Camperdown is 'n dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika.
Die dorp is 50 km wes van Durban en 23 km oos van Pietermaritzburg.
Camperdown | |
---|---|
Koördinate: 29°44′S 30°32′O / 29.733°S 30.533°O 30°32′O / 29.733°S 30.533°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | UMgungundlovu |
Munisipaliteit | Mkhambathini |
Stigting | 1865 |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,20 km2 (2,39 vk. myl) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 2 101 |
• Digtheid | 339/km2 (880/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 26.4% |
• Indiërs/Asiërs | 19.1% |
• Bruin mense | 2.6% |
• Swart mense | 51.4% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Engels | 45.5% |
• Zoeloe | 38.9% |
• Afrikaans | 6.2% |
• Suid-Sotho | 3.5% |
• Ander | 5.9% |
Poskode (strate) | 3720 |
Skakelkode | 031 |
Die dorp is op die plaas met dieselfde naam gestig in 1865. Hierdie naam gedenk die vlootoorwinning wat admiraal Adam Duncan in 1797 oor die Nederlandse vloot onder bevel van admiraal Jan Willem de Winter behaal het. In die vroeë 1840's het Johan Vanderplank met sy eie skip, die Louisa, in Durban aangekom het. Die skip was vernoem na sy verloofde wat geweier het om Engeland vir 'n getroude lewe in Tasmanië te verlaat. Hy het swartwattelsaad geplant vir 'n windheining maar die plante het so goed geaard dat hulle bome in plaas van struike geword het. Nadat daar ontdek is dat die bas looisuur bevat wat gebruik word in die looinywerheid het die wattelnywerheid gegroei. Daar is ook later vasgestel dat wattelhout heel bruikbaar is vir pulp om papier mee te vervaardig.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Camperdown, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.