Papas tree in 1968 in die Ed Sullivan Show op - met Cass Elliot tweede van links

Reeds kort ná haar afsterwe het onware gerugte die rondte gedoen dat sy aan 'n toebroodjie verstik het. Tydens die nadoodse ondersoek, wat deur Keith Simpson, een van die Verenigde Koninkryk se voorste forensiese patoloë op daardie tydstip, en die Londense lykskouer Dr Gavin Thurston gedoen is, is geen onverteerde kos in haar maag gevind nie. Cass Elliot het haar laaste rusplek op die Mount Sinai-begraafplaas in Hollywood Hills, Los Angeles gevind.

In 1998 is Elliot postuum saam met die drie ander groeplede van The Mamas & the Papas - John Phillips, Denny Doherty en Michelle Phillips - in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem. Die Hollywoodse Kamer van Koophandel se Walk of Fame-keurkomitee het op 22 Junie 2015 bekendgemaak dat Cass Elliot as deel van die Klas van 2016 postuum met 'n ster op die Hollywood Walk of Fame vereer sal word. Cass Elliot se amptelike webtuiste word onderhou deur haar dogter Owen Elliot-Kugell.

Cass Elliot is een van honderde musikale kunstenaars wie se bandopnames in die groot brandramp op 1 Junie 2008 in die Universal Music-ateljees in Universal City, Kalifornië verlore gegaan het.

Biografie

Vroeë lewe

Cass Elliot is in Baltimore, Maryland as dogter van Philip Cohen († 1962), eienaar van 'n klein besigheid, en Bess Levine (1915–1994), 'n opgeleide verpleegster, gebore. Haar ouers is as kinders van Joodse immigrante gebore wat hulle tydens die groot emigrasiegolf uit die Russiese Tsareryk vanaf 1881 in die Verenigde State gevestig het.

Verwysings

Eksterne skakels

    Media

Tags:

Cass Elliot BiografieCass Elliot VerwysingsCass Elliot Eksterne skakelsCass Elliot19 September1941197429 JulieHartaanvalLondenVerenigde KoninkrykVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaBreinvliesontstekingSinoniemTrappe van vergelykingWiskundige terminologieSeksposisieHerfsRomanRuslandTweede Nuwe JaarUnited Democratic FrontZack du PlessisWolkKlavierWaterstofSeksismeMane van GalileiDuitslandLionel MessiHannes van WykOu Apostoliese KerkGasTradisionele literatuurLeierOntbossingLetterlike en figuurlike taalgebruikMaagBeeldspraakDierOutismeVerkragtingDepressie (gemoedstoestand)WaterbesoedelingPaasfeesEmfiseemLongontstekingGrondsoorteWoudSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1994KrampBank (finansiële instelling)KoperStadKoorsblaarSpreeuNederlandSneeuKriekBlourokkeReënNarsistiese persoonlikheidsteuringAfrikaanse taalleerOlimpiese SomerspeleYstertydperkSwartkwasmuishondLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)KameelperdSomerKoolhidraatSeksSoweto-opstandPseudowetenskapMuishondOranjerivierKonsonantGrondGriepAssonansieBurgerregteErosieAfkortingSoogdierTaalArabies-Israeliese konflikMilt🡆 More