Capparis Tomentosa

Capparis tomentosa, die wollerige kapperbos of Afrikakappertjie, is 'n struik of klein boompie in die Capparaceae-familie en inheems aan Afrika en die Arabiese Skiereiland.

Afrikakappertjie
Capparis Tomentosa
Wetenskaplike klassifikasie edit
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Klade: Rosids
Orde: Brassicales
Familie: Capparaceae
Genus: Capparis
Spesie:
C. tomentosa
Binomiale naam
Capparis tomentosa
Lam., (1785)
Sinonieme
  • Capparis alexandrae Chiov.
  • Capparis biloba Hutch. & Dalziel
  • Capparis corymbifera E.Mey. ex Harv. & Sond.
  • Capparis floribunda Lepr. ex Walp.
  • Capparis globifera Delile
  • Capparis hypericoides Hochst.
  • Capparis lucens Hauman
  • Capparis persicifolia A.Rich.
  • Capparis polymorpha A.Rich.
  • Capparis puberula DC.
  • Capparis subtomentosa De Wild.
  • Capparis tomentosa var. persicifolia (A.Rich.) Penz.
  • Capparis verdickii De Wild.
  • Capparis volkensii Gilg

Verspreiding

Die plant word in bosveld en woude aangetref, vanaf die Oos-Kaap van Suid-Afrika, deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopoprovinsie noordwaarts tot in tropiese Afrika. Die boom is inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Saoedi-Arabië, Senegal, Soedan, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Hierdie spesie word ook op die Maskareense Eilande aangetref.

Beskrywing

Capparis Tomentosa 
Nabyskoot van die stekels van C. tomentosa
Capparis Tomentosa 
Takkie en ryp vrugte

Groeivorm

Meestal 'n robuuste houtagtige klimmer; wat in rivierplantegroei tot bo-op die blaredak kan groei.Dit kan ook 'n sukkelende struik of klein boompie wees.

Stam

Die stam het skerp, gepaarde, gehakte stekels. Jong stingels en stekels is bedek met digte fluweelagtige geel hare.

Blare

Die blare vorm tussen die stekels en is afwisselend, langwerpig tot breed ellipties, grys-olyfgroen, bedek met fluweelhare (ondergerol). Die blaarsteel is 4–12 mm lank en fluweelsag.

Blomme

Capparis Tomentosa 
Ryp vrugte

Die blomme vorm in trosse; terminaal op die primêre takke of op kort blaaragtige sytakke of soms verspreid in die boonste blaaroksels. Hulle is groot (35 mm) en geurig, met 'n massa pienk-wit meeldrade wat elk 20–35 is mm in lengte en kan 'n bloedrooi kleur aan die basis wees. Die kelkblare is bootvormig en 8–10 mm lank. Die blomblare is witterig; 15–25 mm lank en 7–10 mm breed.

Vrugte

Die vrugte hang van 'n lang (25–50 mm) stingelagtige tak wat 'n ginofoor genoem word. Hulle is tot 40 mm in deursnee; aanvanklik blinkgroen, ryp tot pienk of oranje. Die vrugte bevat baie sade wat in 'n pienkerige vleis ingebed is. Uitgedroogde, leeggemaakte vrugte kan vir 'n geruime tyd aan die plant hang.

Menslike gebruik

Hierdie spesie het tradisionele medisinale en magiese gebruike in Afrika. Dit word onder meer gebruik as 'n middel vir diarree, swelling en waterretensie. Dit is 'n sierplant in tuine en kan vir verskansing gebruik word; wat dit geskik maak as 'n veiligheidsversperring vanweë die gehakte stekels. Die vrugte word soms deur mense geëet.

Ekologiese nut

Verskeie soorte skoenlappers gebruik hierdie plant as 'n larwe-voedselplant, insluitend; Belenois gidica, Dixeia pigea, Eronia leda en Colotis evenina. Wildsbokke vreet die blare en apies en bosvarke vreet die vrugte.

Verwysings

Tags:

Capparis Tomentosa VerspreidingCapparis Tomentosa BeskrywingCapparis Tomentosa Menslike gebruikCapparis Tomentosa Ekologiese nutCapparis Tomentosa VerwysingsCapparis Tomentosa

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Groot GatSkilpadPornografieMynbouHeupAsemhalingWes-KaapMeningsverskil oor aardverwarmingHector PietersonKarakteriseringOos-KaapMoslemHokkieLys van kleureNazi-DuitslandVaginale kankerTuisbladBrandmondsindroomDwelmmiddelWaterstofSeevlakstygingLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaNatuurbewaringTydsonePrimêre sektor van die ekonomieDomineeInternetThe CranberriesIndustriële RevolusieDistillasieLugbesoedelingHartseerVigsKlimaatsverandering in Suid-AfrikaVolhoubaarheidEkonomieCounter-Strike 2MusiekPrivaat maatskappyDemokratiese Republiek die KongoHoofpynWapen van Suid-AfrikaHoofstadDirekte en Indirekte redeCovid-19-pandemieHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalHannes van WykKalenderAntisemitismeOrtopedieErektiele disfunksieWillie JoubertKlimaatsverandering in AfrikaSuid-Afrika-WetMangelBateVakbondJode in Suid-AfrikaVoortrekkermonumentBreinOntbossingVoedselkettingWoordeboekVerenigde State van AmerikaDokterSkisofrenieEkonomiese sektorJohannes MeintjesViëtnamoorlogOnderhandelinge om apartheid te beëindigRacheltjie de BeerGesonde dieet🡆 More