Cactaceae

Die Cactaceae is die kaktusfamilie.

Dit is 'n groot plantfamilie uit die Amerikas, wat ook in ander dele van die wêreld indringerplante opgelewer het soos die Opuntia wat ook in Suid-Afrika wydverspreid voorkom.

Kaktus
Tydperk: 35–0 m. jaar gelede
Laat Eoseen - Hede
Cactaceae
Verskeie Cactaceae
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Plantae
Klade: Tracheofiete
Klade: Angiospermae
Klade: Eudicots
Orde: Caryophyllales
Familie: Cactaceae
Juss.
Subfamilies
  • Cactoideae
  • Maihuenioideae
  • Opuntioideae
  • Pereskioideae
Sinonieme
  • Opuntiaceae Desv.
  • Leuchtenbergiaceae Salm-Dyck ex Pfeiff.

Die kaktusse is sukkulente wat deur groot dorings gekenmerk word.

In Noord-Amerika is die Cactaceae een van twee belangrikste sukkulentefamilies van die woestyngebiede. Die ander een is die jukkas (Agavaceae). Die kaktusse is stam-sukkulente, die jukkas is blaar-sukkulente. Altwee groepe is CAM-plante wat oordag hulle huidmondjies geslote kan hou en snags wanneer dit koeler is deur die oop mondjies koolstofdioksied kan in- en suurstof kan uitasem. Die sukkulente weefsels stoor nie net vog nie maar ook die malaat wat snags gevorm en bedags gedekarboksileer word, wat 'n stap is in die fotosintetiese pad.

Kaktusse is vetplante en nie regte xerofiete nie. In die droogste woestyne waar reënval baie onreëlmatig is, of waar dit in die groeiseisoen vries, kan hulle nie oorleef nie. In Noord-Amerika word hulle veral in die Sonorawoestyn en dele van die Chihuahuawoestyn aangetref en baie minder in die Mojavewoestyn wat min somerreëns kry en waar die winters deur buitegewoon lae temperature gekenmerk word.

Kaktusse het vyf basiese morfologiese trekke:

  1. Die groot kolomkaktusse soos Carnegiea gigantea of Pachyvereus spp.
  2. Die korter maar stewiger vatkaktusse soos Ferocactus spp. en Echinocactus spp.
  3. Die silindriese Cylindropuntia-spesies ("cholas") soos C. acanthocarpa en C. bigelovii
  4. Die plat-opuntias met afgeplatte stamme soos O. basilaris
  5. Party kort, bolvormige kaktusse soos van die genusse Mammillaria of Coryphantha

Verwysings

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Mark (ekonomie)VerdampingNarsistiese persoonlikheidsteuringAnglisismeOnbemande vliegtuigNierAardverwarmingLiefdeOnse VaderMaroela MediaDesmond TutuTropiese huisgeitjieRassismeBelastingGroot vyfKameelBosvarkKoekie (rekenaarwetenskap)Wetenskaplike klassifikasieSkaapDieregeluideKaapse florarykAanhalingstekensGeskiedenis van Suid-AfrikaLugbesoedelingCalviniaTelevisieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989Esias BoschNasionale VrouedagVoornaamwoordVingerseksEkonomie van Suid-AfrikaEmosieHormoonsiekteDroomBoer Soek 'n VrouSwangerskapNetbalErektiele disfunksieNeerslagWoestynNatriumSuid-AfrikaBeroerteMisdaadGalblaasLeierVerkragtingJan van RiebeeckAfkortingVaginaSharpeville-slagtingGrondwetKookpuntPrivaat maatskappySportOnderhandelinge om apartheid te beëindigRivierWerkersdagAfro-AmerikanersDooie SeeNarsismeGawes van die Heilige GeesAluminiumNatriumsuperoksiedGeslagSinoniemJo BlackKaaps-Hollandse stylSebraDepressie (gemoedstoestand)Organisasie sonder winsoogmerkWhatsAppSatellietfoto🡆 More