Cameron Van Der Burgh

Cameron van der Burgh OIS (gebore 25 Mei 1988, Pretoria) is ’n Suid-Afrikaanse swemmer.

Hy neem sedert 2007 internasionaal aan swemkompetisies deel en het Suid-Afrika tydens die Olimpiese Spele van 2008, 2012 en 2016 verteenwoordig.

Cameron Van Der Burgh
Cameron van der Burgh in 2012

Van der Burgh is in Pretoria gebaseer en word deur Dirk Lange afgerig. Hy is ’n student in B.Comm Regte aan die Universiteit van Pretoria.

Toekennings

Hy is in 2009, 2010 en 2011 deur Swimming World Magazine as die "Afrikaswemmer van die Jaar" aangewys.

Rekords

Van der Burgh bekom sy eerste langbaan-rekord (29;79) in April 2009 met die 50 m-borsslag in die halfeindstryd van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe. Hiermee sny hy Oleg Lisogor se wêreldrekord van 2002 met 0.12 sekondes. Hy wen sy eerste wêreldtitel in dieselfde jaar tydens die kampioenskappe in Rome, ook in die 50 m borsslag.

In 2010 wen hy die 50m-borsslag tydens Statebondspele met 'n tyd van 27.18 sekondes. Hiermee stel hy 'n nuwe Statebond-rekord op. Hy wen ook die 100m-wêreldtitel tydens die Kortbaan Wêreldkampioenskappe.

Tydens die Olimpiese Somerspele 2012 in Londen wen hy ’n gouemedalje in die 100 m-borsslag vir mans. Hiermee stel hy ’n nuwe wêreldrekord op met ’n tyd van 58.46 sekondes. Na sy oorwinning betoon hy eer aan die ontslape wêreldkampioen Alexander Dale Oen. Dit was ook Suid-Afrika se eerste medalje vir dié Spele.

Tydens die Olimpiese Somerspele 2016 in Rio de Janeiro wen hy ’n silwermedalje in die 100 m-borsslag vir mans.

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Tags:

Cameron Van Der Burgh ToekenningsCameron Van Der Burgh RekordsCameron Van Der Burgh VerwysingsCameron Van Der Burgh BronneCameron Van Der Burgh Eksterne skakelsCameron Van Der Burgh198825 MeiOlimpiese Somerspele 2008Olimpiese Somerspele 2012Olimpiese Somerspele 2016Orde van IkhamangaPretoriaSuid-AfrikaSwem

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Ekonomiese kwessies in Suid-AfrikaSendelingposisieMaselsSpringbokVulvaFamilie (verwantskap)WetenskapPad na jou hartTweede VryheidsoorlogAtmosfeerLys van elemente volgens simboolGezina, PretoriaBeaufortskaalStudievaardighedeTydsoneJohannesburgGroepsdrukJeuksiekteGawes van die Heilige GeesLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGeestesteuringOutismeSeisoenToringKonsentrasiekampHindoeïsmeSeksuele opwekkingLys van musiekinstrumenteAppel (sanger)Lys van deelnemers aan die Slag van BloedrivierGedigAdolf HitlerVrymesselarySkisofrenieSublimasieVermenigvuldigingKonjunktivitisOrthopteraPaddaKaaps-Hollandse stylMiljardBybelOnderhandelinge om apartheid te beëindigSelfstandige naamwoordTuberkuloseWêreldwye webVoegwoordSeksuele penetrasieOrale seksBaälKoorsblaarJuraLimfvatstelselSpringbokkeCarles PuigdemontDroomMonoloogMantisJacques LootsNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyEuropaPredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaErosietipesTatoeëermerkWikimedia-stigtingVaginale kankerHeupvervangingAardkorsHamburgerRymSydneyAkuutBestuiwingLetterkundeSteenkool🡆 More