Carolus Tregardt

Carolus (Carel) Johannes Tregardt ook bekend as Carolus Trichardt (1811–1901), ontdekkingsreisiger en Voortrekker, was die oudste seun van Louis Tregardt (Trichardt) (1783–1838), Voortrekkerleier.

Hy was die vader van Kolonel Stephanus Petrus Erasmus Trichard (23 Januarie 1847, Ohrigstad – Oktober 1907, Kenia) wat 'n groot kryger was.

Carolus Tregardt
Karel Tregard(t)/Trichard(t), 1811 - 1901.
Carolus Tregardt
Vader Louis Tregardt (1783–1838), beeld in die Voortrekkermonument, Pretoria. Die paneel illustreer sy ontmoeting met die Portuguese kommandeur by die fort in Delagoabaai in April 1838.
Carolus Tregardt
Seun Kmdt S. P. E. Trichard (1847 - 1907).

Louis Tregardt het met sy gesin tot in Delagoabaai getrek, waar sy vrou Martha op 1 Mei 1838 aan malaria gesterf het. Hy is op 25 Oktober 1838 ook waarskynlik aan malaria oorlede, soos baie van sy trekgeselskap.

Carel het van Delagoabaai af 'n reis onderneem wat hom een van die vroegste blanke ontdekkers van die binneland van Oos-Afrika maak. Op aandrang van sy vader het hy in Junie 1838 met 'n Portugese kusvaarder noordwaarts vertrek. Van Inhambane af het hy sowat 500 km ver die binneland ingetrek en handelsartikels verruil vir ivoor, renosterhorings en goud.

Daarna is hy verder na Sofala, waarvandaan hy weer land in is en moontlik die Zimbabwe-bouvalle ontdek het (uit 'n Europese oogpunt). Die gebied rondom die huidige Salisbury het veral 'n baie goeie indruk op hom gemaak as 'n moontlike eindbestemming vir die Voortrekkers. Van Sofala is hy per skip na Quilemane, waarvandaan hy die loop van die Zambezirivier tot by die Cabora Bassa-stroomversnelling gevolg het. Die bewering dat hy die Victoria-waterval reeds 20 jaar voor Livingstone bereik het, lyk egter onwaarskynlik, veral as die tydsduur van sy tog in aanmerking geneem word.

Nadat hy ook nog Abessinië besoek het, het hy met 'n ander Portugese skip na Delgoabaai teruggekeer in Julie 1839. Hier het hy by die goewerneur tuisgegaan, aangesien die ander oorlewendes van sy vader se geselskap toe reeds na Port Natal vertrek het.

In die tweede helfte van Oktober het hy 'n reis na Madagaskar onderneem en daarna 'n tweede reis langs die Ooskus van Afrika. Nadat hy die Portugese in 'n botsing met die Zoeloes gehelp het, is hy oor land na Port Natal.

Die Voortrekker-ontdekker het hom later in Transvaal gevestig, waar hy in 1901 op 90 jarige leeftyd gesterf het.

Sien ook

Bronnelys

Carolus Tregardt 
Doodsertifikaat vir Carolus Johannes Trichard, 1901.

Tags:

17831811183818471901190723 JanuarieKeniaLouis TregardtOhrigstadS.P.E. TrichardVoortrekker

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wes-IndiëWaterstofBoer Soek 'n VrouPseudowetenskap16 AprilHabitatSpinnekopAfrikaansAfkappingstekenBoer (landbou)Lys van politieke partye in Suid-AfrikaLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaMonopolieNasionale VrouedagAdolessensieNiersteenYsterAntisemitismeVerkleinwoordGasKlimaatsverandering in AfrikaWet op NaturellengrondEngelsSuurstofSeisoenGrondbesoedelingGroot TrekHidroulikaSeksuele opwekkingPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaDieregeluideSeringboomKatoenSintetiese veselsLys van Afrikaanse skrywersGewone breukeReënLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOnomatopeeSwart menseOnderwysNicole StraussPeter SnydersProstaatkankerApartheidSelfmoordNederlandsDwelmonttrekkingKappie (skryfteken)BreinHoutLys van Kaapstad se voorstedeKraaiMetaalDrakensbergeGianna MichaelsWater (molekuul)SinoniemSonpaneelHorlosieMIVNetbalJacobus Hendrik PierneefOntwerpLoftus MaraisLys van Griekse mitologiese figureSirkelOos-KaapDroomMotreënCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaAngolese BurgeroorlogHeelgetalNierversakingBesoedeling🡆 More