Karl Friedrich Benz, gebore as Karl Friedrich Michael Vaillant (Karlsruhe, 25 November 1844 – Ladenburg, 4 April 1929) was 'n Duitse uitvinder, ingenieur en tegnikus.
Hy het die eerste petrolaangedrewe motor in 1885 gebou. Sy fabriek het later met dié van Gottlieb Daimler saamgesmelt, wat tot die totstandkoming van die Mercedes-Benz-motormaatskappy gelei het.
Karl Benz | |
---|---|
Karl Friedrich Benz | |
Gebore | Karl Friedrich Michael Vaillant 25 November 1844 |
Sterf | 4 April 1929 Ladenburg |
Nasionaliteit | Duitsland |
Beroep | Uitvinder, tegnikus |
Bekend vir | Ontwikkel petrolaangedrewe motor |
Eggenoot | Bertha Benz |
Kinders | 5, Eugen, Richard, Clara, Ellen, Thilde |
Ouer(s) | Johann George Benz (vader) Josephine Vaillant (moeder) |
Handtekening | |
Benz stig die maatskappy Benz & Co. in 1883 in Mannheim om industriële masjiene te vervaardig. Hy het verskeie tweeslagenjins by die maatskappy ontwikkel. Hy het ook aan 'n motorwa met 'n vierslagmotor gewerk. Die motorwa het 'n waterverkoelde enjin op 'n driewielbasis met één silinder gehad. Die motor ry vir die eerste keer in 1885. Op 29 Januarie 1886 doen Benz aansoek om 'n patent vir die eerste suksesvolle petrolaangedrewe motor. Op 3 Julie 1886 onderneem hy 'n proefrit met sy eerste motor deur Mannheim.
Sy vrou, Bertha Benz sou in 1888 die eerste langafstandrit met 'n motor onderneem, toe sy van Mannheim na Pforzheim bestuur het.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Karl Benz, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.